Page 1 of 1
terminator bobaas
Posted: Mon Feb 04, 2013 9:09 pm
by douw
Goeie naand menere.
Ek het so jaar of wat gelede 'n knaldemper by Clarence laat bou en opsit. Ek het laasjaar vuiligheid in hom laat kom, of hom dalk skeef opgedraai. Ek was hierdie naweek eers weer in BFN. Hy het Saterdag middag sy werkswinkel oopgesluit, omtrent so 20 minute aan my geweer en knaldemper se skroefdraad gewerk. Alles pas toe weer pragtig.
Hy wou egter niks weet van enige betaling nie
Baie dankie vir puik diens en aangenaamheid!!
Groetnis
Douw
Re: terminator bobaas
Posted: Wed Feb 06, 2013 6:12 am
by Roger
Dis goeie diens en ook goeie nuus.
Sny hy die draad op die loop ook?
Roger!
Re: terminator bobaas
Posted: Fri Feb 08, 2013 9:24 pm
by douw
Hallo jammer ek sien nou eers. Ja, hy het die loop ook gesny toe ek die Terminator gekoop het.
GRoetnis
Douw
Re: terminator bobaas
Posted: Wed Mar 06, 2013 12:36 am
by Swys14
wel gedaan Clarence!
Re: terminator bobaas
Posted: Sun May 05, 2013 2:05 pm
by theterminator
Hallo Manne
Baie van julle ken my nie, ek was meer as 'n jaar laas op die forum
baie van julle ken my as theterminator. Ek is baie besig en het baie min tyd om op die forum te wees
ek wil al die forumlede bedank vir die goeie ondersteuning die afgelope paar jaar en sal altyd uit my pad gaan om manne wat by my koop te help.
Ek sien daar is nou so baie soorte knaldempers op die mark dit maak die keuse van waar om een te kry baie moeilik - baie sterkte aan die nuwe kopers
Ek wil die volgende onder die aandag van ons lede en mede jagters bring:
my knaldempers word by die volgende handelaars in SA verkoop
Die Blou Meul - Alberton
Fishers & Shooters - Lichtenburg
Neo - C - Middelburg
Techfund _ Witbank
RS Sports - Welkom
Lock. Stock & Barrel - Port Elizabeth
Jannie Nel - Standerton
Piet Nel - Middelburg
Andries Moller - Centurion
EK VOORSIEN GEEN KNALDEMPERS AAN DIE SKIETWINKEL IN BLOEMFONTEIN NIE - DIE KNALDEMPERS WAT DAAR VERKOOP WORD IS NAMAAKSELS EN SAL GEVOLGLIK GEEN WAARBORG VAN MY DRA NIE
EK HET SO SES MAANDE TERUG ALLE BESTELLINGS AAN DIE SKIETWINKEL GESTOP NADAT DIE EIENAAR 'N SPUL POEFIE OOR DIE DEMPERS KWYTGERAAK HET AAN BESOEKERS AAN SY WINKEL
HY HET NOU 'N PERSOON GEKRY WAT DIT NAMAAK - DIE ANDER DEMPERS IN SY WINKEL VERKOOP NIE SO GOED SOOS DIE TERMINATORS NIE
DAAR IS OOK OP HUNTEX 'N KLOMP VAN DIE NAMAAKSELS VERKOOP - MEDELEDE NEEM ASB KENNIS
Die ergste van alles is - dit is een van my groot vriende wat dit vir hom doen (hy dink ek weet nie hy doen dit nie)
Ek sal altyd die beste diens lewer wat ek kan, as daar manne is wat moet wag vir dempers, wees asb geduldig ek is baie besig maar dit sal die moeite werd wees
Ek sal ook meer gereeld op die forum wees
dit is lekker om terug te wees en almal se posts te lees
groetnis
clarence
Re: terminator bobaas
Posted: Sun May 05, 2013 2:26 pm
by grumpy
Middag Clarence, goed om jou weer hier te sien maat.
My KD wat jy gemaak het vir die 30-06 werk soos n bom maar so sag soos watte! Met jou KD op my 30-06 het n Eland mooi geval op so +-170m agter die oor. Hy het nie eers gehoor nie!
Baie lekker KD en hy sal bly op die 30-06. Goeie vakmanskap en prys ook net so goed.
Dankie Clarence.
Re: terminator bobaas
Posted: Sun May 05, 2013 2:48 pm
by Christo
grumpy wrote:Middag Clarence, goed om jou weer hier te sien maat.
......... Goeie vakmanskap en prys ook net so goed.
Dankie Clarence.
Stem saam.
