Praat nou met n maat van my wat vir n groot maatskappy op hul gronde jakkals skiet en met honde jag.
Het hom ruk terug rad gegee dat hy net dalk sy bakkie kleur moet verander aangesien hy baie sukkel met skelm jakkalse. Se my vanmore dit het baie goed gewerk en dat hy jakkalse nou inkry en skiet selfs op 20meter.
Al wat hom pla is die laaste maand het hy van die 18 geskiet was net een n jong teef en nie dragtig. Die res almal reuns van jonk tot stokoud.
Nou ek wonder hieroor, maar ek en hy reken dit kan moontlik wees agv die rede dat daar voltyds gejag word en nie werklik residensiele jakkalse is nie. Kos is meer as volop. Nou kan dit wees dat al die omliggende gronde se teelpare reuns uitjaag en hulle hier opdaag of wat anders kan die moontlikheid wees.
Net reuns waars tewe
- BLOK
- Hero Member

- Posts: 5982
- Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm
Net reuns waars tewe
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
- hebron
- Full Member

- Posts: 218
- Joined: Fri Dec 23, 2011 12:27 pm
Re: Net reuns waars tewe
My ondervinding ook die laaste tyd, dat ek net die reuns geskiet kry; ek dink dit gaan meer daaroor dat die tewe nou nog klein dragtig is en nog nie n groot beskermingsdrang het nie. Die reuns aan die ander kant probeer nou hul gebied skoon hou van ander reuns, hulle kom nou redelik agresief in op jak-roep klanke waar die teef nog n bietjie skugter is, selfs op kos-klanke.
Oor minder as n maand van nou af sal tewe ook hul gebied begin beskerm.
Hoop julle klop hulle dan; hou so aan, dit is lekker om te hoor dat daar al n klompie geval het.
Mooi skiet
Oor minder as n maand van nou af sal tewe ook hul gebied begin beskerm.
Hoop julle klop hulle dan; hou so aan, dit is lekker om te hoor dat daar al n klompie geval het.
Mooi skiet
