Page 1 of 1
n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Sun Jul 25, 2010 10:31 pm
by Piet Breedt
Ek het n hele aantal jare gelede besef dat as mens lang afstande en klein groepe wil skiet, moet jy jou geweer absoluut waterpas hou met elke skoot. Dit het begin waar ek baie Blesbokke moes oes elke jaar, en mens is geneig om die kontoer van die veld waar jy skiet te volg, en besef nie hoe v?r jy jou geweer eintlik "cant" nie. Dit het gelei tot party mis skote, waar ek dood seker was van my skoot. Ek het begin eksperimenteer met n waterpas, en het toe na my eerste een se groot sukses, op al my gewere daarvan gesit. Daar was nog nie internet en sulke vensie goed waar ek kon gaan kyk het, maar het maar self die dinge uitgedink en probeer.
Dit het ook handig te pas gekom waar ek latere jare begin deelneem het aan die veldskiete van die SA Jaggeweer Skiet Vereniging se kompetisies, waar ons ook in ongelyke terein skiet.
Ek gebruik sommer die klein waterpassies wat hulle op die bo? van vandag gebruik. Die heel beste en kleinste een wat ek het is een wat deur "High Country" gemaak was, maar ongelukkig nie meer gemaak word. Ek boor en tap n klein gaatjie in my scope mount, en sit hom daar vas. Ek skiet nou al baie jare met hulle, en het nog nooit een gebreek, of uit gestamp nie.
Ek skiet met albei o? oop, en kan dadelik met die optelslag van my geweer sien of hy waterpas is of nie. Dit is nou al so tweede natuur dat ek dit nie eers meer agterkom nie.
So lyk hulle:
Hier is die een van High Country, en my gunsteling
Verskoon maar die stof, ek het gister geskiet met hom in wind en stof, en nog nie skoon gemaak.
Hierdie een is wat ek gebruik op my kompetisie Luggeweer. Ons scopes word baie hoog gemonteer, en dus word hy maklik baie ge "cant" wat tot misskote ly as jy nie die waterpas dophou
Ek hoop dit help vir die wat wil kleiner groepe skiet, en gereeld lang afstande wil raak skiet.
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Sun Jul 25, 2010 11:51 pm
by Francois Marais
Piet
Baie dankie vir die moeites met die fotos en sommer vir die baie interresante artikel, het so n paar waterpassies wat juis van boe af kom, ons mag weer net in sekere boog kompitiesies dit ophe. Gaan definitief n plan maak om een op te sit en te kyk hoe hy loop.
Mooi loop
Francois
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Mon Jul 26, 2010 10:37 am
by Danie Lombard .243
Piet.
Veels dank vir jou instette op die forum. Van die beste. EK gaan gou Bloem toe vir dit en dat asook vir 'n klein waterpas. Dit maak sin soos daglig jou teorie oor waterpas skiet.
Dankie vir jou raad.
Danie.
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Mon Jul 26, 2010 12:14 pm
by 243Songdaug
Piet.
Netjiese idee! Die fensie outjies op die net kos so in die rigting van 'n klein huisie se geld!
Wys jou net - as jy jou kop so bietjie laat gaan kan daar groot goed gedoen word! Het self so 'n waterpassie op my langafstand roer en met elke kompitissie wil die manne by my weet of ek dalk 'n bouer is, met die dat ek 'n waterpas op my teleskoop het!
Geniet die outjies.
Jaco
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Mon Jul 26, 2010 3:19 pm
by KSV
Oom Piet,
Nee daai is 'n deftige instrumentjie. Sal my roere nou ook van die oudtjies moet opsit.
Songdongelong,
Vir daai 24krom van jou moet jy alle hulpmiddels gebruik wat jy kan opsit.
Kalahari groete
Hein
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Tue Jul 27, 2010 9:30 pm
by 243Songdaug
Naand Hein.
Los my 24krom - hy maak sy baas baie gelukkig. Ek gaan weer die 4de Sept vir ons 'n lekker skiet hier op die Kathu baan uitsit, ek kan nog nie besluit of ek hom dalk op Manganor(Plaas)moet aanbied nie!
EK is nou bietjie moeg vir baanskiet, die veldskiet ding is net soveel beter!! Maar jy weet seker self van die dinge wat hier aan die kom is met ons skietklub - ek voel ek moet nou die klomp skieters bymekaar trek anders gaan die klub, asook die Steenboktak van SA Jagters bietjie seerkry agv 'n verlies aan lede!
Help my asseblief laat ons soveel moontlik manne weer aan die skiet kry hier by ons - 2010 was nie 'n goeie jaar vir ons klub nie, vandat onstwee uit die bestuur uitgestem is in ons afwesigheid het die klub baie agteruitgegaan.
Mooi aand mater - as my ingeneur my m?re bietjie uitlos kom drink ek jou coke.
Jaco.
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Wed Jul 28, 2010 9:08 am
by Danie Lombard .243
Piet Breedt.
Waar kry 'n ou van daai klein waterpassies te koop? Ek soek een vir my baan komp skiet geweer.
Danie
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Wed Jul 28, 2010 5:54 pm
by Piet Breedt
Danie, ek het my laastes by n boog winkel gekoop wat 2 jaar terug by die "Aim Show" n stalletjie gehad het. Ek glo meeste boog winkels sal dit aanhou.
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Wed Jul 28, 2010 6:26 pm
by Mac
Danie,
S&O het hulle ook
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Wed Jul 28, 2010 10:28 pm
by Danie Lombard .243
Dankie Piet en Mac, Sal loer by die boog shops en S&O skakel.
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Thu Jul 29, 2010 10:38 am
by Beyers
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Thu Jul 29, 2010 8:27 pm
by Beyers
(silindries)The unit price for 50-249 pieces is ?0.66 each.
(Vierkantig) The unit cost for 50-249 pieces is ?0.79
The carriage to South Africa would be ?25.00
Please note that the Blue, Clear and Red units of CY16 are custom made and
would only be available on orders of 1000 units or more.
We can accept Visa or Mastercard should you wish to purchase.
http://www.leveldevelopments.com/plastic-level-vials.htm
Die manne wat belangstel moet maar laat weet dat ons die getal van 50 vir elke soort kan opmaak.
Beyers
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Fri Jul 30, 2010 8:54 am
by Beyers
Miskien moontlike Jaracal inkomste genereerder?
Beyers
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Fri Jul 30, 2010 9:35 am
by JACQUES BOTHA
Beyers
Dalk vir die jakkals manne so luninated enetjei wat liggies skyn in die donker ...Hoes daai???
Moi bly
JB
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Fri Jul 30, 2010 9:42 am
by Raven
JB,
As daar nog tyd sal wees om te kyk of jou geweer reguit l? as jakkie inkom

Ek het hierdie koue winter aande my skote in gebewe op die jakkies.

Maar ek hou van die idee...veral as jy nog vir jakkie wag om "hallo" te kom s?..
Groete Raves
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Fri Jul 30, 2010 5:55 pm
by Freddie101
Piet
Dankie vir die inset. Maak sin. As julle wil bestel ek is ook in
Freddie
Re: n Moet vir Klein Groepering skiet
Posted: Wed Sep 01, 2010 11:14 am
by Geno
Hierdie plek het ook oulike waterpassies.
http://www.longrangehunting.com/gearshop/holland-scope-levels.html
Dis hoe hy lyk.
Groete,
Eugene