Page 1 of 1
Oom Gerhard
Posted: Wed Jun 19, 2013 1:36 pm
by Frikkiedbr
So Oom Gerhard hoe was daai Forel vang? Jy het mos altyd mooi fotos en bietjie van 'n storie
Vertel so bietjie asseblief?
Dankie
Re: Oom Gerhard
Posted: Wed Jun 19, 2013 1:41 pm
by Geno
Re: Oom Gerhard
Posted: Wed Jun 19, 2013 1:43 pm
by Frikkiedbr
Dankie Oom Geno

Re: Oom Gerhard
Posted: Wed Jun 19, 2013 1:45 pm
by DWB
Hehehehe Frikkie, het Gerhard vir jou iewers gewys hy is 'n oom?
Re: Oom Gerhard
Posted: Wed Jun 19, 2013 1:46 pm
by Gerhard
Frikkie,
Ekke is nie met jou tannie getroud nie so kan onmoontlik jou Oom wees... hehehe
Die Saterdag sessie was baie lekker maar uitdaagend met die sterk wind en skoon water...
Re: Oom Gerhard
Posted: Wed Jun 19, 2013 1:48 pm
by Frikkiedbr
Jammer Gerhard, probeer maar net respek betoon. Baie geluk met daai mooi Forel en Takbok
Gerhard, het jy al die bass daar probeer vang of van daai koi's

Is al die damme bietjie skoner van water gras? Laas toe ons daar was was dit nie lekker daar nie, maar lekker gesukkel
Re: Oom Gerhard
Posted: Wed Jun 19, 2013 4:26 pm
by Gerhard
Frikkiedbr wrote:Jammer Gerhard, probeer maar net respek betoon. Baie geluk met daai mooi Forel en Takbok
Gerhard, het jy al die bass daar probeer vang of van daai koi's

Is al die damme bietjie skoner van water gras? Laas toe ons daar was was dit nie lekker daar nie, maar lekker gesukkel
Waar is die bass en koi's waarvan jy praat?
Nie een van die plase waar ek gehengel het het bass of koi's nie.
Daar is wel gras karpe by Elandskloof om die water gras onder beheer te hou...
Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 7:13 am
by Frikkiedbr
Kan nie glo jy weet nie van die bass en koi's nie
Daar by elandskloof is daar 'n bass dam en koi dam belowwe, maar dis meer op.
Hulle noem dit elandsvalley, daar is 'n dam bo in die koppie wat bass het en die koi dam is onder
http://www.elandsvalley.co.za/koi_burn/index.html
Dit is op dieselfde grond as elandskloof.
Jy het seker nou iets geleer

Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 7:35 am
by Gerhard
Nee my maat,
Jy het die verkeerde plek...
http://www.elandskloof.co.za/
Dis die ongesondste ding wat n kan gebeur as bass en forel gemeng word in damme...
Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 7:44 am
by Frikkiedbr
Nee ek het nie, vra maar vir oom Nick daar is 'n plekkie op sy grond genoem elandsvalley.
Daai dam wat die bass in is so hoog daar sal is nie 'n kans van dat daai bass by een van die damme kan uit kom nie.
Ek sien dan die damme wat daar by elandsvalley is op die elandskloof fotos.
Maar nou ja ek baklei nie

Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 7:49 am
by Gerhard
Frikkiedbr wrote:Nee ek het nie, vra maar vir oom Nick daar is 'n plekkie op sy grond genoem elandsvalley.
Daai dam wat die bass in is so hoog daar sal is nie 'n kans van dat daai bass by een van die damme kan uit kom nie.
Ek sien dan die damme wat daar by elandsvalley is op die elandskloof fotos.
Maar nou ja ek baklei nie

Dis twee buur plase ...
Elands Valley is n klein plekkie.
Ek hengel ook nie daar nie...
Die damme wat jy sien oppad Elands Valley toe is Elands Kloof se damme.
Die Combrinks het die familie plaas al van die 1860's al.
Oom Dolf het die eerste forel damme in die '50's of vroee 60's gebou as ek reg onthou.
Nick by wie ek gaan vlieg gooi het is so 30km weg tussen Belfast en Machado.

Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 7:58 am
by Frikkiedbr
O ok, jammer Dis op die Combrinks se grond.

jy is reg
Sjoe dis 'n lank ruk terug.
Dis nie eers die moeite werd om die bass daar te vang nie, maar piep klein en hulle is oor gelaat in hulle eie dam.
Moet sĂȘ mens sien ver op daai koppie en 'n stywe entjie om te loop
So tussen al die wilde perde en wild daar is dit lekker.
Dankie vir die inligting Gerhard, word waardeer.
Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 8:10 am
by Gerhard
Nee is nie probleem nie...
Hier staan ek Sondag middag bo op die koppe.
Die damme wat jy kan sien is van Elandskloof se damme.
Die bloekom bos regs is Elands valey
Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 8:16 am
by Frikkiedbr
Dood reg Gerhard, Sjoe mooi fototjie daai
Is dit soos 'n panoramic fototjie daai?
Sien nou hoe groot is daai damme regtig, geen wonder mens het 'n float tube nodig nie.
Daar is darem mooi forelle wat daar swem.
Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 8:18 am
by Gerhard
Frikkiedbr wrote:Dood reg Gerhard, Sjoe mooi fototjie daai
Is dit soos 'n panoramic fototjie daai?
Sien nou hoe groot is daai damme regtig, geen wonder mens het 'n float tube nodig nie.
Daar is darem mooi forelle wat daar swem.
Ek het die Iphone se panorama settings gebruik.
Daar is nog n groter dam nader na die groot pad waar ek meeste van my float tube hengel doen.
Re: Oom Gerhard
Posted: Thu Jun 20, 2013 8:23 am
by Frikkiedbr
O ok, cool
Jy ken seker al daai damme soos jou palm van jou hand.
Dis baie lekker daar, en baie rustig veral as mens vroeg gaan en daar is nie baie mense nie.
Mooi dag daai kant en weereens dankie vir die reg help
