Page 1 of 1

Vortex Verstelling

Posted: Mon Apr 08, 2013 12:26 pm
by PaulM
Hallo manne,

Ek wil gou julle mening hoor, asseblief. Ek het 'n Vortex Crossfire 3-9 x 50 teleskoop op my .243 gesit, en hierdie naweek
vir die eerste keer gejag met hom. Ek is uiters tevrede met die teleskoop, en die helderheid van die beeld is indrukwekkend.
Ek het egter gesukkel om die teleskoop in te stel. Op die verstelknoppe wys dit "1 click = 1/4MOA". As ek dit reg verstaan
beteken dit dieselfde as "1 click = 1/4 inch at 100 yards". Is ek reg?

Ek het die teleskoop aanvanklik ingestel op 25m, en toe ek na 100m gaan, skiet die geweer omtrent 3 duim links, en 3 duim
hoog. Ek stel toe 12 clicks af en 12 clicks regs. Skiet weer, en geweer skiet toe 3 duim laag en 3 duim regs. Ek dog toe ek
het êrens 'n fout gemaak, en stel weer 12 clicks op en 12 clicks links. Weer skiet die geweer 3 duim hoog en 3 duim links,
omtrent waar dit die eerste keer geskiet het. Ek stel toe 6 af en 6 regs, en daar is ek toe by die kol. Enige idees waar die
probleem lê? (Moenie bang wees om die drywer te kritiseer nie, ek kan dit vat... ;) )

Terloops, ek het my Brno .30-06 in 1989 gekoop en 'n Tasco 4 x 40 'Wide Screen' teleskoop opgesit. Ek skiet nog steeds
op 'n tiekie met die Tasco, en kan nie onthou watter jaar ek laas aan hom moes verstel nie. Laat iemand nou net weer 'n
skewe woord oor Tasco sê! ;D ;D

Re: Vortex Verstelling

Posted: Mon Apr 08, 2013 12:51 pm
by Arnold
Stel hy nie dalk in 1/2 moa per kliek nie?

Re: Vortex Verstelling

Posted: Mon Apr 08, 2013 1:00 pm
by PaulM
Arnold,

Dit lyk so, alhoewel dit duidelik op die scope staan "1/4 MOA".

Re: Vortex Verstelling

Posted: Mon Apr 08, 2013 1:31 pm
by MJK
Vortex is soos die ou tipe scopes. Skiet eers 3 skote todat die kruishaar "ingeskiet" word tot die regte verstelling.... Wel dit is wat die agent op Huntex vir my te se gehad het toe ek kla by hom oor die onbetroubare verstelling. In vandag se era is dit geheel en al onaanvaarbaar.

Re: Vortex Verstelling

Posted: Mon Apr 08, 2013 2:36 pm
by James Wilson
Paul, ek het die Vortex 6-20x. 50. Dit is die Viper reeks. Daardie scope stel 4clicks vir n duim op 100yards. As ek stel reageer die scope dadelik. Die scope is werklik baie helder en betroubaar. Ek ken nie jou reeks nie en miskien verskil die verstellings daar se afmetings, maar ek twyfel

Re: Vortex Verstelling

Posted: Mon Apr 08, 2013 2:43 pm
by Eugene
Paul, daai ou Japanese Tasco's was uit die boeke uit! Ek het self 2 van hulle! Dis hierdie nuwe chinese gemors wat nie die moeite werd is nie...

Re: Vortex Verstelling

Posted: Mon Apr 08, 2013 3:42 pm
by Zack Benade
James my ou vriend

Ek is tans besig om vir my 'n Vortex 6-20 x50 te koop. Ek wil nog net een aand top tussen hom en die PST.
Ek wonder of die PST die esktra geld werd is?

Re: Vortex Verstelling

Posted: Mon Apr 08, 2013 3:51 pm
by James Wilson
Zack, my vortex het n baie fyn kruishaar, dit is n plesier om met die scope ver skote te skiet of om die scope op die baan te gebruik. Let wel in die nag is daardie haar net te klein. Nou die scope is op my 300, en nagskiet en n 300 gaan nie juis saam nie, so dit maak nie saak nie. Maar nagskiet met daai kruis is n probleem

Re: Vortex Verstelling

Posted: Tue Apr 09, 2013 8:47 pm
by PaulM
Dankie vir julle terugvoer.

Anders as die verwarrende verstelling, is die teleskoop baie helder, en het dadelik gereageer met die verstellings.
Sal maar weer by die skietbaan draai, en nog bietjie speel.