Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het so jaar of wat gelede 'n knaldemper by Clarence laat bou en opsit. Ek het laasjaar vuiligheid in hom laat kom, of hom dalk skeef opgedraai. Ek was hierdie naweek eers weer in BFN. Hy het Saterdag middag sy werkswinkel oopgesluit, omtrent so 20 minute aan my geweer en knaldemper se skroefdraad gewerk. Alles pas toe weer pragtig.
Baie van julle ken my nie, ek was meer as 'n jaar laas op die forum
baie van julle ken my as theterminator. Ek is baie besig en het baie min tyd om op die forum te wees
ek wil al die forumlede bedank vir die goeie ondersteuning die afgelope paar jaar en sal altyd uit my pad gaan om manne wat by my koop te help.
Ek sien daar is nou so baie soorte knaldempers op die mark dit maak die keuse van waar om een te kry baie moeilik - baie sterkte aan die nuwe kopers
Ek wil die volgende onder die aandag van ons lede en mede jagters bring:
my knaldempers word by die volgende handelaars in SA verkoop
Die Blou Meul - Alberton
Fishers & Shooters - Lichtenburg
Neo - C - Middelburg
Techfund _ Witbank
RS Sports - Welkom
Lock. Stock & Barrel - Port Elizabeth
Jannie Nel - Standerton
Piet Nel - Middelburg
Andries Moller - Centurion
EK VOORSIEN GEEN KNALDEMPERS AAN DIE SKIETWINKEL IN BLOEMFONTEIN NIE - DIE KNALDEMPERS WAT DAAR VERKOOP WORD IS NAMAAKSELS EN SAL GEVOLGLIK GEEN WAARBORG VAN MY DRA NIE
EK HET SO SES MAANDE TERUG ALLE BESTELLINGS AAN DIE SKIETWINKEL GESTOP NADAT DIE EIENAAR 'N SPUL POEFIE OOR DIE DEMPERS KWYTGERAAK HET AAN BESOEKERS AAN SY WINKEL
HY HET NOU 'N PERSOON GEKRY WAT DIT NAMAAK - DIE ANDER DEMPERS IN SY WINKEL VERKOOP NIE SO GOED SOOS DIE TERMINATORS NIE
DAAR IS OOK OP HUNTEX 'N KLOMP VAN DIE NAMAAKSELS VERKOOP - MEDELEDE NEEM ASB KENNIS
Die ergste van alles is - dit is een van my groot vriende wat dit vir hom doen (hy dink ek weet nie hy doen dit nie)
Ek sal altyd die beste diens lewer wat ek kan, as daar manne is wat moet wag vir dempers, wees asb geduldig ek is baie besig maar dit sal die moeite werd wees
Ek sal ook meer gereeld op die forum wees
dit is lekker om terug te wees en almal se posts te lees
groetnis
clarence
Last edited by theterminator on Mon May 06, 2013 2:55 pm, edited 2 times in total.
Middag Clarence, goed om jou weer hier te sien maat.
My KD wat jy gemaak het vir die 30-06 werk soos n bom maar so sag soos watte! Met jou KD op my 30-06 het n Eland mooi geval op so +-170m agter die oor. Hy het nie eers gehoor nie!
Baie lekker KD en hy sal bly op die 30-06. Goeie vakmanskap en prys ook net so goed.
Say I have bought a silencer at Huntex this year, having been brought falsley under the impression that it was a Terminator product -
a) How would I know whether it is a genuine product or not?
b) Do I have any foot to stand on, should this imitation do not perform as I expected it to do?
I'm of the opinion that it is important for all to know what to look out for in a product that would distinguish it from imitations available on the market.
ENIGE PERSOON WAT DEMPERS BY HUNTEX GEKOOP HET EN IS DEUR DIE MANNE VAN DIE SKIETWINKEL ONDER DIE INDRUK GEBRING DAT DIT 'N TERMINATOR IS, EK KAN BEVESTIG DAT DIT NIE TERMINATOR DEMPERS IS NIE
DIE BESTE IS OM MAAR DIE DEMPER TERUG TE STUUR EN JOU GELD TERUG TE STUUR.
AS DIT NIE WERK NIE, PRAAT MAAR MET JOU PROKUREUR
DIE PERSOON WAT DIT NAMAAK HET OOK REEDS AAN ANDER MENSE BUITEN DIE SKIETWINKEL VERKOOP
EK GEE GLAD NIE OM DAT DIE PERSOON DEMPERS MAAK NIE, MOET NET NIE MYNE NAMAAK NIE, MAAK JOU EIE ONTWERP EN KYK HOE VERKOOP DIT.
EK SAL GRAAG WIL HOOR VAN MANNE WAT SULKE NAMAAKSELS GEKOOP HET
AS DIT NIE VAN MY AF OF VAN EEN VAN DIE NAME IN MY VORIGE POST AF KOM NIE IS DIT 'N VERVALSING - NAMAAKSEL
Geno wrote:Clarence,
Goed om jou te sien. Vertel bietjie wie die persoon is, dan is ons mos gewaarsku?
Ek stem saam. Kompetisie is een ding maar om goed onder valse voorwense te verkoop is 'n ander.
Dan wil ek ook net vir jou Clarence baie dankie sê vir jou goeie diens. My 7x64 is sommer 'n katjie van 'n heel ander kleur en die 223 geniet my meisiekind nou ook baie meer.
Krokkie, ek het nou ongelukkig nie my foon by my nie maar ek glo die manne sal jou gou help anders pm ek hom more aand vir jou.