Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by douw »

Goeie naand menere.

Ek soek asb raad vir 'n teleskoop wat ek op my nuwe 6mm AI Mojet wil gebruik.

Ek wil op die baan kan speel tot seker so 500m. Ek wil dan kan "dial"
As ek in die veld is en "range" die bok is 299m dan wil ek weet soveel "clicks" en ek is in die kol.

Ek wil "tactical turrets" hê en 'n redelike vergroting.

Ek dink aan die Sightron III 8-32 x 56 MOA wat +/- R10 000 kos.

Enige voorstelle sal waardeer word.

Groete
Douw
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by JPS »

Zeiss HD5, Die 5-25*50 met z800 kruishaar behoort te voldoen aan al jou verwagtinge. myne is fantasties.

mooiloop
JP
User avatar
Smous v.d. Vyver
Hero Member
Hero Member
Posts: 663
Joined: Thu Nov 08, 2012 10:54 am

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Smous v.d. Vyver »

Dit hang mos maar af wat 'n ou se budget is,as ek nou 'n teleskoop kon kies sonder dat geld 'n probleem was sal daar geen ander keuse as 'n Nightforce NXS 5.5 - 22 x 56 met zero stop en NP - R2 reticle wees nie maar ek skiet 'n Leupold VX3 6.5 - 20 x 50 met varmint hunter reticle en ek het op hierdie stadium geen klagtes nie,as ek dail is hy daar en hou sy zero mooi en as jy nie 'n rangefinder by hou het nie kan jy range met die reticle.

Dink die ouens gaan jou dalk beter help as jy 'n prysklas ook kan gee!

Vriendelike groete,

Corne
Zack Benade

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Zack Benade »

Zeiss HD5, Die 5-25*50 met z800 kruishaar behoort te voldoen aan al jou verwagtinge. myne is fantasties.
Stem saam met JPS. Waarde vir geld sal ek vir die Zeiss HD5 gaan. Ek is baie tevrede.

As geld nie 'n opsie is nie sal ek ook kyk na die NF NXS 5.5 -22 x50. Op my oe is die NF duideliker as die Zeiss HD5.
User avatar
Doomslayer
Full Member
Full Member
Posts: 196
Joined: Mon Apr 15, 2013 9:26 am

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Doomslayer »

Ongelukkig is goeie glas methierdie features nie goedkoop nie.

Dinge waarvoor ek sal uitkyk is die volgende:
1. Tube deursnit van 30mm of groter. Laat meer lig deur, en laat meer elevation adjustment toe.
2. Maak seker die turrets en die reticle is dieselfde gekalibreer. D.w.s. MOA turrets met MOA reticle of Milrad turret en milrad reticle. Dis 'n redelike pyn in die gat om heeltyd die omskakeling te doen tussen MOA en milrad.
3. Ek verkies 'n kruishaar in die sg. First Focal Plane.dit beteken die kruis word groter en kleiner soos jy zoom, maar dit beteken ook dat die afmetings op die reticle by alle vergrotings geldig is.
4. Kies 'n scope met sg. Zero stop turrets. Dit maak dit net makliker om die geweer weer te zero na jy gestel het aan die turrets.
5. Illuminated reticle - cool ja, maar nodig? Ek is nie so seker nie en dit kos taamlik ekstra.
6. Onthou 'n scope is net so goed soos die ringe waarin hy sit. Ek sal as 'n minimum leupold merk IV tactical ringe gebruik en as jy iets soos Badger Ordnance ringe en picatinny rail in die hande kan kry, nog beter.

My persoonlike keuse van scope brands is in dalende volgorde:
1. Schmidt bender Police Marksman II - die bentley van scopes. Baie duur, moeilik verkrygbaar, maar as jy hom eers het.....
2. Kahles competition K series die 6-24 of die 3-12 is albei fantasties. Hulle glas is basies on par met die Schmidt.
3. Nghtforce
4. Leupold Merk IV tactical.
5. Die res....

Ek sal aanbeveel, spaar nog 'n maand of wat en maak jou budget so R14 000 tot R 20 000. Dis maar ongelukkig die prysklas van hierdie tipe glas en as jy nou reg koop sal hierdie scope nog deur jou kleinkinders geniet word.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Geno »

Doomslayer wrote:1. Tube deursnit van 30mm of groter. Laat meer lig deur, en laat meer elevation adjustment toe.

