Bloutong

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
mw
Full Member
Full Member
Posts: 124
Joined: Tue Dec 11, 2012 8:58 pm

Bloutong

Post by mw »

Naand almal,

Wat se raad het julle vir my vir bloutong onder die skape, ek het al twee verloor oor die naweek en daar is n klomp wat seertjies begin maak.

Ek kan nie spuit nie, ooie is almal dragtig! Ek spuit almal maar met little's fluid en supermitrien om die muggies weg te hou! Ek kan dit nie verstaan nie, ek het nog nie baie reen gehad nie en die skaap loop nie in n vlei kamp nie!

As dit nie ongediertes of 2 been jakkalse is nie, is dit een of ander pes, n boer vat altyd houe!!!!!

Groete
MW
User avatar
vlakvark1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1568
Joined: Sun Mar 18, 2012 6:28 pm

Re: Bloutong

Post by vlakvark1 »

vlakvark en bosvark Bvk
Dawie Malan
Hero Member
Hero Member
Posts: 843
Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am

Re: Bloutong

Post by Dawie Malan »

Ek het met 'n meisie uitgegaan wat bloutong gehad het. Sy het my altyd beskuldig dat dit ek is wat dit vir haar gegee het...

>:D
johans
Hero Member
Hero Member
Posts: 1446
Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm

Re: Bloutong

Post by johans »

MW ek het my skaap nog die heel somer kerol en sout gegee,ons het darm al so 350mm gehad en ekt nog net een aan bloutong verloor.weet nie of dit werk nie maar ek glo nogal aan die kerol om muggies weg te hou en dit maak party inwendige parasiete ook dood.die kerol maak die skaap se bekke sommer so swart.ekt laasweek ook al my lammers se koppe gesmeer met daai bosluisgrease gemeng met stokholmteer,dit reen darm nie so maklik af nie.dis dalk ou boererate maar gaan kyk wat kos bloutong entstof r3-33 per skaap en dan is daar nog skaap wat vrek van bloutong nadat hulle gespuit is.hiermee se ek nie moenie bloutong spuit nie maar sover werk dit vir my
Danie Lombard .243

Re: Bloutong

Post by Danie Lombard .243 »

En dan aborteer dragtige ooi ook nog van die bloutong entstof.
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 828
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: Bloutong

Post by Lamtjop »

MW.
Het al Kerol en als gebruik, vir my die beste is Pouracide( daai vir die beeste) 1ml op elke horingknop en 1 ml op kruis. Dis reën vas en hou so 3 weke. Vir siek skaap Terramycin en 6 Disprins, moenie siek skaap aanjaag nie, dis die vinnigste wat hy vrek. Groete
Wayne
Hero Member
Hero Member
Posts: 1007
Joined: Sat Mar 24, 2012 5:36 pm

Re: Bloutong

Post by Wayne »

MW, try a teaspoon of methelated spirits per sick sheep, or the disprins and keep them in the shade. I still do A then B then C and have the odd losses, but the meths has saved a few. Check with your vet, but I am sure that it won't effect pregnant sheep. Well if it aborts but lives, is better than it dying.
Good luck
Wayne
Reivilo308
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 57
Joined: Tue Oct 16, 2012 12:15 am

Re: Bloutong

Post by Reivilo308 »

Gebruik 1ml dexamethazone en 4ml duplocillin. Al jou skape behoort dit te oorleef as jy dit vroeg optel. Dexa kan gelukkig nie n skaap maak abborteer soos in beeste nie. Dazzel moet dan weekliks met n knapsak op die kaal vel gedeeltes van die skaap gespuit word om miggie byte te verminder. Hou die skape weg van nat kampe. En loop die skape tussen beeste indien moontlik want beeste kry slegs subkliniese siekte en die miggies verkies beesbloed. Sterkte! En onthou om in die lengte te ent!
User avatar
Jacques Kotze
Full Member
Full Member
Posts: 119
Joined: Tue Apr 12, 2011 2:54 pm

Re: Bloutong

Post by Jacques Kotze »

MW
Ek is 'n dieregesondheidstegnikus wat werk vir Veeartsenydienste
Ek het in Februarie hier in Namakwaland bitter baie bloutong gevalle gehad onder die boere se vee. Ons kry dit elke jaar erg in Februarie as daar in die Desember lekker reën geval het. Meeste van my boere het ook redelik lusern lande in die besmette gebied se area en as hulle nie besig is om te besproei nie dan baal hulle, maar die sproeiers loop maar erg en dit is gewoonlik wat die muggies lok. Muggies word deur die wind aangehelp na ander plase en daar is nog ander faktore wat kan veroorsaak dat hulle by jou uitgedop het.
Die raad wat almal gee is goeie raad. Hierdie is wat ek voorskryf vir my boere siende dat dit die goedkoopste is en dit werk!!!
Belangrik om te onthou dat as jy die koors gebreek het dan is jou kans om die ooi gesond te kry baie goed.
1. Sit dadelik in skaduwee. Die dier het koors en die son en koors gaan glad nie saam nie
2. Gee disprin soggens en saans in vir ongeveer 3 tot 5 dae (Disprin breek die koors en verlig die pyn op die hoefkrone wat maak dat diere lê)
3. Dadelik langwerkende antibiotika of penisillen vir enige sekondêre komplikasies wat mag ontstaan.
4. Sagte kos (maak lusern nat) en water (Die dier se bek is vol sere en enige harde lusern of ander harde kos sal nie so aangenaam wees nie).

Om in te ent as die siekte uitbreek gaan jou niks baat nie. Die entstof neem ongeveer 10 dae om volle sterkte en immuniteit te bereik in die liggaam en teen dai tyd is die vrektes al verby. En jy moet 3 maal inent. Baie keer weet jy nie watter diere is dragtiug nie en dan aborteer hulle omdat jy 'n lewendige entstof toegedien het. Ent eerder jou diere voor die dekseisoen of lank genoeg voor gevaartyd. Die diere wat nie geënt is nie kan weekliks in gevaartyd met iets soos Dazzel of enige ander produk wat jy sommer in 'n kraal oor die rug kan spuit met rugsakspuit. Dit behoiort muggies weg te hou. Hierdie diere sal meesal jou vorige jaar se jong ooitjies wees.

Baie meer as dit ou maat, kan jy nie juis doen nie.

Groete
Jacques
User avatar
tokjak
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 331
Joined: Mon Apr 11, 2011 12:45 pm

Re: Bloutong

Post by tokjak »

doseer ook vir haarwurm [iets met nawerking] n groot besmettiining kan die immuunsisteem n knou gee en diere vatbaar maak vir meer siektes as gewoonlik
User avatar
cg rossouw
Full Member
Full Member
Posts: 227
Joined: Sat Apr 07, 2012 8:31 pm

Re: Bloutong

Post by cg rossouw »

Ek ent vir die laaste 10 jaar glad nie bloutong nie, elke week in die somer en na reen spuit ek my diere goed nat met dazzel en tot nou toe geen gevalle gehad nie.

Werk vir my hoop jy kom reg.

Groete CG

My buurman sê ons moet kyk na die datums wanneer die entstof gemaak is, as die datum op n Maandag en Vrydag val los uit, Maandae het die mense babbelas en Vrydae is hulle haastig vir naweek
PWV
Hero Member
Hero Member
Posts: 7343
Joined: Sun Jul 15, 2012 6:21 pm

Re: Bloutong

Post by PWV »

Dawie Malan wrote:Ek het met 'n meisie uitgegaan wat bloutong gehad het. Sy het my altyd beskuldig dat dit ek is wat dit vir haar gegee het...

>:D
Dan kan jy mos goeie raad gee! Kan nogal raai hoe sy die blou tong opgedoen het!
Post Reply