Ek wil gou julle mening hoor, asseblief. Ek het 'n Vortex Crossfire 3-9 x 50 teleskoop op my .243 gesit, en hierdie naweek
vir die eerste keer gejag met hom. Ek is uiters tevrede met die teleskoop, en die helderheid van die beeld is indrukwekkend.
Ek het egter gesukkel om die teleskoop in te stel. Op die verstelknoppe wys dit "1 click = 1/4MOA". As ek dit reg verstaan
beteken dit dieselfde as "1 click = 1/4 inch at 100 yards". Is ek reg?
Ek het die teleskoop aanvanklik ingestel op 25m, en toe ek na 100m gaan, skiet die geweer omtrent 3 duim links, en 3 duim
hoog. Ek stel toe 12 clicks af en 12 clicks regs. Skiet weer, en geweer skiet toe 3 duim laag en 3 duim regs. Ek dog toe ek
het êrens 'n fout gemaak, en stel weer 12 clicks op en 12 clicks links. Weer skiet die geweer 3 duim hoog en 3 duim links,
omtrent waar dit die eerste keer geskiet het. Ek stel toe 6 af en 6 regs, en daar is ek toe by die kol. Enige idees waar die
probleem lê? (Moenie bang wees om die drywer te kritiseer nie, ek kan dit vat...
Terloops, ek het my Brno .30-06 in 1989 gekoop en 'n Tasco 4 x 40 'Wide Screen' teleskoop opgesit. Ek skiet nog steeds
op 'n tiekie met die Tasco, en kan nie onthou watter jaar ek laas aan hom moes verstel nie. Laat iemand nou net weer 'n
skewe woord oor Tasco sê!
