Goeie More!
Ek het die op n email gekry van n vriend wat by Vrystaat jagters betokke is.Miskien wil iemand deelneem.
Hi Almal
Graag herinner ek net aan die “Big Bore Shoot” op 27 April te Glen Lion net buite Bloemfontein. Aanwysings volg hieronder.
Die skiet begin stiptelik om 9 uur en dit sal waardeer word indien u minstens n halfuur vroeer daar sal aanmeld sodat ons die reels aan almal kan verduidelik.
Inskrywingsfooi: R 550
PRYSE: 1ste Prys = Buffel koei , 2de prys Blouwildebees, Derde prys R 800” voucher” by Kotoko taksiedermie asook 4 karnivooraand ete kaartjie ter waarde van R 600
Kaliber: kalibers groter as 9.3 X 64 ( Sal alleenlik kwailifiseer vir die buffelprys )
NB!!! Keiner kailbers sal ook toegelaat word ( Sal slegs kwailfiseer vir die Blouwildebees)
SWARTKRUIT GEWERE IS OOK WELKOM !!!!
Formaat: Jaggeweerskiet op versteekte kortafstand stilstaande en bewegende teikens op n rondtebaan waarby u sal moet spoorsny op n bloedspoor en skielik uit die vuis skiet, en wat teen tyd oor die hele baan gemeet word.
Aantal Skote: SES
Skiet afstande: Tussen 20 en vyftig meter
Tipe visiere: Alle grote Teleskope asook oop visere word toegelaat.
Inskrywings sluit op Woensdag 24 April.
Inskrywingsgeld moet asb in ons bankrekening inbetaal word . Besonderhede volg hieronder
ABSA
Rek Houer: Vrystaat Jagters Bloemfontein Tak
Rek No: 470170980 (Tjek)
Takkode: 632 005
NB !!!!! Gebruik asb jou Van en die letters BB as verwysing
AANWYSINGS NA DIE SKIETPLEK
Ry op die N1 Noord tot by die brandfort afdraai, draai links na Brandfort, na ongeveer een km draai links by Geln Lion in en volg die bordjies.
Jagtersgroete
Philip Bodenstein
Big Bore shoot in Bloemfontein
-
junglejulian
- Hero Member

- Posts: 1226
- Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm