Page 1 of 1

MEOPTA

Posted: Mon Aug 23, 2010 2:44 pm
by raychell
Is daar iemand wat met Meopta teleskoop skiet ? en wat is jou ondervinding?

Re: MEOPTA

Posted: Mon Aug 23, 2010 2:47 pm
by Geno
My eks-meisie se pa het een op sy 30-0kwes en hy's baie tevrede met hom. Ek hou net nie van die feit dat die kruisie dikker word as jy zoom nie, dalk het nie al die Meoptas dit nie.

Groete,
Eugene

Re: MEOPTA

Posted: Mon Aug 23, 2010 4:10 pm
by BLOK
Geno

Ek sou weer dink jy laaik daai dukker kruishare op jou meisie se pa se nul kwes, kan dalk help as jy hom kwaat maak dan skiet hy jou mis ipv kwes.

Blok.

Re: MEOPTA

Posted: Tue Aug 24, 2010 7:22 am
by raychell
Baie dankie
Ek weet Hein was baie tevrede met sy Meopta,twee ander manne voel dieselfde die een het n 3-12x50 Swarofski en se daar is geen optiese verskil nie.

Re: MEOPTA

Posted: Tue Aug 24, 2010 8:16 am
by Geno
BLOK wrote: Geno

Ek sou weer dink jy laaik daai dukker kruishare op jou meisie se pa se nul kwes, kan dalk help as jy hom kwaat maak dan skiet hy jou mis ipv kwes.

Blok.
Ja-nee Blok, daai toppie kan met 'n roer gooi, soos jy se, dalk 'n goeie ding dat die kruisie dikker word...

Groete,
Eugene

Re: MEOPTA

Posted: Tue Aug 24, 2010 8:58 am
by KSV
Raychell,

Iemand het my eenkeer gese ek moet kyk vir hulle op my 375.  Hy se hy het nog nooit een gekry wat stukkend geskop is nie.  O ja dit was Oom Gerard van GS.

Hein

Re: MEOPTA

Posted: Tue Aug 24, 2010 9:44 am
by raychell
Ek was so twee weke terug in 'n geweer winkel in Mosselbaai.Na ek na al die scopes gekyk het se die geweersmid dat by vere die Meopta die duidelikste is maar hy het nie een daar om deur te kyk nie.Die 3-12x 56 met verligte kruishaar (nes die Lynx slegs die kolletjie) se kruis verdik ook nie.

Re: MEOPTA

Posted: Tue Aug 24, 2010 10:11 am
by Francois Marais
Raynie

Ek het n Meopta verkyker, optics is selle as Swarofski.

Mooi loop
Francois

Re: MEOPTA

Posted: Sun Nov 28, 2010 3:59 pm
by Freddie101
Almal
Het rukkie terug vir my Meopta teleskoop gekoop. Dit is meostar R1r 3-12 by 56. Nadat ek bietjie opgelees het op sy website en terugvoer in amerika op cabelas se website daroor gelees het. Hierdie model word in die Chech Republiek gemaak in hulle fabrieke ( maatskappy bestaan al van1933 af. Maak allerhande optiese produkte.

Tot dusver is ek baie tevrede met die teleskoop.
Is baie duidelik. As ek hom en my ou lynx 8 by 56 langs mekaar sit kan jy duielik die beter beeld van die meopta sien. In die nag ook baie duidelik. Het die ander aand duidelik die swart rug van jakkals op 360 m gesien( rangefinder). Ek weet party aande kan mens verder sien as ander maar nogtans net n waarneming.  Die teleskoop lyk baie stewig gemaak. Die maatskappy het ook militere teleskope in die oosblok gemaak.    
Image

In my opinie n baie goeie teleskoop sonder fieterjasies wat lekker werk vir nagjag. Die een het nr 4 retikel. Kruishaar is baie dun met dik posts buite. Het gedink sal bietjie sukkel in nag om te sien . Maar geen probleem. ek sien hom mooi. Sover het point of impact mooi op een plek gebly.
Sal hom enige tyd aanbeveel . Het hom vir so R6700 deur Raynie gekry. Vra hom uit as jy meer wil weet.

groetnis Freddie

Re: MEOPTA

Posted: Tue Nov 30, 2010 11:35 am
by tafjak
Freddie

Sien jy het ietsie van jou Meopta kwytgeraak, maar kan dit nie nou dadelik in die hande kry nie en reageer hier.

Ek het nog nie deur die 44optiese lens-modelle gekyk en geskiet nie, maar het darem al kans met die 7x50 van vriend gehad en met Raynie se 3-12x56 op die Dasher geskiet(natuurlik mis, soos net ek kan). Die beeld natuurlik wonderlik en kon springhase tot 305meter id(daar was nie hase verder as dit). Lyk ook of dit 'n solide stuk is en hou van die fokus verstelling op die oogstuk, lekker gou en die kruishaar is ook gr?nd. Kon tot met my swak sig die haar maklik sien en gebruik.

Werlike goeie teleskoop en as jy die prys sien, wil jy dadelik een h?.  Lyk op druppel na die Duitse optiks, seker maar ook daarvandaan.

Re: MEOPTA

Posted: Tue Nov 30, 2010 2:22 pm
by Stefan764
My pa het n Meopta op sy 308, baie tevrede met hom...