Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by FHM »

Is genooi vir n Gemsbok jag nou binnekort deur n ou kennis - word ek gevra watse geweer skiet ek, ek se nul-kwes, man se dis reg. Word toe sommer gevra om paar wielneuse ook te knyp as ek nou daar is vir volk, en ek smile want dis mos altyd n klein bonussie om resiesvarke te skiet.
So bel die boer my weer gister, bespreek waar ons mekaar kry, wat wie saamvat ens.ens.ens. Gesels lekker man en net toe ons nou groet se hy: "O-ja, so terloops - jy het n KD op jou geweer, ne? 'Nee' se ek, hoekom? Nee dan sal jy maar met een van my gewere moet skiet wat n KD op het, ons laat nie hierso jag sonder KD's nie....

Nou kyk, ek het wereldse respek vir enige plaaseienaar se reels op sy plaas, solank dit nie my jag negatief beinvloed nie. As ek gaan jag sonder my geweer wat ek ken, beinvloed dit my jag negatief. Ek meen, om nou sonder geweer en koels te ry plaas toe en daar aan te kom soos n visterman op die strand sonder stok en katrol - sit nie lekker met my nie.
Maar ek het ingegee, ten minste sal dit n jag wees albeit my girlie in die kluis moet agterbly vir die eerste keer in my lewe, en bitterlik skuldig en ongemaklik voel daaroor. Sal maar sy geweer met n KD op gebruik en net dalk loop dinge goed af.

Dit laat my net wonder hoe lank nog sal ons jagters wat van die Boom! geluid hou as ons jag - so kan jag voordat alle vleis-jag instansies KD's n vereiste maak?

Wonder maar net...
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Smiley
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 402
Joined: Sat Nov 17, 2012 2:36 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Smiley »

Ja FHM, dis nou vir jou 'n ding. Nou moet jy staan wet oortree om met annerman se wapen te skiet oor 'n KD!! Sjoe maak geen sin vir my nie.

Ek het al verskeie kere met my doefff geskiet net om te sien die bokke wei rustig na 'n tyd nie verder as 300m nie.

Sukkel om die KD in die jagveld te verstaan, op die skietbaan maak dit baie sin en kan jy die verskil hoor veral as daar walle aan die kante is wat die klank terug gooi.
THOMAST
Hero Member
Hero Member
Posts: 1892
Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by THOMAST »

Miskien skiet julle in die kampie langs die plaashuis en Mammie hou nie van die geraas nie??
Ek wonder hoe so 'n reeling sy besigheid sal beinvloed.. :o
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by FHM »

Onder normale jag-reelings omstandighede sou ek die jag nie geneem het nie. Ek ken die man al jare en hy het nou onlangs die stukkie plaas gekoop en is seker maar geraas-sensetief (oorsensetief) op sy grond met die wild. Hoe dit ookal sy, ek het darem n paar perks want hy tel my op by my huis so ek ry saam hom plaas toe en terug. Ek bly verniet daaikant. Die afslag en koel geriewe is ook verniet, en hy ry my bok en vir my weer terug na my huis toe. Die Gems kos my nou wel N$ 1800 maar as jy na die perks kyk moet ek seker maar stil bly en dankie se...skiet sy koels ook uit...so ek gaan die een maar onder die radar laat deurglip.

Een ding is seker, ek gaan eers so paar wielneuse klop en kyk of ek gemaklik is met sy geweer. Indien ek is sal ek op die gems konsentreer daarna. Indien ek ongemaklik / onseker voel oor sy geweer - gaan ek nie daai bok skiet nie - dan moet hy maar. Netnou kwes ek die bok en dan kan n potensiele goeie vriendskap vorentoe net daar sy gat sien.

Sal maar moet begin shop vir n knaldemper na die seisoen
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Cor Jacobs
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 255
Joined: Mon Apr 16, 2012 1:03 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Cor Jacobs »

Hoop maar die jag loop goed af vir jou FHM.
Todat hulle geraaslose kruit uitvind, jag ek maar met my geweer net so. Sal in elk geval nie n KD op my .308 sit nie, die het reeds n semi bullbarrel loop, dink nie dit sal so wel lyk met n KD aan nie ???
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Dimitri »

Hi FHM

Ek het al advertensies gesien waar die jagter n' korting sal kry as hy met n' KD skiet. Al hoe meer plaase adverteer ook dat slegs KD gebruik mag word. Meer en meer van my vriende het ook KD op hulle geweere. Sien ook al hoe meer by die skietbaan en op jagfotos.
FHM wrote: Dit laat my net wonder hoe lank nog sal ons jagters wat van die Boom! geluid hou as ons jag - so kan jag voordat alle vleis-jag instansies KD's n vereiste maak?
Ek weet nie maar dit lyk asof dinge stadig in daardie rigting beweeg.

