Nuwe lading so nuwe topic om dit makliker te maak vir die manne wat soek vir ladings.
Ek wag nou eers vir die koeler weer voor ek met die GS customs 200gr en S321 aangaan. Tans is dit nog te warm by ons.
Al my informasie is met my Ruger M77 Alaskan 20" loop. So onthou my spoed is altyd so bietjie minder as die 23" loop gewere.
Wouter het my gehelp met die begin lading van 68gr Sonchem S 355 Node spoed is 2550fps.
My MAX TPL is 88mm, ongelukkig laat die magasynkas slegs net 86.78mm toe en as die rondtes lekker cycle is 85mm jou max met die Barnes koels. Ek het dus op 85mm begin, maar meeste manne vind 84mm TPL is waar hulle akkuraatheid bereik. Ek sal eers my spoed kry tot 2550fps en dan die TPL afbring mt 0.5mm inkrimente.
Ek het gisteraand na werk drie skote gaan skiet met die begin lading om te sien waar my spoed is en of die druk vlakke reg voel en of die rondtes kan cycle deur die aksie. Alles het mooi glad geloop en die recoil was minimaal. Spoed is nog bietjie laag en die akkuraatheid nog bietjie versprei so ek gaan my spoed eers soek en dan my TPL afbring.
Ek het op 100m geskiet aangesien my dot scope nie juis verder "groepe" sal kan skiet nie.

Skoot 1

Skoot 2

Skoot 3

Groep meet nie great nie, maar tenminste bly my vertikale lyn konstant.
Enige aanbeveeling word waardeur.
Lekker dag
Tau

