Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
-
Babbelas
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Sat Jan 12, 2013 12:36 pm
Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Ek het opgelees oor die punt en dit lyk na n lekker jag punt. Het iemand al met so punt gejag want die toetse met die punt lyk baie goed? Wat is die punt se nadeel?
- Varminter-308
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Babbelas
Die punte werk net soos Barnes X. ( so hy moet werk )
Sal nie weet van nadele nie.
B.C. is ook baie goed maar sal slegs vir jou tel van 250m +
Groete

THOMAST
- Hero Member

- Posts: 1892
- Joined: Mon Nov 08, 2010 11:19 am
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Hy moet dan ten minste 0.050" weg van die lande gelaai word, soos die ou oorspronklike BarnesX koeëls, om die graverings druk te verlaag.
As hy van dieselfde koper as die Barnes'e gemaak is, kry vir jou 'n goeie koper skoonmaker.
As hy van dieselfde koper as die Barnes'e gemaak is, kry vir jou 'n goeie koper skoonmaker.
-
Babbelas
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Sat Jan 12, 2013 12:36 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Ja op 300m maak dit n'verskil vam 475j teen dieselfse spoed as die pro-hunt van sierra wat ek nou mee skiet so ja dit lyk my dit maak n'groot verskil aan slaankrag!!
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Ek hou van Nosler produkte maar van wat ek kon raak lees op die internet is daar baie beter opsies daar buite. Barnes TSX, Horn GMX en GSCustom.
- Varminter-308
- Full Member

- Posts: 219
- Joined: Mon Nov 05, 2012 2:02 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Stem saam hiermee.Carl wrote:Ek hou van Nosler produkte maar van wat ek kon raak lees op die internet is daar baie beter opsies daar buite. Barnes TSX, Horn GMX en GSCustom.
Barnes se koper in die loop is darm nie so erg soos daai Impala punte nie.
Groete
-
Babbelas
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Sat Jan 12, 2013 12:36 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Het een van julle al met Nosler se E-Tip gejag? Die 150gr het in die toetse wat ek gesien het slegs 2% gewig verloor en baie mooi oopgemaak met impak hoe vergelyk dit met die Barns TSX punt? Vermoed julle dat die E-Tip meet koper in die loop sal agterlos as die Barns TPX? Die E-Tip gan baie harder as die 150g TPX punt slaan veral op 300m.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Nee ek het nog nie. ek wou en het op die Amerikaanse forums gelees die manne is nie beindruk nie. Nosler het hier 'n produk vir California ontwikkel. Maar die manne slaan nie bommelakisie daaroor nie.
Met vandag se goeie skoonmaak middels is koper nie 'n probleem nie. As dit is koop GSCUSTOM daar in PE.

Hoekom sê jy so?Babbelas wrote: Die E-Tip gan baie harder as die 150g TPX punt slaan veral op 300m.
- Arnold
- Hero Member

- Posts: 8010
- Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Carl, dit gaan seker oordat daar meer energie oorbly omdat hy 'n beter BC het
-
Babbelas
- Newbie

- Posts: 41
- Joined: Sat Jan 12, 2013 12:36 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Ok dit maak sin! Ek sal maar dan kyk of my 308 met hul wil saamwerk! Dankie!
-
Wouter Roets
- Administrator

- Posts: 7559
- Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Hallo Manne
Een van die redes hoekom Barnes TSX veral goed werk in ligter koeels is dat hy vier petals maak en daar plek is vir die media om deur te beweeg gedurende die penetrasie fase. Die frontale gebied is dus kleiner wat op sy beurt minder weerstand bied as koeels wat ontwerp is om n soliede gesig te vorm soos bv die Nosler E-Tip en Hornady se GMX. Ek het n probleem as n koeel nie op n kant aangesig skoot deur die teikendier kan penetreer nie. Hierdie is baie die geval op beide die laasgenoemde koeels.
Ek se nog steeds Nosler was gedruk vir n loodvrye koeel en ek voel nog steeds nie dat hulle die beste produk uitgebring het as jy hulle uitstekende trackrecord ingedagte hou met ander koeels nie. Hulle kon beter en ek sal nie verbaas wees as ons in die toekoms n nuwe produk op die mark van hulle sien nie. Drukgroewe of bande is die pad om te gaan met mono koeels en ek dink nie deur die die koper sagter te maak is die oplossing nie. Die probleem daarmee is fouling wat baie verhoog. Drukbande of groewe spreek dit aan.
Groetnis
Wouter

