1.5 ha aangeplante weiding

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

1.5 ha aangeplante weiding

Post by douw »

Goeie naand

Ek wil graag so 1.5ha vestig met een of ander weiding. Ek wil dan skape en bokke daarop laat loop so twee ure per groep per dag.

Wat sal julle aanbeveel? Ons kry so 750mm/jaar en ek kan nog besproei ook, wel nie onbeperkte hoeveelheid nie.

Ek wil na die winter, Pannar se Sardi 7 lusern vestig op 'n stuk van so 9ha. Dit sal egter droëland lusern wees. Ek sal dit dan sny,baal en stoor

Ek hoor graag van julle.

Lekker aand
Douw
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by savage(P Coetzer) »

Douw, ek sal raaigras plant.
Anders sal konola ook baie goed werk maar sy saad is aansienlik duurder maar jy gaan net 3-5kg per ha van hom hoef te plant.
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by jamalley »

My 2c -Ek sal kyk na 'n meerjarige groen tipe weiding soos kukuyu (hoop my spelling is reg), maar rye gras sal baie goed aard met jou tipe reenval. Jy sal baie lekker wisselwieding kan toepas as jy die 1.5 ha ibn kleiner kampies opdeel met 'n gang waarin jy die skape kan afkeer en verskuif - daar was in die vroeg 80s 'n Dr van Pretoria wat 'n Isle de France stoetery op 5ha aangehou het op kukuyu - saad is net baie duur en fyn. As jy kans sien kan jy dalk van die ouens wat gras plant kry om vir jou stroke gras ongeveer 500mm uitmekaar te plant, dit sal binne 'n seisoen toegegroei wees in my opinie
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by savage(P Coetzer) »

Ons het so 3 weke terug n lang swenkgras mengsel onder besproeiing geplant.
Sal later kan sê hoe die oefening verloop het.
Ons het ook baie kikuyu onder besproeing en hy gee baie weiding maar hy is dors!
User avatar
Yalair
Hero Member
Hero Member
Posts: 917
Joined: Wed Dec 03, 2008 12:48 pm

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by Yalair »

Douw
Bel 'n saad agent soos bv pannar in jou area en vra meer uit, hulle sal jou goeie raad kan gee als gaan afhang van hoeveel water jy kan neersit, jou besproeing grasse soek so 20mm per week anners kan jy maar los. Ek het nou geplant eenjarige raaigras 25kg + stoelrog 15kg + assegaaiklawer 6 kg per hektaar werk baie goed maar hy is ook dors 25mm/week wat ek neersit.

Groete
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by douw »

Hallo julle

Dankie vir die raad sovêr. Ek het met iemand by Pannar gepraat, maar hy antwoord my vraag oor hoeveel water die verskillende tipes gras nodig het met: Hoe lank is 'n tou?

Ek kan nou uitwerk volgens wat Yalair hierbo sê: 20mm per week, dan kan ek slegs so 0.5ha besproei.

Ek sal weer met die ou van Pannar praat en hoor wat hy voorstel en dan dalk weer hier navraag doen daaroor.

Lekker aand
Douw
User avatar
douw
Hero Member
Hero Member
Posts: 1830
Joined: Sun Apr 03, 2011 6:52 pm

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by douw »

hallo Pine

Sal dit beslis doen. Baie dankie vir die raad.

Groete
Douw
junglejulian
Hero Member
Hero Member
Posts: 1226
Joined: Mon Mar 28, 2011 10:35 pm

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by junglejulian »

anders kontak vir gideon@1 op die forum.Hy is by weiding/veekunde van die landbou fakulteit by die Ufs.Hy sal verseker kan help of verwys na iemand.
bullseye

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by bullseye »

Douw jy sal n baie goeie kampstelsel moet he en n baie goeie doseerprogram moet hê, ek is amper seker die dokter na wie vroeer verwys is kon nie verder boer as gevolg van wurm probleme op weidings nie. Dit is nou as ek jou reg verstaan ,jy wil baie intensief bewei.Ek wil nie negatief klink nie maar maak net seker van voervloei en doseer program.
Ek hoop jy maak n groot sukses.

Groete
Bullseye.
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: 1.5 ha aangeplante weiding

Post by Foxcreek »

Ja-nee, pasop maar vir kikuyu. Dit is 'n "host" vir haarwurm(hulle oorwinter en leef al te heerlik op kikuyu), en ons weet hoe weerstandbiedig haarwurm kan word. Ek het al baie groot probleme met intensiewe skaapboerdery op kikuyu weidings gesien.
Post Reply