Ek het n' KD op my .243. Ek doen net walk en stalk jag en dit was nogal n' groot aanpassing om met die KD op die geweer te stap. Die balans van die geweer is heel anders en die langer loop maak dat jy laer moet buk om onder boome te stap of jy moet meer gereeld die geweer afhaal van jou skouer af. Maar as dit by die skiet tegniek kom is dit maar soos gewoonlik. Jy sal heel OK wees na n' paar skote op die skietbaan.

Sterkte en geniet die jag.

Dimitri
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by FHM »

Dimitri wrote:Hi FHM

Dankie vir jou kommentaar (in Afrikaans! :): ) Dimitri!
Ek weet jy het seker n hele ruk gesit en spelling reggemaak (hehehe) :laugh:
Waardeer jou opinie en sieninge. ;)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Dimitri
Hero Member
Hero Member
Posts: 1015
Joined: Tue May 22, 2012 4:39 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Dimitri »

FHM wrote:

Dankie vir jou kommentaar (in Afrikaans! :): ) Dimitri!
Ek weet jy het seker n hele ruk gesit en spelling reggemaak (hehehe) :laugh:
Waardeer jou opinie en sieninge. ;)
Hi Francois

Ek hou nogal baie daarvan om Afrikaans te skryf en praat. Afrikaans was altyd een van my sterkste vake (een 'k" of twee?) op skool en my spelling was altyd redelik goed. Ek weet ek maak voute en sal ook erken dat ek nou en dan n' woord Google om die regte spelling te kry maar ek geniet dit nogsteeds. Darem is my Afrikaanse spelling beter as my Griekse spelling. Natuurlik tik ek vinniger in Engels en maak ook minder foute maar, regtig waar, ek hou baie van Afrikaans.

Groete

Dimitri
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Eugene »

Die rede waarom ek 'n KD gekry het, was om by kliente van my te gaan bokke uitskiet met my eie geweer. Die manne het so R30 mil se "skaars" wild op hulle plaas en mens kan verstaan dat hulle nie graag die "bates" van hulle wil versteur of skrikmaak nie. Ek weet baie plase verkies KD's en by party is dit 'n voorvereiste. Dis 'n besliste voordeel vir die boer, want sy bokke bly dalk makliker mak? Ek weet nie... Daar is nie vir my geweldig baie nadele verbonde aan 'n KD nie, maar ek sien jou punt in, FHM.
Aim small, miss small
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by FHM »

Ek wil net graag n klein onduidelikheid regstel wat opgekom het en een van ons lede korreklik my ook daarop attend gemaak het;

Betreffende die feit dat ek eerder met die plaasboer se geweer op wielneuse myself gemaklik wil kry asop n Gemsbok. Nou ongeag die finansiele aspek en verskil tussen die wielneus(e) en n Gemsbok(e) op papier (koste) - is dit n feit dat die een dier nie minder respek as die ander verdien nie - en dit was ook nie my bedoeling om dit so te laat blyk nie. Dus kan die argument dan nou opkom hoekom wil ek met n vreemde geweer op wielneuse loop 'oeffen' en daarna n Gemsbok skiet as ek meer gemaklik met die nuwe geweer voel.
Die rede is dat die varke daar op die plaas oorbevolk is en die eienaar my gese het hy wil hulle uitdun want hulle breek sy proef-drade en raid sy lande en groente tuine so ent van die huis af. Die varke sal ook vir die plaasvolk gegee word vir hulle benutting. Ek sal ook eers n paar skote op n papier teiken gaan skiet voordat ons wielneuse gaan soek, en ek sal soos altyd my uiterse bes doen om die varke so vinnig en pyloos moontlik te dood.

Ek respekteer jou opinie as jy verskil van my hieroor. Vir my persoonlik het ek nie n jagetieket probleem met my planne nie. Dus vra ek jou om my opinie ook te respekteer en dit nie nog n etiket debat raak nie asb.
Last edited by FHM on Tue Jun 18, 2013 1:07 pm, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Eugene »

FHM wrote:Ek wil net graag n klein onduidelikheid regstel wat opgekom het en een van ons lede my ook op attend gemaak het;

Betreffende die feit dat ek eerder met die plaasboer se geweer op wielneuse myself gemaklik wil kry asop n Gemsbok. Nou ongeag die finansiele aspek en verskil tussen die wielneus(e) en n Gemsbok(e) op papier (koste) - is dit n feit dat die een dier nie minder respek as die ander verdien nie - en dit was ook nie my bedoeling om dit so te laat blyk nie. Dus kan die argument dan nou opkom hoekom wil ek met n vreemde geweer op wielneuse loop 'oeffen' en daarna n Gemsbok skiet as ek meer gemaklik met die nuwe geweer voel.
Die rede is dat die varke daar op die plaas oorbevolk is en die eienaar my gese het hy wil hulle uitdun want hulle breek sy proef-drade en raid sy lande en groente tuine so ent van die huis af. Die varke sal ook vir die plaasvolk gegee word vir hulle benutting. Ek sal ook eers n paar skote op n papier teiken gaan skiet voordat ons wielneuse gaan soek, en ek sal soos altyd my uiterse bes doen om die varke so vinnig en pyloos moontlik te dood.

