Wit Rooibok

User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Wit Rooibok

Post by Geno »

Hallo manne/dames

Het enigiemand al 'n wit rooibok gesien?
Ek sien in die nuwe Magnum op bl31 as ek reg is, is daar 'n troppie rooibokke met 'n wit ooi tussen in.
Hulle lyk my is baie meer skaars as die swart rooibokke.
Ek weet ook van 'n wit rooibok lam wat in 'n trop was naby Stockpoort, maar hy het nie lank gehou nie, toe word hy opgevreet.
Wat is julle opinies oor die resessiewe gene wat wild so mal duur maak?

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Wit Rooibok

Post by Freek »

Geno,

By Blesbok en Springbok dit gereeld gesien, nog nie by Rooibok nie. Ek dink dit is maar 'n unieke gene poel wat die afwyking veroorsaak. Hoe presies dit werk en wanneer dit gebeur moet die slim manne maar uithelp.
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
User avatar
tobie
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 96
Joined: Sun Nov 15, 2009 12:40 pm

Re: Wit Rooibok

Post by tobie »

Ek het so paar jaar terug op 50/50 gesien.Hulle het wel gese die bokke word amper nooit groot nie.Op sigbare prooi.
Jy kan maar hardloop, maar ek sien jou!!!
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Wit Rooibok

Post by Piet Breedt »

Ek persoonlik hou niks daarvan en sal nie n sent extra betaal vir so n bok. Ek hou maar van hulle soos hulle moet lyk.
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Wit Rooibok

Post by .220 Swift »

Ek deel Piet se sentiment.

Die natuurlike kleure lyk vir my ook mooier.

Verbeel ek my of is die bokke met kleurafwykings verder "stunted" in vergelyking met die groter gros natuurlik gekleurde bokke?

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
User avatar
spekieries
Hero Member
Hero Member
Posts: 1240
Joined: Sun Apr 19, 2009 9:51 pm

Re: Wit Rooibok

Post by spekieries »

Ek deel ook Piet se siening. Sal nie 10sent ekstra betaal vir 'n onnatuurlik gete?lde bok wat in elk geval vir my maar brandsiek lyk.

Groete
Pieter101

Re: Wit Rooibok

Post by Pieter101 »

Wat dan van die goue gemsbokke, hulle lyk nie brandsiek nie? En tog is hulle op hierdie stadium baie duur. Daar sal altyd ouens wees wat hierdie tipe diere soek en daarom sal die vraag hoog bly wat die prys hoog sal hou. Die bokke is ook nie onnatuurlik geteel nie, aangesien dit juis in natuurlike populasies voorkom. Die betrokke boer/bestuurder selekteer maar eers vir daardie geen as dit onder natuurlike toestande uitdop. My opinie is dat as jy vroeg genoeg in die mark is vir sulke diere is daar geld te maak en as ek op 100ha R3000 kan kry vir bv 'n wit springbok, hoekom moet ek tevrede wees met R400 vir 'n gewone ene?
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: Wit Rooibok

Post by Roelo »

Goeie punt Pieter
Geweldig man Geweldig
.220 Swift
Full Member
Full Member
Posts: 167
Joined: Sun Jan 17, 2010 8:36 pm

Re: Wit Rooibok

Post by .220 Swift »

Natuurlik maak dit ekonomies sin om maksimum per hektaar te verdien en vreemd gekleurde antilope wat meer per kop inbring as sy natuurlik gekleurde eweknie gaan voorang geniet.
Dit voldoen aan 'n nismark se behoeftes - wat outomaties 'n groter deel van die mark uitsluit wat nie noodwendig die belangstelling of fondse het om die diere te jag nie.

.220 Swift
www.askexpertdoctor.com

GOOD JUDGEMENT COMES WITH EXPERIENCE.
EXPERIENCE COMES FROM BAD JUDGEMENT.
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: Wit Rooibok

Post by Stefan764 »

Ek stem, sal nie meer betaal vir so n bok nie. Dis nie hoekom ons begin jag het honderde jare trug nie.

