Gras in damme
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Gras in damme
Hallo manne,
Wil gou bietjie julle kennis en ervaring misbruik, asb. Ek het drie gronddamme op die plaas, seker so vanaf 0.5 tot 1 hektaar. Daar
is heelwat kurpers en mooi swartbaars in, maar ons kan nie naby die vis kom nie as gevolg van gras. Die damme is letterlik van hoek tot
kant vol gras. Lang stingels wat net onder die oppervlak is.
Ek het al gehoor van 'n vloeistof wat jy kan ingooi, maar lyk my ek sal 'n tweede verband moet uitneem om dit te kan bekostig. Dan
is graskarps ook blykbaar 'n opsie, maar teen R80 vir 'n 15cm vissie gaan die visarende lekker duur vis vreet. En ek wil definitief nie
die arende verwilder nie.
Het enigiemand dalk raad? Ek luister graag.
Paul.

- Foxcreek
- Hero Member

- Posts: 577
- Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm
Re: Gras in damme
Jy kan Midstream gebruik. Dit sal die gras laat vrek. Dan is die dam mooi oop en kan jy lekker vang, maar dan is die skuiling vir die vis weg en die grasbanke is ook gewoonlik die voerbank(klein visies en paddas skuil daar en insekte skuil ook daar en broei daar uit) in jou dam.
Graskarpe werk goed aangesien hulle nie die gras heeltemal uitroei nie. As jou graskarp stocking rate reg is sal daar genoeg gras oor wees vir genoeg voer(insekte, klein vissies, paddas, ens.) en dit sal ook min genoeg wees dat jy gerieflik daar sal kan hengel.
Jy sal met natuurbewaring(of waar jy hulle ook al koop) moet praat oor die stocking rate vir graskarpe. Ek stock hulle een vis per 1.5 ha dam area. by my werk dit goed, maar soos ek se jy sal met die manne in jou area moet praat oor die beste stocking rate by jou.

-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Gras in damme
1. Seekoei
2. Paul die probleem met gras karp is hulle MOET steriel wees. Die uitlandse vuilgoed het nou reeds die Vaal rivier opgedons. Hulle gaan die eko sisteem vernietig en die gepaardgaande verlies aan 2 geelvis spesies.
3. Daar is nie 'n nommer 3 oplossing nie.
4. Daar is 'n opsie om dit meganies met behulp van
te doen (moenie dan die seekoei opsie in #1 gesamentlik doen nie). Basies harke met toue en boot of trek dit uit tot op die oewer en verwyder. Dit is nie permanent.
2. Paul die probleem met gras karp is hulle MOET steriel wees. Die uitlandse vuilgoed het nou reeds die Vaal rivier opgedons. Hulle gaan die eko sisteem vernietig en die gepaardgaande verlies aan 2 geelvis spesies.
3. Daar is nie 'n nommer 3 oplossing nie.
4. Daar is 'n opsie om dit meganies met behulp van
- PaulM
- Hero Member

- Posts: 881
- Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm
Re: Gras in damme
Foxcreek, Carl,
Dankie vir die terugvoer. Ek het al gehoor van Midstream, maar ook dat dit baie duur is??? Ek het nog nooit verder uitgevind nie,
ook omdat dieselfde bron gesê het dat dit AL die plantegroei in die dam vernietig. Dit was hoorsê, en julle weet wat hulle sê van
hoorsê....
Fox, met jou stocking rate sal ek maar een graskarp per dam nodig hê, wat dit dan 'n meer aantreklike en minder duur opsie maak.
Ek sal dan net moet sorg dat die karps groot genoeg is om die visarende af te skrik.
Carl, die seekoei plan klink vir my heel goed. Daar is hoeka nie genoeg wild op my grond nie.
Ek het ook al die
opsie 'n
slag of wat probeer, maar dan lê daar letterlik 'n paar ton gras op die kant wat van ontslae geraak moet word. Dit is weer 'n grappie
op sy eie.En daar was ook heelwat klein vissies tussen die gras wat gevrek het. En soos jy sê, volgende jaar begin jy weer van voor af.
Ek gaan die graskarps 'n bietjie verder ondersoek.
Wederom,

- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Gras in damme
http://www.graskarp.co.za/
Hulle is in die Kaap as ek reg is. Nogal ver......
Ecodynamics - Dr Gert Steyn. Contact Petrus Venter, DWAF Harties, Tel: (012) 207 9911/12 en vra vir Ecodynamics se details.
Hulle is in die Kaap as ek reg is. Nogal ver......
Ecodynamics - Dr Gert Steyn. Contact Petrus Venter, DWAF Harties, Tel: (012) 207 9911/12 en vra vir Ecodynamics se details.
Goed, beter, 6millimeter!
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gras in damme
Of gaan vang vir jou 'n moerse graskarp vir elke dam en dit hulle alleen in. Tensy hulle dubbelgeslagtig is, kan hulle nie aanteel nie, hulle kos jou niks en hulle gaan die visarende intimideer!
'n Wen-wen-wen-wen situasie vir almal betrokke!
En jy het nog die plesier om te gaan visvang en jy kan dit as werk beskou en verdedig!
Ek wens ek was jy....
'n Wen-wen-wen-wen situasie vir almal betrokke!
En jy het nog die plesier om te gaan visvang en jy kan dit as werk beskou en verdedig!
Ek wens ek was jy....
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Gras in damme
Ek dink die graskarp roete is jou antwoord. Jy noem dat dit gronddamme op jou plaas is...as daar nie in- en uitloop rivier van en na die damme toe is nie, is die sterielwees van die vis volgens my glad nie 'n issue nie. Ek dink ook 'n te groot ophef word gemaak van die graskarp wat geelvis en ander inheemse spesies bedreig (Charl, dis nie p jou post gemik nie, ek het dieselfde gesprek al op paar forums gehad...)...
As jy kyk na die grootste bevolking graskarp in die vaalsisteem is dit juis in die vaaldam self. Enige persoon wat dink Geelvis is bedreig in die Vaaldam het nie sy huiswerk gedoen nie....Grootbek Geelvis is minder ja, maar hulle groei stadiger...voor die graskarps was die grootbekke ook minder as die Karps en Kleinbek geelvis. Die kleinbek Geelvis raak 'n pes in paar damme. Grootdraai dam is een voorbeeld waar 'n ander inheemse vis (modderbek) wat volop in die dam was, BAIE skaars geraak het as gevolg van die totale oorname van die dam deur kleinbek geelvis. Dieselfde probleem word plek plek in die Vaaldam ervaar, waar jy soms niks anders gevang kry nie.
Die graskarp populasie het volgens my gestabiliseer in die Vaaldam. Sekere dae vang jy niks anders as gewone karps nie. Die babers het net lekker gevreet aan die klomp jong grassies. In Bloemhof dam, waar die graskarps ook nou is, begin die geelvis vir die eerste keer in JARE ook op die groot kampioenskappe gevang word.
Paul, die graskarps groei vinnig en is 'n uitstekende hengel vis!!En hulle sal jou damme se gras in orde kry!!

Deeg, nee nee nee daar is geen manier wat jy so stelling kan maak nie
. Graskarp se probleem is jou en my kinders se probleem. Ons weet nog glad nie wat die effek is nie vandat die onwettige immigrante die goed begin stock het vir hulle kos nie. Grond dam privaat op plaas is nie 'n geslote ekosisteem nie, dis waar baie Chinese die goed broei en hoe kom dit in die Vaal? Gaan leer uit die geskiedenis:
Bloekom, Wattle, Rooiels (Port JAckson), Mynah, Kleinbek baars, Babers in die Kaap. Gaan Google wat Silver karp in Amerika vernietig het. Gaan lees wat die Yabby (Australiese varswater kreef) in die Kariba gedoen het, Nile Perch in Malawi en Victoria meer. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor ons kinders.
Ek was by De Beers se plaas (Rooipoort) en ja die onwettige myners neuk als ook op maar daar is 100'e graskarp en ek vang net 2 geelvis, iets is klaar fout daar!
Bloekom, Wattle, Rooiels (Port JAckson), Mynah, Kleinbek baars, Babers in die Kaap. Gaan Google wat Silver karp in Amerika vernietig het. Gaan lees wat die Yabby (Australiese varswater kreef) in die Kariba gedoen het, Nile Perch in Malawi en Victoria meer. Ons het 'n verantwoordelikheid teenoor ons kinders.
Ek was by De Beers se plaas (Rooipoort) en ja die onwettige myners neuk als ook op maar daar is 100'e graskarp en ek vang net 2 geelvis, iets is klaar fout daar!
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Gras in damme
Ek is baie beslis in my antwoord. En die graskarps het nie gekom deur onwettige immigrante wat hulle gestock het nie...graskarps is ingevoer as teenvoeter vir gras in water. Was veronderstel om steriel te wees, is gestock in plaasdamme Noord van die Vaaldam. Plaasdamme se walle het gebreek agv reen, en die vis het in die Vaal sisteem beland. EN geteel.
Praat jy van Graskarps of praat jy van chinese silwer karps??Dis twee verskillende visse. Die silwer karp kom voor in Arabie dam en die Olifants rivier sisteem, dit is ook die vis wat die massiewe probleem in die VSA mere veroorsaak. Die silwer karp is onwettig die land ingebring sover ek weet, maar hulle kom glad nie in die vaal sisteem voor nie...nog nie een kompeterende hengelaar waarvan ek weet het al een in die Vaaldam of Bloemhof gevang nie(Bloemhof is Suid van die Vaaldam, en in dieselfde stelsel.

Praat jy van Graskarps of praat jy van chinese silwer karps??Dis twee verskillende visse. Die silwer karp kom voor in Arabie dam en die Olifants rivier sisteem, dit is ook die vis wat die massiewe probleem in die VSA mere veroorsaak. Die silwer karp is onwettig die land ingebring sover ek weet, maar hulle kom glad nie in die vaal sisteem voor nie...nog nie een kompeterende hengelaar waarvan ek weet het al een in die Vaaldam of Bloemhof gevang nie(Bloemhof is Suid van die Vaaldam, en in dieselfde stelsel.
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Gras in damme
Ek verstaan jy is 'n geelvis hengelaar. Verstaan dit van MY kant af. Ek het 2 nasionale kampioenskappe in Grootdraai dam gehengel, wat bekend was vir sakke muddies van tot 80 per dag. My eerste SA's het ek op dag twee uit drie, 50 vis gevang...en kon niks inweeg nie want ALMAL was Kleinbek Geelvis, en hulle is kamtig bedreig, so ons mag hulle nie ingeweeg het nie...daar is moontlike SA rekord kleinbekke gevang daai jaar en ons moes hulle dadelik terug sit. Die ouens het naderhand so GATVOL geraak vir Geelvis, die visse is met die hand gedruk dat die ogies uitpop....lelik maar die manne was KLAAR....dit nadat ouens van KZN bv al die pad gereis het om te kom deelneem, dit kos geld....en omdat mense NIE hulle huiswerk doen nie, word daai geelvis verbode in ons komps....
Jy is gelukkig as jy 10 muddies 'n dag nou in Grootdraai kry. Verder gooi jy maar geelvis terug....
Dieselfde probleem is al by die Vaaldam ook.......muddies is weg...dankie tog vir die graskarps, anders moes ons ophou hengel!
Geelvis is volgens my 'n swak hengel vis. Ek praat nie van Grootbekke nie.Graskarp is nie 'n probleem vir my seun nie, hy hengel saam en geniet hulle net soos ek.
Jy is gelukkig as jy 10 muddies 'n dag nou in Grootdraai kry. Verder gooi jy maar geelvis terug....
Dieselfde probleem is al by die Vaaldam ook.......muddies is weg...dankie tog vir die graskarps, anders moes ons ophou hengel!
Geelvis is volgens my 'n swak hengel vis. Ek praat nie van Grootbekke nie.Graskarp is nie 'n probleem vir my seun nie, hy hengel saam en geniet hulle net soos ek.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Gras in damme
Deeg, die silver karp is 'n probleem in Amerika dit is as 'n voorbeeld genoem. So ook die bome en baars as voorbeeld. Deur te sê graskarp as uitheemse spesie hou geen gevare in en boere kan die goed stock soos hulle wil sê jy dit is reg. Jy het geen wetenskaplik basis waarop jy jou teorie grond nie. Dit is hoor sê van vissermanne. Om te sê modderbekke verminder agv die kleinbekke is ook nie wetenskaplik nie, is dit nie dalk besoedeling van swaar metale wat hulle eerste impak nie? IS die muddies nie minder omdat hulle makliker in gilnette beland nie. IS die graskarp nie besig om te kompeteer met jou muddies nie, beide is plant vreters. As daar nie skuilplek vir sekere visse se kleintjie is gaan hulle nie aanteel nie, die gras karp vernietig hulle teelplek?
Die 1ste ou wat babers in die Breede gegooi het het ook gesê die goed is inheems en sal niks doen aan die ekositeem nie.
Die graskarp wat deur die korrekte kanale gegaan het was steriel. Dit is of onwettige immigrante of iemand wat besluit het hy gaan geld maak en onwettig die vrugbare vis versprei. Damme noord van die Vaal dam? Is dit nou noord van die waterskeiding of is dit stroom-op.
As jy jou stellings Wetenskaplik kan staaf goed so maar jy kan nie advies aan mense gee wat teenstrydig is met die landswette nie. Dit het niks met die tipe hengelaar te doen nie, geelvis word bewaar omdat dit inheems is en die wet dit beskerm.
Die 1ste ou wat babers in die Breede gegooi het het ook gesê die goed is inheems en sal niks doen aan die ekositeem nie.
Die graskarp wat deur die korrekte kanale gegaan het was steriel. Dit is of onwettige immigrante of iemand wat besluit het hy gaan geld maak en onwettig die vrugbare vis versprei. Damme noord van die Vaal dam? Is dit nou noord van die waterskeiding of is dit stroom-op.
As jy jou stellings Wetenskaplik kan staaf goed so maar jy kan nie advies aan mense gee wat teenstrydig is met die landswette nie. Dit het niks met die tipe hengelaar te doen nie, geelvis word bewaar omdat dit inheems is en die wet dit beskerm.
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Gras in damme
Ek het geen advies gegee wat teenstrydig is met die landswette nie...hy kan mos steriele vis stock???
Ek hoef niks wetenskaplik te staaf nie, ek praat uit persoonlike ondervinding en nie iets wat ek in boeke lees nie. Wetenskaplikes is die LAASTE ouens wat sulke besluite moet neem. Dis juis waar die probleme ontstaan het met die Geelvis. Ouens wat nie weet waar die damme is nie maak besluite oor vis in die damme. Dit laat my dink aan Bool en die jakkalse.

Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Gras in damme
Die Silver Karp is 'n probleem in Amerika omdat niemand dit eet nie. In Suid Afrika sal jy nie daardie probleem kry nie, want as jy so baie vis, so maklik en goedkoop kan vang, vreet ons inheemse mense ons uitheemse vis so vinnig op dat mens die vis later net in akwariums sal sien.
My twee sent.
Dawie
My twee sent.
Dawie
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Gras in damme
Ja jy is reg. Jammer die gemiddelde hengelaar in Suid Afrika weet die beste en weet dat sy kortsigtige besluit om hierdie Saterdag se hengel great te maak geen impak om die natuur sal hê nie. Jy kannie Bool vergelyk met ouens wat die Grootbek bewaar en die Kaapse visse van uitwissing gered het nie.Deeg wrote:Ek dink die graskarp roete is jou antwoord. Jy noem dat dit gronddamme op jou plaas is...as daar nie in- en uitloop rivier van en na die damme toe is nie, is die sterielwees van die vis volgens my glad nie 'n issue nie
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Gras in damme
Dawie ongelukkig is dit nie die oplossing nie. Gewoonlik is daar die "bycatch" as jy die uitheemse goed wil vernietig so jy maak die nie teikens spesies dood. Die probleem in Kariba is die krewe is ook ingebring vir kos, nou hou die lokals nie van die smaak of wat ookal, maar die goed teel soos ander goed in Afrika. En vreet al die verrotte plant materiaal op en van die plante. Dit beteken klein vissies kannie meer voort plant nie. Niemand eet die krewe hulle teel aan en daar is nie vis om te eet nie.
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Gras in damme
Natuurlik kan ek Bool met hulle vergelyk...die Graskarps kom nie in Kaapse water voor nie so hoekom Kaapse visse gebruik as voorbeeld?Dis nie net DIE Saterdag se hengel nie, die Graskarps is al seker 6 of 7 jaar in die Vaal sisteem.Carl wrote:Ja jy is reg. Jammer die gemiddelde hengelaar in Suid Afrika weet die beste en weet dat sy kortsigtige besluit om hierdie Saterdag se hengel great te maak geen impak om die natuur sal hê nie. Jy kannie Bool vergelyk met ouens wat die Grootbek bewaar en die Kaapse visse van uitwissing gered het nie.Deeg wrote:Ek dink die graskarp roete is jou antwoord. Jy noem dat dit gronddamme op jou plaas is...as daar nie in- en uitloop rivier van en na die damme toe is nie, is die sterielwees van die vis volgens my glad nie 'n issue nieDankie vir die debat
Hoop nie die verlede herhaal homself nie.
Hulle hoef nie met my as gemiddelde hengelaar te gesels nie...maar hulle kan WEL met die topstruktuur van SA hengel in aanraking kom voor sulke idiotiese besluite geneem word....moenie die Grootbek eers noem nie, die gemiddelde hengelaar in die land ken die verskil tussen grootbek en kleinbek geelvis, wat die ouens wat die besluite oor die beskerming van die spesies blykbaar self nie doen nie....ek noem nog die heel tyd dat my probleem met kleinbek en nie grootbek geelvis is nie....
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Gras in damme
Carl
Hoe lyk 'n kariba kreef? Het jy dalk 'n foto?
Groete
Dawie
Hoe lyk 'n kariba kreef? Het jy dalk 'n foto?
Groete
Dawie
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
- Christo
- Hero Member