Ek respekteer jou opinie as jy verskil van my hieroor. Vir my persoonlik het ek nie n jagetieket probleem met my planne nie. Dus vra ek jou om my opinie ook te respekteer en dit nie nog n etiket debat raak nie asb.
Goeie rede en heel verstaanbaar! Sou waarskynlik dieselfde opgetree het.
Aim small, miss small
Silent Hunting
Hero Member
Hero Member
Posts: 1224
Joined: Wed Jun 13, 2012 8:19 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Silent Hunting »

Ai, gaan en geniet dit net. Mag so af en toe 'n "dowe" oor gooi as jy weet dit is "reg".
CZ 200 PCP, .22 Bruno, .222 BSA, 6mmSLR, 6.5SLR, 22-250 Howa, Paar 6.5 creeds, 9mm CZ P7, ens
E-mail: henk@silenthunter.co.za
Tel 0810185444
Facebook: Silent Hunter KD
User avatar
Piet Pille
Hero Member
Hero Member
Posts: 2092
Joined: Thu Mar 29, 2012 2:07 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Piet Pille »

Neewat Frano, as jy in die eerste plek met jou eie geweer kon skiet soos wat jy sou verkies, was dit nie 'n issue nie. Omstandihede buite jou beheer en jy maak die mos die beste van die situasie op hande.
Gaan geniet dit. Gooi lood en kom vertel na die naweek!
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Johan22 »

Nou al wat jy doen sit ook kd op en haal af as jy dit so wil he. Dit is waar jy dit nie hoef gebruik nie. Ekhet 'n klein kd van silint hunter op gesit en is nie spyt nie.
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by PWV »

FHM wrote:Sal maar moet begin shop vir n knaldemper na die seisoen
Ek kan jou verseker, jy hoef nie baie ver te soek nie. Die "Hunt Buddy" van Henk (Silent Hunter) is tops.
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by PJS »

Manne

Ek is seker maar baie gehoor sensitief maar ek kan nie meer sonder n KD jag, jakkalse of baan skiet nie. Al drie my roere het KD's op.

Ek kan jou verseker, jy hoef nie baie ver te soek nie. Die "Hunt Buddy" van Henk (Silent Hunter) is tops.[/quote]

+1.
Hy werk tog te lekker die buddy van Henk.
Kry hom maar jy sal nie spyt wees nie.
Mooiloop
PJ
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Gerhard »

Al my gewere behalwe die 375H&H het KD's op.

Ek geniet dit darm as daai 375 blaf in die veld.

Ek loop en jag meeste van die tyd en gebruik nie n geweer band nie en die ekstra gewig pla dus nie te veel nie.

Selfs boere wat bakkie jag doen verkies Kd's vra maar vir Nick hoe sy ore gevoel het toe die 375 Ruger blaf toe hy in die bakkie gesit het.

FHM gaan geniet jou tyd in die veld...

Die res is n bonus.
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Cobus(Cobb)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4248
Joined: Tue Jul 06, 2010 5:25 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Cobus(Cobb) »

Ja nee, ek is saam met PJS, dit het 'n ruk gevat om my te oortuig, maar kannie meer sonder een nie...
Dit was die naweek weer baie duidelik hoe die knaldemper werk....een maat se 30-06, sonder knalpemper, sit die trop weer op volspoed as die een bok val...
Die ander jagmaat met die 303 met KD,..... as die bok val, dan dan draai die res van die trop net so om hom en het geen idee waarheen om te hol nie...en staan binne sekondes weer reg vir die volgende skoot...

Die enigste probleem met my KD, is dat ek hom nie vroeër opgesit het nie... ;D

Cheers
Cobus
Johannesburg
Christus
BRNO 308, BRNO 22, Howa 243AI, MAB 7.65
12Ga Semi, Fabarm 12G O/U, AYA 12G S/S
Barnett Z 350CRT
Stormers/WP(kyk darm nie meer SA rugby nie)
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Johan22 »

Pieter Willem Vorster wrote:
FHM wrote:Sal maar moet begin shop vir n knaldemper na die seisoen
Ek kan jou verseker, jy hoef nie baie ver te soek nie. Die "Hunt Buddy" van Henk (Silent Hunter) is tops.
Ja ek stem saam. FHM hy sal hom vir jou pos en jy sal nie weer nee se vir kd nie.