Doomslayer,
Verduidelik asb dié stelling vir my?
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by LUAN »

Bushnell Elite tactical 4.5-30x50
30mm tube
Sy dimensies is korter as ander scopes in die vergroting klas so hys meer kompak
Hy track en hou sy zero en dis die belangrikste.
Seker half die prys van n NF maar nie net helfte so goed.
Zack Benade

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Zack Benade »

Geno

"n 30mm tube gee volgens my net meer verstelling. Niks meer nie. Kyk na die Swaroski reeks met hulle 25mm tubes. Dit gaan oor verstelling en dis al.

Die lig inlaat word deur die lense grote bepaal.
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Geno »

Oom Zack,
Dis hoe ek dit ook het. Dis juis hoekom ek die vraag gevra het.
Goed, beter, 6millimeter!
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by douw »

Baie dankie aan almal se raad. Ek lees rustig hierdeur en sal besluit maak. Ek wou nie nou graag bo so 10k spandeer het nie. Arnold en Ludwig was altwee baie in hul noppies met die Sightron. Is daar nie ander manne wat 'n vergelyk kan tref tussen die sightron en bv die zeiss HD5.

Wat dink julle van die burris Eliminator? Of is dit nie heeltemal vir dit wat ek wil doen nie?

Groete
Douw
Zack Benade

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Zack Benade »

Douw
Iets anders wat ek wil noem en waaraan jy ook kan dink.

As jy op 'n dag weer 'n paar sente ekstra het en jy besluit om weer jou scope op te gradeer watter een sal die vinnigste weer verkoop in ons tweedehande kopersmark?

My kop en verstand sê scopes soos Zeiss en Swaroski sal meer in aanvraag wees as die ander make soos Sightron en Burris.
Ek is bv 'n Nightforce man en kan agter kom in die laaste twee advertensies op jaracal was daar geen navrae nie. Hoekom? Prys?
Ek glo nie die antwoord is prys nie want as 'n Swaroski Z5 met dieselfde prys geadvetreer word is hy binne 'n dag of wat weg. Dieselfde met Zeiss.

Sterkte met jou besluit.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by LUAN »

User avatar
Kallie Fernhout
Hero Member
Hero Member
Posts: 995
Joined: Sun Oct 21, 2012 8:31 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Kallie Fernhout »

Nightforce NXS 5.5 - 22 x 56 as jy hom kies gaan jy nie spyt wees nie, maar soos Doomslayer gese het onthou ringe net so belangrik
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Carl »

Geno
Dis reg die 30mm dra 'n baie klein hoeveelheid lig binne beter oor. Dis so min die mens gaan dit nie agter kom nie. Die voorste lens diameter is al wat meer lig inlaat en dan natuurlik coatings en tipe glas. My f2.8 kamera lens laat baie lig in met sy 72mm voorste lens, maar as ek die "aperture" na F22 draai is die lig baie min by die kamera. My tube se dikte het nie verander.
Ek moet sê my Zeiss Duralyt is 30mm en die verstellings is nie baie nie.
Douw
Kyk na die HD reeks, maar vir 6mm moet jy na die Z600 kruishaar kyk - 5x25 50. Z800 is vir die magnums. My fout daar is net Z800 , Z1000 en Varmin vir die x25.
Last edited by Carl on Wed May 15, 2013 10:37 am, edited 1 time in total.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Arnold »

Kyk baie mooi na die hoeveelheid interne verstelling tot jou beskiking. As jy eers 500m geskiet gaan jy wil verder skiet.
Ek het nognie deur 'n smidt gekyk en geskiet nie. My NXS is beter as my Sightron wat reeds baie goed is.
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by douw »

Arnold, As jy dus net so R10k wil spandeer, sal jy dus die Sightron aanbeveel of eerder nog bietjie bysit vir die zeiss?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Arnold »

Het die Zeiss die interne verstelling?
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Carl »

CONQUEST HD5 5-25x50
Adjustment Range Height at 100yd 65 inch
Adjustment Range Lateral at 100yd 40 inch
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Raad met teleskoop vir 6mmAI

Post by Geno »

Die Zeiss het 'n 70x50MOA adjustment range.

http://www.eurooptic.com/PDF/Zeiss-Conquest-HD5.pdf
Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply