Buffel koeie benodig

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Buffel koeie benodig

Post by Gert Odendaal »

Goeie naand aan die lede.

Is daar `n persoon wat `n kontaknommer/kennis dra van iemand wat `n buffelkoei/e beskikbaar het om te verkoop vir gewone aanwas/aanteel van buffels op `n wildsplaas, baie duur bloedlyne sal nou nie deeg nie. Dit sal dan seker `n buffelkoei/e wees wat net buffelkoei genoem word , nie Swati die tweede of Lesserati van Briyani nie, maar net `n gewone buffelkoei. Wil die koeie net gebruik vir aanteel/aanwas op `n wildsplaas wat onlangs gekoop is.

Ek hoor graag van julle.

Groete

Gert
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Buffel koeie benodig

Post by mariusr »

Gert kyk in die junkmail onder "livestock forsale" het toevalllig laas week gesien iemand adverteer buffels te koop!klink my jy het klaar die bul?

Sterkte
Marius
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Buffel koeie benodig

Post by Wouter Roets »

Gert

As jy hulle kry laat weet my kant toe ook asb! Ek voel net soos jy maar besef dat ek dalk deel in jou soeke na hoendertande!

Waar is die grond waarvan jy praat? Welkom hier in die put sonder einde! Ek wag vir jou hier aan die onderkant! :laugh:

Groetnis
Wouter
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Buffel koeie benodig

Post by Gert Odendaal »

Hallo Wouter
Ja, ek weet wat jy bedoel, dit gaan maar alles oor vraag en aanbod, elke boer wat `n wildsplaas het wil buffels he, elke jagter wat `n 9.3x63 het wil `n buffel skiet... ;D :) Ek doen navrae , weet dit is soek na hoendetande , of die naald in die hooimied, maar as ek dit regkry (wat nie onmoontlik is nie) om buffelkoeie x10 vir `n redelike prys te kry, kan ek miskien vorentoe oor `n paar jaar `n buffel gaan skiet teen `n redelike prys op die plaas. Ek weet dat buffelkoeie nou vir min R200 000 stuk gaan by die groot buffel boerderye. Maar een of ander tyd gaan daar te veel buffels wees in die teel stelsels wat die pryse gaan laer afdruk. Miskien net is daar buffelkoeie beskikbaar...ek sal maar nog soek...die beloning gaan dit die moeitewerd maak... ;D ;D
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Buffel koeie benodig

Post by Wouter Roets »

Gert

Ek maak jou n deal. Sit tien koeie wat kan bul vat by ons neer en jy kan vir die volgende twintig jaar elke jaar vir jou buffel bul kom skiet. Jy kan sommer klaar wegspring met n mooi een van 40 duim. Jy kan hom met die grootste liefde met die 9.3 skiet want ek is weer lus vir n lekker opvolg met die 458 Lott! :laugh:

Groetnis
Wout
immelmanw

Re: Buffel koeie benodig

Post by immelmanw »

Wouter Roets wrote:Gert

Ek maak jou n deal. Sit tien koeie wat kan bul vat by ons neer en jy kan vir die volgende twintig jaar elke jaar vir jou buffel bul kom skiet. Jy kan sommer klaar wegspring met n mooi een van 40 duim. Jy kan hom met die grootste liefde met die 9.3 skiet want ek is weer lus vir n lekker opvolg met die 458 Lott! :laugh:

Groetnis
Wout
Dalk Gumtree probeer, hulle se n mens kry alles daar!
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffel koeie benodig

Post by DWB »

BAAS WOUT!!!!

EK SAL JOU ROL!

WATCH IT!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Buffel koeie benodig

Post by Gert Odendaal »

Wouter, daar is reeds `n bul wat die nodige sal doen as ek nou net `n paar koeie kan kry vir die vriend wat die plaas in Vaalwater se omgewing gekoop het. Ek sal ook saam met `n man die aanteel vorentoe gaan skiet as hy met `n 9.3x62 die buffel gaan skiet dan kan ek die opvolg met my .375H&H Magnum met `n 380 gn die gekweste buffel laat val. Anders leen ek `n .458 Dubbel wat ek gister geskiet het om te kyk vir groepering, dit was lekkkkeer gewees, jammer ek kon Johan nie oorreed om vir my nog so twintig patrone te gee om net seker te maak dat die .458 Ferlac dubbel(over&under ) wel mooi groepeer nie!! :laugh: :laugh:

Ek het al gedink om by die groot dieretuine soos die Pretoria dieretuin aan te klop en hoor waar en aan wie hulle hulle aanteel verkoop , daar moet mos buffels aanteel op hulle kwarentyn plaas? Omdat dit net skoon buffels moet wees en nie baie duur bloedlyne nie behoort iemand in ons ou klein landjie so `n paar buffel koeie te he wat net loop en meer word? ;D ;D

Ek sal nog seker `n rukkie soek? Die gaan haal en laai prosedure sal Johan hulle self doen, dit is nou net die buffel koeie wat ons moet kry.
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Buffel koeie benodig

Post by Gert Odendaal »

Ek sal graag kontak nommers van mense wil kry wat buffels op hulle plase het, enige inligting sal baie welkom wees. Ek weet om na die telers te gaan is seker `n opsie maar ek glo dit gaan in elke geval buite `n billike prys klas val. Ek soek nog steeds na buffelkoeie met gewone name soos buffelkoei, nie dogter van Taurus uit bloedlyn van Saturnus, vader van Zeus ....nee dit sal sal nie deeg nie ek soek net tien gewone buffel koeie wat gewone gras eet en wat hulle self sal laat dek deur `n gewone buffel bul sonder duur name...ons moet hom net buffel noem....ek wag in spanning, dit is my enigste kans om my eie buffel op die voet te skiet, en ek kan as `n back-up vir van ons 9.3x63 manne instaan met my .375. ;D ;D Eina!!! ek sien Deon gaan my weer raak ry.... ;) :laugh: ::)
mariusr
Hero Member
Hero Member
Posts: 2995
Joined: Sat Dec 15, 2012 12:11 am

Re: Buffel koeie benodig

Post by mariusr »

Gert ek lag nou so lekker oor jou gewone buffel koeie wat nie name moet he! Almal wat van superman gehalte is het mos name Tyson ens ens die ou mensdom is eintlik lagwekkend! :laugh:
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Buffel koeie benodig

Post by DWB »

Oom Gert, pasop maar vir die dag wat 'n 9.3 oom se gat moet red ;D
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: Buffel koeie benodig

Post by Gert Odendaal »

Deon daardie dag sal ek baie veilig wees, want dit gaan mos maar oor die man agter die geweer en jy kan mos daar die 9.3x62 reg gebruik... ;D ;D
Marius jy slaan die spyker op sy kop, ons nasie het gou by die meesters geleer, die Amerikaners kan enige ding "pimp" en hom verkoop, hulle sal selfs "slush-puppy-ys" aan die eskimo`s verkoop. Ek hou die verkope van wild deesdae dop, daai "peroxide" blouwildebeeste gaan al vir `n paar honderd duisend, nee ou maat ons manne kan die lorrie dryf....maar ek soek daai buffel koeie soos die goeie Vader hulle gebou het, net nie "pienk" nie asseblief...dan beteken hulle in elkgeval nie veel nie... ;D ;D ;D
Post Reply