As n man die geld wil betaal om so n dier te skiet is dit sy saak, en ek respekteer hom daarvoor. Ons as natuurbewaarders (dis tog wat ons as jagters is) moet net sorg dat die wildboere nie n sekere spesie SO manupileer dat dit n negatiewe impak op daardie spesie het nie. Net soos ons ons verset teen Renosterstropery (of enige ander onwettige manier van jag) teen wilddiewe, kan ons ons verset teen boere wat met hierdie situasie/manier van boer hand uitruk. Hoor my mooi, ek se nie dis verkeerd om so te boer nie, moet net nie die diere of omstandighede so manupileer dat dit oneties of onregverdig teenoor die dier/spesie raak nie.

My 2c...

Groete
Stefan
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Pieter101

Re: Wit Rooibok

Post by Pieter101 »

Verstaan jul sieninge 100%. Glo nie dit sal handuitruk nie, die getalle gewone vs afwykings is seker nog nie eers 'n persentasie nie. Punt wat ek net wil maak is dat dit elke ou se reg is om te boer waarmee hy wil op so manier dat dit vir hom ekonomies die meeste regverdigbaar is op die stukkie grond wat hy het. Ek sit met 'n swart springbok ram waarvan die voorbene, pens en boude spierwit is. Die ram teel ook so; ek selekteer daarvoor deur al die ander ramme klein dood te skiet. Nou as ek na prof. Gerhard Verdoorn se artikels in die SA wild & jag lees, moet ek dadelik van die ding ontslae raak. Maar wie weet, dalk is daar 'n ou wat my R3 meer wil aanbied as vir 'n gewone springbok...
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Geno »

Pieter,
Het jy dalk 'n foto van daardie ram? Ek's nuuskierig om hom te sien.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Pieter101

Re: Wit Rooibok

Post by Pieter101 »

Eugene, ek kort kamera met groot lens. Myne is te klein en ek key nie 'n mooi foto nie. Of anders moet ek 'n trail-cam by die krip stel. Sal opsit sodra ek 'n mooi foto het.
Groete
Pieter
Pieter101

Re: Wit Rooibok

Post by Pieter101 »

Hier is die foto van die springbok waarvan ek gepraat het. Het al 8 van hulle.
[img width=560 height=420]http://i731.photobucket.com/albums/ww32 ... 011025.jpg[/img]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Jagtersdok »

My eerlike nederige maar wetenskaplike opinie oor die saak is as volg.

Hulle moet almal uitgeskiet of verwyder word. Dit is mutasie geen van die normaal af. Eintlik het hulle 'n siekte as jy regtig mooi daarna kyk. Dit is nie evolusion?r veranderings om aan te pas by omgewing terwille van oorlewing nie. Dit is gene ballsup moontlik agv toksiese omstandighede soos wat seker toestande kanker promofeer.

Dit is die mongooltjies of enige sindroom wat nie normaal is nie van die diere ryk.

Deur die diere te te?l en voor te bou maak jy net jou genepoel swakker.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Jagtersdok »

Pieter ek wil jou nou glad nie direk aanvat nie, maar net een puntjie dit ruk regtig gouer hand uit as wat mens dink. As daardie  Mutant ram soos jy nou s? jou Alpha ram is, en duidelik is die gemuteerde geen 'n Dominante geen so elke na saad sal die mutasie h?. Nou eweskielik word 'n helse groot deel van een jaar se aanwas so gemuteer.

As dit 'n resesiewe geen is of dit is nie 'n Alpha manlike dier nie, vat dit langer maar met tyd word dit logaritmies meer.

Genetika is baie baie baie meer kompleks as wat mense dink.

Ek kan vir jou 100 folio teses skryf oor wat al die moontlike implikasies kan wees. Maar bv 1 ding. S? die mutasie maak die dier meer vatbaar vir siekte x, so siekte x is nou in jou trop. Al is jou ander diere nie so vatbaar nie met verlengde blootstelling sal die ander diere ook siek raak. Nou met herhaalde behandeling wat gaan plaasvind kweek jy weerstandigheid teen die medikasie antibiotica bv. Nou werk dit nie meer nie en die siekte verander letterlik oornag in pandemie.

Dis net vlugtig beskrywing van een ding wat kan gebeur.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
Biltongjagter

Re: Wit Rooibok

Post by Biltongjagter »

Stem 100% saam met jou, Neels!

En hierdie tipe van gene afwykings neig om al meer voor te kom weens die inperking van beweging van wilde diere, wat sodoende tot gevolg het dat die natuurlike vernuwing van bloedlyne wat weens die afwesigheid van natuurlike migrasie heeltemal ontbreek, die kwessie van 'survival of the fittest' heeltemal omvergooi. Resultaat, swak gene poel waarop voortgebou word met al die nadele en afwykings daaraan verbonde.

Wildboere kan gerus meer gereeld nuwe bloedlyne invoer en sodoende die swak gene weer verfris en opbou.

Skiet uit daardie afwykings! 
Pieter101

Re: Wit Rooibok

Post by Pieter101 »

Ek hoor wat julle s? Biltongjagter en Jagtersdok, maar die ram is geteel uit 'n groep suiwer swart bokke wat ek aanvanklik begin het deur by drie verskillende ouens bokke in te koop. Ek vang of skiet ten minste elke twee jaar al my ramme dood en kry nuwe ramme in van ander ouens. Dus deel ek nie jul siening dat dit swak gene is of diere is wat geneties swakker weestand teen siektes het nie. Die punt dat dit kom agv wilde diere wat ingeperk word in klein loopareas kan ook nie die oorsaak wees nie aangesien ek elke 2 - 3 jaar ander ramme kry. Dit laat inteling ook uit die vergelyking. Waarmee ek wel saamstem is dat ek kunsmatig vir daardie geen selekteer deur al die ander ramme in die trop dood te skiet en slegs die witgat ram oor te hou.
As jy my kruisig moet jy soos prof Gerhard Verdoorn ferm standpunt inneem en wit, swart en koper springbokke veroordeel; om nie eens te praat van die golden oryxe en die goue wildebeeste nie...
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Jagtersdok »

Pieter ek voel so oor al daardie diere.

Dit bly 'n genetiese afwyking en soos Piet Breedt s? moet mens nie 1c meer betaal om dit te skiet nie. Dit is hoe ferm my standpunt is. Alle genetiese afwykings moet verwyder word

Neels
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13655
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Geno »

Pieter,
Daai springbok is baie mooi!
Dankie vir die moeite met die foto.

Groete,
Eugene
Goed, beter, 6millimeter!
Kobus 25-06

Re: Wit Rooibok

Post by Kobus 25-06 »

Dai goed loop mak in my agterplaas rond!
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Wit Rooibok

Post by Chevvy SS »

Dit is ongelukkig so dat daar mense is wat enigiets sal betaal om iets aanders in hul trofeekamers wil h?.

Ek weet van 'n Amerikaner wat elke jaar 500-600 000 US dollars spandeer en vir 6mde van die jaar jag. Volgens my kennis is daar 2-3 ouens wat 'n onderlinge kompetisie het om alles wat skaars is te skiet en die beste volgens die SCI meetmetode te doen.
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Carl »

Hier is 'n mooi rammetjie van Mapungubwe (Julie 2011) die bokke loop so naby 'n R1m glo. :o Gee my 'n mooi rooi diknek ram enige tyd. Maar dis waar sommige mense het meer geld as  :-X en hou hulle besig met allerlei snaakse dinge. Kyk maar net wat raak al die filmsterre kwyt.

Die biltong proe buitedien die selfde
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
User avatar
Jakkalsgat
Hero Member
Hero Member
Posts: 2703
Joined: Sun Jan 29, 2012 11:14 am

Re: Wit Rooibok

Post by Jakkalsgat »

Albino, genetiese afwyking en so ver ek weet is gebreklikke duur minder werd as normale gesonde duur. >:(
Ek wens vir jou 'n rooison met 'n maan wat oor die krans uitkom, 'n lyf vol tequila en antwoorde op die diep vrae!

Groete
Jaco Stander
Carl
Hero Member
Hero Member
Posts: 4793
Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm

Re: Wit Rooibok

Post by Carl »

Nee die mannetjie het swart oor punte, die swart om die gat ens. sy o? is normaal. Dit is nie albino nie.
Groete,
9mmP, .22, 243 , 270 , 30-06 , 12 Boor, 9.3x62 die "one gun" solution
Post Reply