Ek het 'n tyd terug iets raak gelees en vandag dit weer opgesoek.
Wat is die spoed toename met kruit toename vir dieselfde kaliber? Daar behoort tog 'n eenvoudige voorspelling te wees en daar is.
Al wat jy doen is om die persentasie kruit toename te deel deer 4 om vir jou die persentasie spoed toename te gee.
Kom ons kyk na 'n voorbeeld:
My 260 wat ek will laat bou gaan 'n Ackley wees en ek wou uit standaard 260 Rem tabelle die spoed voorspel vir die Ackley.
Na 'n bietjie soek vind ek die dop kapasiteit van die Rem en Ackley onderskeidelik as 53.5gr en 57.4gr water.
{mens moet eintlik na werklike kruit kapasiteit kyk, maar kom ons aanvaar nou maar die getalle}
Dit is 3.9gr toename vir moontlike dryfmiddel. 3.9/53.5 *100 = 7.29 % toename in dop kapasitiet.
Nou dit gee 7.9/4 = 1.82 % toename in spoed.
Ek lees dat ek 'n koeel teen 3000 fps kan lanseer met die standaard 260 Remington.
Nou met die ackley sal ek dus die koeel kan lanseer teen 1.0182*3000 = 3050 fps
Dit pas ook mooi in by wat baie ander mense s? oor spesifiek die 260 Rem
So daarom gaan jy meer spoed toename kry uit 'n dop met meer taper as jy hom ackley, want die persentasie toename in dryfmiddel gaan groter wees
Onthou, dit sal vir dieselfde kaliber koeel wees met dieselfde dryf middel.
Kan julle ouens hierdie bevestig as na genoeg reg?