Re: terminator bobaas
Posted: Sun May 05, 2013 3:29 pm
by pietjacobs
Dankie Clarence, jy het my net so mooi gehelp 2 jaar terug.
Re: terminator bobaas
Posted: Sun May 05, 2013 4:06 pm
by Pvdw
Een op my 223 en 303. Vrydag reeds met Clarens gesels oor een vir die 6.5
Clarens as die geldjies reg is laat weet ek jou om maar te begin bou aan nr3.
Al 3 vir vriende ook laat bou.
Peet
Re: terminator bobaas
Posted: Sun May 05, 2013 5:52 pm
by Josef
Say I have bought a silencer at Huntex this year, having been brought falsley under the impression that it was a Terminator product -
a) How would I know whether it is a genuine product or not?
b) Do I have any foot to stand on, should this imitation do not perform as I expected it to do?
I'm of the opinion that it is important for all to know what to look out for in a product that would distinguish it from imitations available on the market.
Josef.
Re: terminator bobaas
Posted: Sun May 05, 2013 9:26 pm
by theterminator
ENIGE PERSOON WAT DEMPERS BY HUNTEX GEKOOP HET EN IS DEUR DIE MANNE VAN DIE SKIETWINKEL ONDER DIE INDRUK GEBRING DAT DIT 'N TERMINATOR IS, EK KAN BEVESTIG DAT DIT NIE TERMINATOR DEMPERS IS NIE
DIE BESTE IS OM MAAR DIE DEMPER TERUG TE STUUR EN JOU GELD TERUG TE STUUR.
AS DIT NIE WERK NIE, PRAAT MAAR MET JOU PROKUREUR
DIE PERSOON WAT DIT NAMAAK HET OOK REEDS AAN ANDER MENSE BUITEN DIE SKIETWINKEL VERKOOP
EK GEE GLAD NIE OM DAT DIE PERSOON DEMPERS MAAK NIE, MOET NET NIE MYNE NAMAAK NIE, MAAK JOU EIE ONTWERP EN KYK HOE VERKOOP DIT.
EK SAL GRAAG WIL HOOR VAN MANNE WAT SULKE NAMAAKSELS GEKOOP HET
AS DIT NIE VAN MY AF OF VAN EEN VAN DIE NAME IN MY VORIGE POST AF KOM NIE IS DIT 'N VERVALSING - NAMAAKSEL
Re: terminator bobaas
Posted: Mon May 06, 2013 3:15 pm
by Geno
Clarence,
Goed om jou te sien. Vertel bietjie wie die persoon is, dan is ons mos gewaarsku?
Re: terminator bobaas
Posted: Thu May 09, 2013 10:16 pm
by Krokedil
Kan iemand my help met terminator se nr asb ek wil n knaldemper op my geweer laat sit dankie van krokkie
Re: terminator bobaas
Posted: Thu May 09, 2013 10:23 pm
by KalahariKlong
Geno wrote:Clarence,
Goed om jou te sien. Vertel bietjie wie die persoon is, dan is ons mos gewaarsku?
Ek stem saam. Kompetisie is een ding maar om goed onder valse voorwense te verkoop is 'n ander.
Dan wil ek ook net vir jou Clarence baie dankie sĂȘ vir jou goeie diens. My 7x64 is sommer 'n katjie van 'n heel ander kleur en die 223 geniet my meisiekind nou ook baie meer.
Krokkie, ek het nou ongelukkig nie my foon by my nie maar ek glo die manne sal jou gou help anders pm ek hom more aand vir jou.
Kathu Groete
KK
Re: terminator bobaas
Posted: Fri May 10, 2013 5:30 am
by Krokedil
Baie dankie as dit met jou reg is sal jy hom vir my sms asb my sel nr 0763028992 dankie krokedil
Re: terminator bobaas
Posted: Thu May 16, 2013 8:33 pm
by Kromstok
Waar in Bloemfontein kan ons na die terminator gaan kyk?
Re: terminator bobaas
Posted: Sun May 26, 2013 6:24 pm
by Frikjordaan
Clarence.
is daar nie manier om op jou knaldempers 'n volgnommer of merk/naam aan te bring nie,?
Ek het ook al 'n paar knaldempers gekoop en verskeie ervarings gehad wat posgeld vir terugstuur gekos het.
Die een wat daagliks op die 6 mm Rem en 260 Rem werk is die Terminator met 14-1 draad en 'n gat groot genoeg vir 6.5 mm.
Sal seker eendag die skroefdraad moet laat "fix"want dit word baie gereeld op en afgedraai tussen die twee gewere.
Die knaldemper werk, en doen wat ek gedink het 'n knaldemper moet doen.
mooi loop
Frik
.