Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Rudolph Optics wrote:
Baie geluk aan Hennie Breytenbach en Natalie Terblanche met hulle 3de en 2de plekke onderskeidelik in die mans en vroue afdelings van die naweek se Natal Ope Veldskiet kompetisie.....hulle het beide die Rudolph 6-24x50mm met die T3 kruishaar op hulle gewere gebruik!
Dankie vir julle ondersteuning en dit is lekker om al hoe meer van die deelnemers met die Rudolph teleskope te sien presteer!
Groete
Rudolph Optics
Dolph,
Wie het eerste en tweede gekom in die Natal Ope en watse teleskope gebruik hulle?
Rudolph Optics wrote:Baie geluk aan Hennie Breytenbach en Natalie Terblanche met hulle 3de en 2de plekke onderskeidelik in die mans en vroue afdelings van die naweek se Natal Ope Veldskiet kompetisie.....hulle het beide die Rudolph 6-24x50mm met die T3 kruishaar op hulle gewere gebruik!
Dankie vir julle ondersteuning en dit is lekker om al hoe meer van die deelnemers met die Rudolph teleskope te sien presteer!
Rudolph,
Soos ek en ek glo baie ander dink is jou teleskope uitstekend.Baie manne praat netnie want hulle teleskope kos nie R 20 000 nie.
Besigheidsmanne promofeer dit netnie verskriklik nie aangesien ek dink hulle winsgrens net te klein is.
Doen so voort dis uitstekende gehalte veral vir die algemene jagter.
Kan jy 'n prentjie laai van daai T3 kruishaar, het ge google maar daar is nerens 'n prent van die kruis nie, wys net heeltyd die teleskoop se buite aansig.
Dankie byvoorbaat
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
Bakgat kruis daardie, kan sommer op die oog af sien hoekom hy so mooi werk vir veldskiet. Kan jy my PM met 'n prys asseblief, soek een vir Mamma se .243 {6-24x50}. Gaan julle die outjie afmerk vir Huntex Ek beoog om so oor twee maande een aan te skaf.
Dankie weereens
Mooi loop
Marc
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner