Page 1 of 1
Buffel koeie benodig
Posted: Mon Apr 22, 2013 7:53 pm
by Gert Odendaal
Goeie naand aan die lede.
Is daar `n persoon wat `n kontaknommer/kennis dra van iemand wat `n buffelkoei/e beskikbaar het om te verkoop vir gewone aanwas/aanteel van buffels op `n wildsplaas, baie duur bloedlyne sal nou nie deeg nie. Dit sal dan seker `n buffelkoei/e wees wat net buffelkoei genoem word , nie Swati die tweede of Lesserati van Briyani nie, maar net `n gewone buffelkoei. Wil die koeie net gebruik vir aanteel/aanwas op `n wildsplaas wat onlangs gekoop is.
Ek hoor graag van julle.
Groete
Gert
Re: Buffel koeie benodig
Posted: Mon Apr 22, 2013 8:47 pm
by mariusr
Gert kyk in die junkmail onder "livestock forsale" het toevalllig laas week gesien iemand adverteer buffels te koop!klink my jy het klaar die bul?
Sterkte
Marius
Re: Buffel koeie benodig
Posted: Tue Apr 23, 2013 10:39 am
by Wouter Roets
Gert
As jy hulle kry laat weet my kant toe ook asb! Ek voel net soos jy maar besef dat ek dalk deel in jou soeke na hoendertande!
Waar is die grond waarvan jy praat? Welkom hier in die put sonder einde! Ek wag vir jou hier aan die onderkant!
Groetnis
Wouter
Re: Buffel koeie benodig
Posted: Tue Apr 23, 2013 8:27 pm
by Gert Odendaal
Hallo Wouter
Ja, ek weet wat jy bedoel, dit gaan maar alles oor vraag en aanbod, elke boer wat `n wildsplaas het wil buffels he, elke jagter wat `n 9.3x63 het wil `n buffel skiet...

Ek doen navrae , weet dit is soek na hoendetande , of die naald in die hooimied, maar as ek dit regkry (wat nie onmoontlik is nie) om buffelkoeie x10 vir `n redelike prys te kry, kan ek miskien vorentoe oor `n paar jaar `n buffel gaan skiet teen `n redelike prys op die plaas. Ek weet dat buffelkoeie nou vir min R200 000 stuk gaan by die groot buffel boerderye. Maar een of ander tyd gaan daar te veel buffels wees in die teel stelsels wat die pryse gaan laer afdruk. Miskien net is daar buffelkoeie beskikbaar...ek sal maar nog soek...die beloning gaan dit die moeitewerd maak...

Re: Buffel koeie benodig
Posted: Tue Apr 23, 2013 11:00 pm
by Wouter Roets
Gert
Ek maak jou n deal. Sit tien koeie wat kan bul vat by ons neer en jy kan vir die volgende twintig jaar elke jaar vir jou buffel bul kom skiet. Jy kan sommer klaar wegspring met n mooi een van 40 duim. Jy kan hom met die grootste liefde met die 9.3 skiet want ek is weer lus vir n lekker opvolg met die 458 Lott!
Groetnis
Wout
Re: Buffel koeie benodig
Posted: Tue Apr 23, 2013 11:35 pm
by immelmanw
Wouter Roets wrote:Gert
Ek maak jou n deal. Sit tien koeie wat kan bul vat by ons neer en jy kan vir die volgende twintig jaar elke jaar vir jou buffel bul kom skiet. Jy kan sommer klaar wegspring met n mooi een van 40 duim. Jy kan hom met die grootste liefde met die 9.3 skiet want ek is weer lus vir n lekker opvolg met die 458 Lott!
Groetnis
Wout
Dalk Gumtree probeer, hulle se n mens kry alles daar!
Re: Buffel koeie benodig
Posted: Wed Apr 24, 2013 6:06 am
by DWB
BAAS WOUT!!!!
EK SAL JOU ROL!
WATCH IT!
Re: Buffel koeie benodig
Posted: Sat Apr 27, 2013 7:50 am
by Gert Odendaal
Wouter, daar is reeds `n bul wat die nodige sal doen as ek nou net `n paar koeie kan kry vir die vriend wat die plaas in Vaalwater se omgewing gekoop het. Ek sal ook saam met `n man die aanteel vorentoe gaan skiet as hy met `n 9.3x62 die buffel gaan skiet dan kan ek die opvolg met my .375H&H Magnum met `n 380 gn die gekweste buffel laat val. Anders leen ek `n .458 Dubbel wat ek gister geskiet het om te kyk vir groepering, dit was lekkkkeer gewees, jammer ek kon Johan nie oorreed om vir my nog so twintig patrone te gee om net seker te maak dat die .458 Ferlac dubbel(over&under ) wel mooi groepeer nie!!
Ek het al gedink om by die groot dieretuine soos die Pretoria dieretuin aan te klop en hoor waar en aan wie hulle hulle aanteel verkoop , daar moet mos buffels aanteel op hulle kwarentyn plaas? Omdat dit net skoon buffels moet wees en nie baie duur bloedlyne nie behoort iemand in ons ou klein landjie so `n paar buffel koeie te he wat net loop en meer word?
Ek sal nog seker `n rukkie soek? Die gaan haal en laai prosedure sal Johan hulle self doen, dit is nou net die buffel koeie wat ons moet kry.
Re: Buffel koeie benodig
Posted: Sat Apr 27, 2013 7:44 pm
by Gert Odendaal
Re: Buffel koeie benodig
Posted: Sat Apr 27, 2013 8:11 pm
by mariusr
Gert ek lag nou so lekker oor jou gewone buffel koeie wat nie name moet he! Almal wat van superman gehalte is het mos name Tyson ens ens die ou mensdom is eintlik lagwekkend!

Re: Buffel koeie benodig
Posted: Sat Apr 27, 2013 9:08 pm
by DWB
Oom Gert, pasop maar vir die dag wat 'n 9.3 oom se gat moet red

Re: Buffel koeie benodig
Posted: Sun Apr 28, 2013 6:55 am
by Gert Odendaal