- Posts: 3312
- Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm
Re: Gras in damme
Graskarpe om damme wat reeds vol gras is skoon te maak is nie bekostigbaar nie. Hulle word aanbeveel teen per vierkante meter area.
Iets wat ons al met sukses in damme om suigpunte gedoen het was om 'n eg aan lang ketting om hom onder te hou soos bootanker en dan sterk tou te gebruik en letterlik die gras uit te sleep. Dit werk goed en hou vir 'n paar jaar. Miskien kan jy bane skoonmaak om vis te vang.
As jy nie bekommerd is oor vis en ander dinge nie kan jy kafbale ingooi, baie, en hulle sal verrot en die suurstof opgebruik wat die gras nodig het. Dit werk.
As ek midstream reg verstaan moet daar vloei wees om behoorlik te werk.

Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
-
Dawie Malan
- Hero Member

- Posts: 843
- Joined: Fri Aug 03, 2012 11:38 am
Re: Gras in damme
Carl
Dankie vir die foto's. Nooit geweet daarvan nie.
Jammer, ek wou nie die thread hijack nie.
Groete
Dawie
Dankie vir die foto's. Nooit geweet daarvan nie.
Jammer, ek wou nie die thread hijack nie.
Groete
Dawie
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Gras in damme
Charl, ek moet om verskoning vra...soos jy kan sien is ek nie onpartydig wat Geelvis aanbetref nie.....ervaring was net nie goed op die kampioenskappe nie, maar dit maak nie die grassies goed nie...alhoewel hulle lekker hengel.... 
-
Eugene
- Hero Member

- Posts: 6027
- Joined: Thu Jun 21, 2012 11:41 am
Re: Gras in damme
Het hulle nog nooit van knoffel gehoor nie? Mense eet tog nie slakke vir die slakke se smaak nie?Carl wrote:Dawie ongelukkig is dit nie die oplossing nie. Gewoonlik is daar die "bycatch" as jy die uitheemse goed wil vernietig so jy maak die nie teikens spesies dood. Die probleem in Kariba is die krewe is ook ingebring vir kos, nou hou die lokals nie van die smaak of wat ookal, maar die goed teel soos ander goed in Afrika. En vreet al die verrotte plant materiaal op en van die plante. Dit beteken klein vissies kannie meer voort plant nie. Niemand eet die krewe hulle teel aan en daar is nie vis om te eet nie.
-
Carl
- Hero Member

- Posts: 4793
- Joined: Wed Apr 04, 2012 2:09 pm
Re: Gras in damme
Saak is reg Deeg ons debateer mos lekker op die forum 
Ja hulle vang lekker, 'n pel van my werk hulle sake gereeld in die Vaaldam.
Dink so vissie sal 'n stok lekker buig!
Ja hulle vang lekker, 'n pel van my werk hulle sake gereeld in die Vaaldam.
Dink so vissie sal 'n stok lekker buig!
Last edited by Carl on Thu Feb 07, 2013 2:07 pm, edited 1 time in total.
- Geno
- Administrator

- Posts: 13645
- Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm
Re: Gras in damme
Hulle skiet selfs lekkerder met 'n boog!Carl wrote: Ja hulle vang lekker!
Goed, beter, 6millimeter!
- Lourens Potgieter
- Hero Member

- Posts: 883
- Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am
Re: Gras in damme
Daai lyk amper soos die een wat ek nou die dag gevang het met klubkomp.....7.9 kg....swak foto en vis verkeerd om vasgehou maar ek kon skaars vashou so het ek gebewe......
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.