Page 1 of 1

9mm Kort data

Posted: Tue Apr 02, 2013 1:04 pm
by Adriaan Theron
Hallo almal

Ek laai al 'n hele tydjie vir my 243 en 30-06, maar sit nou hier met 'n probleem, my pa het my gevra om vir sy pistool 'n paar rondtes te laai, hy het soos 15 jaar laas en die papiertjie waarop sy resep was, het nou natuurlik weg geraak. Is daar dalk iemand wat ook vir hierdie pistool laai en watse kryt word aan beveel? Ek het nou al uitgevind dat die twee blikke 241 wat in die kluis lĂȘ nie gaan werk nie en dat 121 en MP200 die antwoord is, maar watse een sal die beste werk om 'n 95gr PMP Full Jacket deur die loop te druk?

Ek lees graag wat julle te se het.
Dankie

Re: 9mm Kort data

Posted: Tue Apr 02, 2013 1:58 pm
by Jean Marais
Hallo Adriaan

Hier is 'n link waar jy die inligting kan bekom waarna jy soek. Hoop dit kon jou help.

http://www.lambdacode.com/reloading/doc ... 2.htm#TOC2

Groete