Dit maak baie sin wat jy se, maar ek het nou al n paar toetse gekyk met die 150gr E-Tip en dit het sleks 2gr verloor en baie mooi oopgemaak selfs teen n baie hoe spoed? Jy kan self van die toetse gan kyk op youtube en dan se wat jy dink!
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Babbelas
Sedert ek Etips ontdek het is dit al wat ek vir my lang skote gebruik op my 308 Norma Mag. Ongelooflike koeëls daai, en ek ervaar nie groter drukprobleme of meer fouwling in my geweer nie, en hulle is darem goedkoper as Barnes, wat self ook 'n baie goeie koeël is. Ek skiet 180gr Etips so teen 2936-2950fps, hulle groeppeer sub MOA op 100m en vleisskade is minimaal.
Ek is baie tevrede met hulle.

Kolskoot groete!!
Jean Marais (Centurion)
(“Logic will get you from A to B. Imagination will take you everywhere.” - Albert Einstein)

KC
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Babbelas,
Probeer gerus daai E-Tips.
Ek skiet met 168gr uit my 30-06 en ek het nie probleme met hulle.
Ek seat net biedjie dieper as wat Nosler se so 3mm vanaf die groewe eerder as die max2.28 wat Nosler se. Dit het my skote 10fps uit mekaar gekry met die dieper seat.
Hoe dieper jy seat hoe minder word die druk en hoe stadiger skiet jy die E-Tips met die gevolg ek moes toe magnum primers aanskaf om biedjie die skoot warmer te kry vir meer spoed anders het ek uit dopvolume gehardloop om die punt tot by 2800 te druk.. Sal eendag as ek weer tyd het biedjie vlakker seat en kyk wat gebeur. 1.5mm van die groewe het nie gewerk nie.
Seker maar ook n faktor van hoe diep die groewe van die geweer le. Ek moet redelik diep seat om mee te begin.
Soos Jean Marais se ek ondervind nie koper neerslag in die loop. Die koeele is gemaak van guilding metal koper mengsel. Dalk amper soos die jackets van hulle ander produkte wat my ook geen koper in die loop gee of so min ek weet nie daarvan en hulle is baie akuraat. Mens werk maar om die probleme as jy daar kom as die goed nie groep.
Groete
Kobus

So ek laai my .308 Sako met 52gr S341 en n 150gr Nosler BT @2969 maar die punt sal ek verder van die lande af moet laai so my spoed sal dan afkom? My TPL is 72mm met die Nosler BT. Ek het met 53.5gr S341 3058fps 3044fps 3072fps op 300m met n ligte dwarswind n 6duim gong al drie die skote raak geskiet maar die druk lyk te baie met daai lading.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Jy gooi S341 sien ek. Wat ek geleer is .308 se kos S335 veral in die 150-168gr koeel klas. Jy kry n baie hoe spoed. Hoeveel duim is jou loop? Oor die algemeen hardloop 150gr so 2800fps uit n 308. En as jy die koeel dieper seat moet die druk opgaan veral as jy nie die lading afbring.
-
KC
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Onthou biedjie dit,
Ons praat hier van n solid . Jy seat hom dieper om die graferings druk af te bring wat jou snelheid maklik met 100 fps sal afbring as hom met 1.5mm dieper seat.
So nou is dit tyd om die lading aan te pas. Nie soos sommige ouens beweer na die dieper seat moet jy gladnie die lading aan pas. Dit is soms tog nodig en wel in die geval.
Sal seker nie met alle gewere presies deiselfde hoeveelheid wees maar dit is hoe dit werk.
QL sien ek wys andersom. Dit is ook n programmetjie wat ek ook nou stof laat gaar in my pc se harde skyf.
Ek met my chroronie het dit nog altyd gevind soos ek dit genoem het en so ook van my vriende wat al donkiejare ondervinding het.
Miskien sal dit wys wes vir enige ou om liewer met n chronie lading ontwikkeling te doen met n solid want jy sien gou jou alie met te hoe druk as jy hom te vlak seat.

