Page 1 of 1

Lang horing Springbok????

Posted: Fri Oct 29, 2010 2:54 pm
by Witpietskiet
Ek het hierdie fotos via email gekry.......

"Daar word glo gereken dis die nuwe record?
Glo naby Aroab geskiet..
As iemand die man in die foto herken, kan ons dalk ?n bietjie meer inligting rondom die monster kry?"

Weet nie waar en wie het hom geskiet nie, kan iemand dalk help????

Image
Image

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Fri Oct 29, 2010 9:29 pm
by Skolla
Ek dink ek ken daai skuur, en het die man op die foto ook al gesien.
Kan net nie nou op sy naam kom nie.
As ek reg is glo ek nie die horings is werklik nie.
Die eienaar het al ander horings ook n bietjie vervorm net vir die snaaksheid.

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Sat Oct 30, 2010 10:51 am
by Christo
Oorkant Whitehouse het daar lank 'n Springbok rondgeloop met horings wat baie so gelyk het. Hulle het meer plat na die sye uit die kop gekom en was oor merkbaar langer as die normale. Dit was so 5-10 jaar gelede en ons het hom amper elke jaar daar teen die draad gesien. 'n Vriend van my op Grunau het ges? die boer al so veel as R5000 aangebied was vir hom.

Ek wonder of dit dalk hy is.

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Sat Oct 30, 2010 1:40 pm
by Mac
Christo,

Kyk bietjie mooi na daardie horings, na die virskillende verdukkings net bokant die eerste draai, na die manier wat die riwwe veskil en as jy mooi kyk, draai hulle ook nogal. As jy die lengte van sy duim vat as 2", dan is daardie horings hier by die 25 of 26"

As daai horings genuine was, het die hele wereld al van hulle gehoor, maar nou sluip hy hier van die kant af in.

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Mon Nov 01, 2010 6:30 am
by Stefan764
Moet saam met Mac stem, baie indrukwekkend, maar as dit die nuwe rekord met 4-6" verbeter het sal n man nie die ding in n stoor wegsteek nie...

Selfde as daai "nuwe wereld rekord koedoe" email wat n man so elke 3, 4maande in jou inbox ontvang...

Nee wag, soos die onderdukker altyd gese het: "Seeing is believing..."

Groete
Stefan

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Mon Nov 01, 2010 12:18 pm
by Ponkie
Ons was een slag oppad Bloem toe en het langs die pad in Middelburg og Colesberg gestop by 'n geweerwinkel. Ek kon sweer daar was 'n trofee nes hierdie een gewees teen die muur. Die skietwinkel was ook meer 'n tipe van afskorting in 'n skuur soos in die foto. Dalk is ek helemal van die pad af, maar dink amper ook die horings was gemodify.

Groetnis

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Mon Nov 01, 2010 1:48 pm
by herley
Ek het al baie spring bokke geskiet en as ek reg is draai daai horings na binne en nie agter toe nie ???

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Mon Nov 01, 2010 1:56 pm
by Mac
Bradley,

Springbuck horns do in fact turn back, these are the ones that usually make the book, take a look at these, you will see what I mean.

http://jaracal.com/http://jaracal.com/phpbb//viewtopic.php?t=9

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Mon Nov 01, 2010 3:27 pm
by herley
Mac

Sorry my bad :-[

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Mon Nov 01, 2010 4:13 pm
by Raven
Bradley,
Ons het ook 'n paar van die bokke.

Image

Image

Norton

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Mon Nov 01, 2010 6:55 pm
by Stefan764
Raves

Smaak my ons moet wragtag daar by jou kom uitspan volgende jaar! Baie mooi ooi daai!

Waar is die ramme?  ;) ;) ;)

Groete
Stef

Re: Lang horing Springbok????

Posted: Mon Nov 01, 2010 9:01 pm
by Christo
Mac

Ek stem saam met jou. Die bok waarvan ek praat daar is nie Suide van NAM is waar. Ek het ook navraag gedoen om hom te skiet.