Page 1 of 1

.375 Ruger Barnes 270gr TSX

Posted: Thu Feb 21, 2013 11:49 am
by tau
Dagse manne

Nuwe lading so nuwe topic om dit makliker te maak vir die manne wat soek vir ladings.

Ek wag nou eers vir die koeler weer voor ek met die GS customs 200gr en S321 aangaan. Tans is dit nog te warm by ons.

Al my informasie is met my Ruger M77 Alaskan 20" loop. So onthou my spoed is altyd so bietjie minder as die 23" loop gewere.

Wouter het my gehelp met die begin lading van 68gr Sonchem S 355 Node spoed is 2550fps.
My MAX TPL is 88mm, ongelukkig laat die magasynkas slegs net 86.78mm toe en as die rondtes lekker cycle is 85mm jou max met die Barnes koels. Ek het dus op 85mm begin, maar meeste manne vind 84mm TPL is waar hulle akkuraatheid bereik. Ek sal eers my spoed kry tot 2550fps en dan die TPL afbring mt 0.5mm inkrimente.

Ek het gisteraand na werk drie skote gaan skiet met die begin lading om te sien waar my spoed is en of die druk vlakke reg voel en of die rondtes kan cycle deur die aksie. Alles het mooi glad geloop en die recoil was minimaal. Spoed is nog bietjie laag en die akkuraatheid nog bietjie versprei so ek gaan my spoed eers soek en dan my TPL afbring.

Ek het op 100m geskiet aangesien my dot scope nie juis verder "groepe" sal kan skiet nie.
Image

Skoot 1
Image

Skoot 2
Image

Skoot 3
Image

Groep meet nie great nie, maar tenminste bly my vertikale lyn konstant.

Enige aanbeveeling word waardeur.

Lekker dag
Tau

Re: .375 Ruger Barnes 270gr TSX

Posted: Fri Feb 22, 2013 9:11 am
by Wouter Roets
Hallo John

Jy se nie wat se primer jy gebruik het nie. Ek het gevind in n paar gewere dat die normale magnum primers die rede is vir die lae snelhede. Die oomblik toe ons oorslaan na Fed se 215 toe het dinge meer in lyn begin beweeg met QL se voorspellings. Dit gebeur ook baie dat spoed begin optel namate mens meer in die 55 000psi en hoer drukvlakke begin in beweeg met normale magnum primers. Indien jy nie die Fed kan kry nie kan jy dit probeer.

John nog n ding is dat spoed lesings baie kan wissel van middel van die dag(wat aanbeveel word) en vroeg oggend en laat middag lesings. Onthou hierdie is belangrik en eintlik al waarop ons kan gaan met die node program. Ek het nog altyd gevind dat die spoedlesings verkry in vroeg oggend en laat middag gewoonlik laer is as in die middel van die dag.

Groetnis
Wouter

Re: .375 Ruger Barnes 270gr TSX

Posted: Fri Feb 22, 2013 10:31 am
by tau
Hi Wouter

Ek gebruik die Federal 215 primers.

Dankie
Tau

Re: .375 Ruger Barnes 270gr TSX

Posted: Sun Mar 24, 2013 6:39 pm
by tau
Jis manne ek het die lading so tydjie terug klaar ontwikkel.

toe ek begin het het ek gehoop om 2550fps te kry uit my 20" loop.

Ek het na my eerste begin ladings en skiet met 68gr om vas te stel waar ek was met spoed 69gr, 70gr ,70.5gr en 71gr gelaai.

69gr
1. 2402 fps
2.2398 fps
3. 2402 fps

70gr
1. no reading
2.2442 fps
3. 2437 fps

70.5gr
1.2446 fps
2. 2464 fps
3. 2460 fps

Ek het nog 71gr ook gehad, maar op 70gr het ek 1'' groep gekry en op 70.5gr het ek gevoel daar is te veel druk en die slot het nie lekker oop gemaak vir my nie. Weereens ek skiet gewoonlik my gewere ver onder maks en net die GS customs 200gr wat ek met die .375 Ruger skiet wat ek spoed jaag.

Die recoil is met die lading bitter min en ek dink die 270gr TSX teen 2445 fps sal meeste diere in die bos mooi neer sit. Ek het darem nou 50 van die rondtes in my ammo bokx so as ek die roer wil gebruik of gaan skiet kan ek:)

Ek het gister nuwe S321 gaan koop en het klaar nuwe ladings gemaak om die GS customs ook te kan skiet.