Lading vir 308 met 150gr Noslers?

Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Lading vir 308 met 150gr Noslers?

Post by Ponkie »

Hallo Almal

My Pa en nog 2 Ooms het nou so rukkie terug by Safari en Outdoor die 150gr Nosler Hunting Ballistic Tip in groot maat gekoop. Dis daai 3000 punte wat hulle verkoop vir R7000.

Nou wil ek net weet watse lading julle sou voorstel nogals goed sal werk? Ek sien die punte se BC is 0.435 wat nogals goed is my opinie.
Ek het gedink om maar te begin by 'n 42.5gr S335 met PMP primers en dan te kyk wat die plankgeweer op 300-400m maak, want dis waar die punte sy staal moet wys, ek soek na 'n plat genoeg trajek om hulle te gebruik vir Papierskiet.

Dalk het iemand al die punte gebruik en kan my bietjie hand gee...?
Hoop julle sien uit daarna om te sien hoe die Curriebeker weer Kaap toe kom die jaar! ;D ;D

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Robert
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 425
Joined: Sun Oct 25, 2009 12:42 pm

Re: Lading vir 308 met 150gr Noslers?

Post by Robert »

Ponkie

Jong , Daar bestaan nie 1 wonder lading wat op alle gewere werk nie. Mens moet maar onder begin en 'n lading uit werk en probeer . Op die forum is daar al gesels oor die opbou van 'n lading.

In Hendrik v Rensburg se boek is daar 'n baie lekker manier en dit werk goed. vat bietjie tyd en punte (ammo) maar as jy eers die sweetspot het hou jy daarby. Wat lekker is van sy manier is dat dit op 300meter gedoen word en jy soek moes bietjie afstand.

WP gaan dit die jaar doen!!!!!!!!!

Robert
Oorwining deur opleiding
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Lading vir 308 met 150gr Noslers?

Post by Ponkie »

Robert

Dis nes jy se, ek weet van Oom Hendrik se boek en die maniere wat hy daarin beskryf. Ek het maar net gedink hier is dalk manne op die forum wat al die Noslers 'n try gegee het en my sommer net hulle opinie kan gee en hoe hulle die punte ervaar het. Ek het gedink deur dit kal ek dalk bietjie tyd en moeite wen...

VERSEKER gaan WP dit hierdie jaar deurtrek ja!  ;)

Groetnis
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Lading vir 308 met 150gr Noslers?

Post by JOHANNIC »

Ponkie
Ek weet Gert Visser en Jacques Obermeyer het ook van daardie 3000 koeels (pakket)gekoop en so ver ek weet skiet hule diesefde lading as met die 155gr Palma van PMP 8)
Maar begin onder met die lading soos jy wou maar ek dink jy gaan weer by dieselfde lading uitkom as wat jy met 155gr skiet ;D
Groete johan
Biebers
Need for speed >:D
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Lading vir 308 met 150gr Noslers?

Post by Ponkie »

OOm Johan

As ed by dieselfde lading gaan uitkom as die 155gr, dan gaan ek seker 42.5gr moet laai. Soek net 'n ordentlike groepering op 100m en dan 'n plat trajek tot met 350m.

Kom Oom Suid Kaap ope skiet?

Groetnis
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Lading vir 308 met 150gr Noslers?

Post by JOHANNIC »

Ponkie
As niks voorval nie is ek da ;)
Groete johan
KyK by sahuntingrifle Jacques obermeyer het jou geantwoord oor die 150gr noslers
Biebers
Need for speed >:D
Post Reply