Wildsheining gesoek

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
Clarifon
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Tue May 07, 2013 12:54 pm

Wildsheining gesoek

Post by Clarifon »

Hallo mense,

Is opsoek na wildsheining om 'n kamp toe te span. Gaan meestal swartwildebeeste, springbokke, blesbokke en rooihartbeeste in hê.
Hier is bietjie meer inligting.
* 1.2m onderste deel van draad cover
* Het tans gewone doringdraad en sommige plekke horisontale draad 10cm uit mekaar
* Will rooihartbeeste en ander bokke wat onder deur draad kruip binne hou.
* Vertikale drade kan 0.3m uit mekaar wees
* Het reeds yster pale elke 2m
* Horisontale draad sal nader aan mekaar wees al hoe nader aan die grond kom.

Het enige iemand dalk 'n kontak vir draad (bonox, veldspan) teen 'n goeie prys of enige ander voorstelle?
User avatar
Dawid
Hero Member
Hero Member
Posts: 1079
Joined: Tue Jun 08, 2010 11:58 pm

Re: Wildsheining gesoek

Post by Dawid »

Clarifon,

Hoe groot is die kamp wt jy wil toespan om te verhoed dat die diere draadkruip?
Dit gaan jou n klomp geld kos en my voorstel is sit elektriese lyne op n paar hoogtes in. Indien daar nie krag naby is nie sit solar in.Al wat dit jou daarna gaan kos is die heinig skoon van onkruide te hou.

Groetnis
IT`S NOT THE GUN IT`S THE GUNNER

9mm CZ 100
.22 Norinco
243 Bruno 601
270 Bruno
303 no2 mk4 Enfield
375 CZ ZKK 602
Clarifon
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Tue May 07, 2013 12:54 pm

Re: Wildsheining gesoek

Post by Clarifon »

Hi Dawid,

Nee dis 'n klein kamp die een, seker so km se draad kort vir nou
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Wildsheining gesoek

Post by tripodmvr »

Draad kan moontlik goedkoper direk van die vervaardigers verkry word. Hier by ons is Cape Gate een van die' firmas. Bekyk jou opsies soos wat Dawid voorstel en kontak dan die nodige.
Post Reply