Stowwerige skaapkraal

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
bonzo
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Feb 21, 2013 11:00 am

Stowwerige skaapkraal

Post by bonzo »

Het van julle manne raad vir 'n nuwe kraal wat maar redelik erg stof?
Ek wil nie graag met ou olie en sulke goed mors nie.
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by Kalahari »

Bonzo

Ek dink as jy die kraal wil 'n vloer van sement gee is dit jou enigste permanente oplossing en seker dalk ook nie. Ek laai maar altyd my hoedruk brandpomp en 500l water en spuit maar nat voor ek die skaap injaag. Dit doen ek maar net by my laaibank se kraal, die ander krale eet ek maar stof.
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by Jacques Kotze »

Jis Bonzo
Meeste van my boere wat sulke probleme het, het sommer hierdie gewone grasperk spreiers gebruik. Hulle vat 2 en monteer hulle permanent op 2 hoeke van kraal en is klaar gekoppel aan duim of 20mm swartpyp. Neem net elke keer voor begin werk 'n klein pompie en 250liter drom saam vol water en pomp gou vinnig dai water uit deur spreiers. Kraal is lekker klam maar nie sopnat nie en probleem opgelos. Dit werk vinnig en kos net dat jy bietjie moeite voor die tyd doen.

Groete
Jacques
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by tokjak »

volstruis mis wat hard geword het na reen , raak op die ou end een harde bank

weet nie sal dit werk nie

ek ry party maal growwe riviersand in
bonzo
Newbie
Newbie
Posts: 5
Joined: Thu Feb 21, 2013 11:00 am

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by bonzo »

Dankie ouens
Ek dink ek moet belê in die spreiers.

Bonzo
User avatar
tau
Hero Member
Hero Member
Posts: 3963
Joined: Sun Feb 21, 2010 11:07 pm

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by tau »

Ek het my hoof kraal uitgele met halwe bakstene. ek het nou sommer lekker skoon mis vir die tuin ook. Ek het by die ander 2 krale maar ook stof probleem maar ek werk niskaap daar nie hulle slaap net daar om vir die Luiperd en rooikatte weg te kruip snags.
User avatar
Brand
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Sun May 02, 2010 12:49 pm

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by Brand »

Bonzo

Daai Spreier ding werk baie lekker.Hier by ons word nogals baie veilings ge hou en almal sit maar dai spreier op.Dit vergemaklik net so alles.Net voor jy gaan werk sit jy spreiers aan en laat loop so vir n tykie.Dan werk n man sommer met n smile!!!!!!!!!!!!!
Christoff Bosch
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 58
Joined: Thu Mar 03, 2011 7:57 am

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by Christoff Bosch »

Ek het 'n gruis gat by my en het 'n TLB vir 5 ure gekry en het nou genoeg gruis vir 2 jaar. Het krale en werf met fyn gruis gegooi en hou stof mooi weg. Werk vir my! Groete
User avatar
Geurt
Newbie
Newbie
Posts: 30
Joined: Sat Aug 10, 2013 2:13 pm

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by Geurt »

Bonzo,
So vinnige pm gestuur, maar wil net eers seker maak, is dit Bonzo soos in "Bonzo" Renier van Rooyen? ;) >:+

Okay, daar kan dalk so paar oplossings wees wat julle boere kan oorweeg:
1. Daar is stofbeheer polimere wat die padbouers gebruik, wat julle kan meng met water, die kraal kompakteer en dan die polimeer oplossing spuit op die kraal vloer. Koste in die orde van R40 tot 60/m^2 maar dit werk werklik goed. Dit word oral in die hoeveld gebruik op plase waar daar steenkool gemyn word en die groot trokke op grondpaaie beweeg met swaar vragte steenkool.

2. Indien jou gronde genoegsame klei inhoud het (meer as 14%), kan jy eenvoudig die kraal se boonste 150mm laag redelik los maak, water byvoeg, maar die hoeveelheid is belangrik. As dit te droog is dan will dit nie kompakteer nie en as dit te nat is dan brei dit en wil ook nie kompakteer nie. Die hoeveelheid is in 'n orde van ongeveer 15 to 18% van die volume van die grond. Nadat jy gespuit het, meng die klamp grond baie goed deur en kompakteer dan deeglik. Julle almal het gewoonlik handkompakteerders op die plase en sommige het selfs goeie "wackers" of julle kan dalk sulke goete gaan huur. (Op 1 vierkante meter, 150mm laag, 14% klei, wil jy sowat 15 liter water spuit, meng en dan kompakteer)

3 As julle gronde baie sandering is, kan jy kompaksie verbeter deur die grond met sement te meng en dan 'n grond te "maak" wat ons "soilcrete" noem. Jy meng 'n sekere hoeveelheid sement in die grond, benat dit dit matig en kompakteer dan die spul in 'n harde laag. Die mengsel is so bietjie moeiliker omdat mens moet seker maak jy maak nie 'n pleister mengsel aan nie (sand met baie sement). Probeer dalk so toets plek erens en kyk. Begin dalk met sowat 5% volume mengsel, benat net om klamp te maak, plaas en en kompakteer. Toets dan en besluit wat jy wil doen in die krale. Jy kan ook klei inbring en meng met die sand en dan kompakteer. Die ouens wat damwalle bou gebruik by voorbeeld 'n klei met die naam "Bentonite" om plekke waar die dammateriaal nie lekker gaan werk nie, om "klei" kerns te "vervaardig" om damme meer dig te kry. Kostes kan hoog wees sowat R100 tot 150/m^2 as jy Bentonite gebruik.

4 Soos Mnr Bosch genoem het net hierbo, berei dalk vloer van kraal voor deur sowat 100 tot 150mm bogrond te verwyder, ry dan goeie padgruis in (leengroewe oral langs die gruis paaie, maar onthou dit behoort dalk aan die pad administrasie), plaas en kompakteer ook goed. 'n Baie goeie oplossing vir beide areas met te veel klei en te min klei.

Bogenoemde metodes behoort jou 'n harde kraal vloer te gee en daarna hoef jy net so bietie mis in te bring en dit dan te benat om redelik stofloos te kan werk. As jy stofbeheer op die vloer van die kraal wil doen, het navorsing getoon dat jy ongeveer 2 tot 3mm wil neersit per dag of dan per kraal werk aksie. Omgekeerd, kom ons se 2.5mm, dan benodig jy 2.5 liter water om elke 1 m^2 te benat vir stofbeheer.

Kyk of dit jou kan help Bonz >:D

Groete
Geurt Bloem
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13647
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: Stowwerige skaapkraal

Post by Geno »

Goed, beter, 6millimeter!
Post Reply