Wil net die slim mense se mening hê oor watse punte goed sal werk vir die 6.5 x 284 met Lapua doppe en 50gr S385 kruit vir die jag van Springbokke en gemsbokke tot op so 400m? En of Harnad SST sal werk?
Luitste graag
PUNTE VIR 6.5 X 284
-
Boskettie
- Newbie

- Posts: 29
- Joined: Sat Feb 09, 2013 11:30 am
Re: PUNTE VIR 6.5 X 284
Hornady SST het baie goeie BC waarde, maw behoort baie goeie energie behoud te he op lang afstande. Die SST veroorsaak wel baie vleisskade. Kyk eerder na die Interbond of Hornady GMX. As jy van die Impala punte hou, probeer hulle.... in my ervaring is skootplasing met Impala punt meer krities en met baie min uitwendige bloeding wat spoorvat moeilik maak. Kyk selfs na Claw punte, maar gaan vir die spitzer, nie die ronde neus
-
Christoff Bosch
- Jr. Member

- Posts: 58
- Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am
Re: PUNTE VIR 6.5 X 284
Hallo Ou Voorslag
Ek jag self met die kaliber en gebruik die Hornady 123 gr A Max en werk baie goed vir my.
Ons jag baie in die kalahari en die punt het my nog nooit in die steek gelaat nie. Self op Gemsbok en Eland. My geweer het 'n 1 in 9 twist en ek gooi 53 grein S385 in.
Skiet bitter plat.
Groete

- jaracal
- Administrator

- Posts: 1890
- Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm
Re: PUNTE VIR 6.5 X 284
Ek het Hornady SST in my 7x57 gebruik en is die "bullet jacket" heeltemal te sag op veral groter wild. Die koeel breek baie op en veroorsaak baie vleis skade. Ek ondervind geen probleem op klein wild soos springbokke nie. Indien jy die spoed van die 7x57 in ag neem behoort jy nog meer probleme te ondervind met die 6.5 x 284. Ek gebruik bv interlock en interbond waar die interbond die beter koeel konstruksie het.
SST behoort baie goed te werk op afstande verder as bv 500m waar die spoed van die koeel baie afgeneem het en dan nie sal opbreek nie.
Groete
SST behoort baie goed te werk op afstande verder as bv 500m waar die spoed van die koeel baie afgeneem het en dan nie sal opbreek nie.
Groete
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter