hulp met herlaai van 45 acp met impala 155 gr brass punte

Plaas jou ladings hier. Die forum kan nie verantwoordelikheid aanvaar vir enige data wat gepubliseer word nie. So gebruik die inligting met oorleg en versigtigheid. Wat vir een vuurwapen werk is moontlik nie veilig vir 'n ander vuurwapen nie.
Post Reply
User avatar
varkjagter
Full Member
Full Member
Posts: 187
Joined: Wed Jan 11, 2012 12:24 pm

hulp met herlaai van 45 acp met impala 155 gr brass punte

Post by varkjagter »

naandse manne (lyk my hiers nie tannies op die forum)

is hier dalk iemand wat al impala se 155gr solid brass punte gelaai het .as daar manne is, wat is julle gevoel oor die punt en hoe haastig kan ek hom laat loop ?
wat sal die invloed van die brass punt op loop lewe he ?
ek beplan om hulle uit n desert eagle 1911 te skiet met n 5 duim loop

groete
varkjagter
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: hulp met herlaai van 45 acp met impala 155 gr brass punt

Post by JohanP »

Al wat ek kan dink is dat die patroon dalk moeilik sal voer of sal weier om te voer, weens die vorm van die punte. Die skerpes kan ek sommer sien gaan stoei in my colt 1911. Ek is nie baie vertroud met die Desert Eagle se interne werking nie. Daar is dalk van die ander koeël vorms wat kan werk, maar wat sal die rede/motivering wees om die Impalas te laai?. Dis te duur vir baanskiet, en daar is reeds vele gespesialiseerde hol punt koeëls en patrone op die mark, vir die doel van self beskerming. EK weet nie of Impalas soveel beter gaan werk nie.

Ek het fabrieks gelaaide hol punt patrone gekoop wat "+P" ge laai was, en dit het nie gewerk in my pistool nie. Gedurig storing veroorsaak deur te veel energie in die aksie. Ek het die punte getrek en ge herlaai na laer spoed toe, en die probleem was opgelos.

Groets
Post Reply