Babbelas wrote:So ek laai my .308 Sako met 52gr S341 en n 150gr Nosler BT @2969 maar die punt sal ek verder van die lande af moet laai so my spoed sal dan afkom? My TPL is 72mm met die Nosler BT. Ek het met 53.5gr S341 3058fps 3044fps 3072fps op 300m met n ligte dwarswind n 6duim gong al drie die skote raak geskiet maar die druk lyk te baie met daai lading.
Babbelas,
Ekskuus, ek maak jou nou deurmekaar ek dog ons praat val solids in die post ek sien jy skiet BT's. Pas jou lading aan met die BT's want dit is nie n solid.
Na jy die beste groep uitgesort het met jou lading dan kan jy met seating diepte speel en as dit nodig is die lading aanpas wat meer keer nie nodig mag wees met jacket lood koeel
Groete Kobus
- DWB
- Hero Member

- Posts: 6973
- Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Ek wil nou nie inmeng nie, maar ek dink mens moet eerder praat van monolithics as solids, solids is goed wat nie oopmaak nie en op grootwild moet gebruik word.......
Impala is ook seker dan 'n solid van soorte

Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"

- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Gaan loer asb. na die Somchem tabelle en jy sal sien dat met 24 duim loop en 150gr koeël vir die 308 hulle maksimum 47,5gr aanbeveel vir max spoed van 2805vps. Jy het nie looplengte genoem nie, maar die kanse is dat jy die drukvlakke met baie oorskry.Babbelas wrote:So ek laai my .308 Sako met 52gr S341 en n 150gr Nosler BT @2969 maar die punt sal ek verder van die lande af moet laai so my spoed sal dan afkom? My TPL is 72mm met die Nosler BT. Ek het met 53.5gr S341 3058fps 3044fps 3072fps op 300m met n ligte dwarswind n 6duim gong al drie die skote raak geskiet maar die druk lyk te baie met daai lading.
- LUAN
- Hero Member

- Posts: 3126
- Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Dit sal nice wees as Nosler daardie bc uit die bt of cc kan kry. Will nou nie die Etip gebruik vir papier skiet nie.
-
KC
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
DWB wrote:Ek wil nou nie inmeng nie, maar ek dink mens moet eerder praat van monolithics as solids, solids is goed wat nie oopmaak nie en op grootwild moet gebruik word.......
Impala is ook seker dan 'n solid van soorte
DBW,
Ek dink jy is dalk meer reg met jou stelling. Die E-Tip is n baster solid want hy maak oop maar die metode van herlaai is dieselfde met hom as met die volbloed solids.
Kobus
-
KC
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
tripodmvr wrote:Gaan loer asb. na die Somchem tabelle en jy sal sien dat met 24 duim loop en 150gr koeël vir die 308 hulle maksimum 47,5gr aanbeveel vir max spoed van 2805vps. Jy het nie looplengte genoem nie, maar die kanse is dat jy die drukvlakke met baie oorskry.Babbelas wrote:So ek laai my .308 Sako met 52gr S341 en n 150gr Nosler BT @2969 maar die punt sal ek verder van die lande af moet laai so my spoed sal dan afkom? My TPL is 72mm met die Nosler BT. Ek het met 53.5gr S341 3058fps 3044fps 3072fps op 300m met n ligte dwarswind n 6duim gong al drie die skote raak geskiet maar die druk lyk te baie met daai lading.
Ja dit is die regte pad om te volg.
Dit sal redelik dom wees van n ou om net met seating diepte te speel met beide solid, semi-solid en Loodkern jacketed koeels as jy reeds jou lading oorskry het. Sort eers jou lading uit dan speel jy met seating diepte dan moontlike aanpassings op lading maar bly binne die perke van snelheid. Dis die aanduider van druk.
-
KC
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
Nosler E-tip 168 groepering vir julle ouens wat belangstel.
Ek het die naweek wat verby was biedjie weer my E-tips gaan skiet.
Die onderste prent is wat ek gekry het met my jaglading van 54gr S365 met die koeel 3mm vanaf die lande geseat met Winchester Magnum primers. @2789fps. As ek my X-bag kon bemeester het dan was die groepie dalk mooi gewees. Die trek skoot was dus my fout gewees.
Die boonste prent het ek dieselfde E-Tip gevat en hom vlakker geseat na 2.5mm van die lande met 54gr S365 en Federal 210 primers (Standaard primers) @2773fps Die groep meet 11mm.
Beide groepe geskiet sonder n sandsak onder die kolf dis hoekom dit maar biedjie gesukkel het met die een groep. Ek skiet nie sommer n een gat groep so daai twee skote was maar eintlik a vloek.
Maar dis wat n ou kan verwag as jy die koeel biedjie dieper seat.

You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
-
Jean Marais
- Hero Member

- Posts: 2687
- Joined: Tue Feb 28, 2012 3:35 pm
Re: Nosler .308 150gr E-Tip BC.469 vir jag?
KC, dis mooi groepe daai. My skote sny mekaar ook, maar met die 180greiners, en ek het ook gevind dat bietjie dieper set nogal mooi maak.
Het jy al met hulle gejag?