Groete
Johan22
.270 (Musgrave)
.303 (Lee Enfield) 
.357 (S/Weston) 
.22 (Bruno)
.243 (Krico)
.308 (Mauser)
.22 (Remington)
Eugene
Hero Member
Hero Member
Posts: 6027
Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Eugene »

Ek stem saam met PJB en Cobus. Ek is redelik verslaaf aan my KD. Ek weet ouens beweer dat 'n KD jou kroon en loop vinniger opneuk en dit mag so wees, maar dis makliker om 'n kroon te laat hersny en 'n loop te vervang as om my ore te vervang...
Aim small, miss small
User avatar
Johan22
Hero Member
Hero Member
Posts: 524
Joined: Mon May 07, 2012 8:07 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Johan22 »

Eugene maak net kroon skoon met solvent as jy klaar geskiet het dan sal dit nie so gou klaar raak nie
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by FHM »

Dankie vir die oorheersende oortuigingsveldtog manne - ek begin julle glo!

Ek en Henk het reeds gesels, ek wil nou net die specs kry van die huidige draad op die loop waar die BB op is en dan sal Henk kyk of hy vir my n KD kan laat sny met dieselfde draad - dan kan ek altwee op en afskroef.

Ek het die BB so 5 jaar terug bestel by n plek in PE - maar ek kan om die dood nie meer die naam onthou nie. Ek moet hulle kontak om die draad specs te kry. Waar is die PE manne - wie maak BB (Muzzle breakers) daar in julle vallei?

Alternatiewelik kan ek seker die geweer WHK toe vat na n goeie geweersmidt by Ahrens Guns sodat hy die BB afhaal en die draad specs kan meet - dis seker n beter / doenbare alternatief of hoe?
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Louis Louw
Newbie
Newbie
Posts: 23
Joined: Mon Jul 25, 2011 5:16 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by Louis Louw »

As ek dit nie mis het nie sal enige ingeneurswerke vir jou die draad kan meet

Probeer gerus. Sal net petrol/diesel geld kos
User avatar
PJS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 403
Joined: Wed Jul 06, 2011 11:17 am

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by PJS »

Francois

Ek is baie bly om te sien jy oorweeg dit. My een vriend het ook n luidspreker (BB soos jy dit noem) op sy geweer en hy het ook die draad van die KD dieslfde laat sny. Dit werk baie goed.

Ek hoop nie ons oortuig jou teen jou wil nie, want jy moet ook doen soos jy dit geniet. Ek weet net dat ek n hele paar ouer manne ken wat baie swak gehoor het as gevolg van te veel skiet, jag en oes sonder gehoorbeskerming of KD.

Mooiloop
PJ
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: Jag sonder KD's verbied - is dit ons voorland...?

Post by FHM »

PJS wrote:Francois

Ek is baie bly om te sien jy oorweeg dit. My een vriend het ook n luidspreker (BB soos jy dit noem) op sy geweer en hy het ook die draad van die KD dieslfde laat sny. Dit werk baie goed.

Ek hoop nie ons oortuig jou teen jou wil nie, want jy moet ook doen soos jy dit geniet. Ek weet net dat ek n hele paar ouer manne ken wat baie swak gehoor het as gevolg van te veel skiet, jag en oes sonder gehoorbeskerming of KD.

Mooiloop
PJ

Hoe-se jy PJS....?

Kyk ek het al van baie jonk saam met pa / ooms / oupa gaan jag. Daardie jare was KD's dinge wat jy net op 2de werld-oorlogflieks en The New Avengers gesien het. So my ore het al begin rattle van baie jonk af! ;) Saam met my jagte bygereken het ek darem al n hele paar duisend skote deur die ore..(pun?)
Nee feite, ek kan agter kom ek het gehoor verlies - op die myn kry ons elke jaar met ons mediese ondersoeke ook gehoor-toetse, ek kan sien aan die grafiek hoe my gehoor agteruit gegaan het die afgelope 5 jaar.

Niemand praat my om nie manne - ek besef dat buiten dat dit jou n voordeel in die veld gee as jy meer as een bok moet skiet in n trop, dit ook die manne op die skietbaan sal laat ophou loer jou kant toe na elke skoot... ;) Dan die grootste voordeel is seker maar of jy nog wil natuurlik hoor "oupa wanne gaan jag ons weer?"

Ek hoop julle kan my hoor!
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Post Reply