LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
-
rednat
LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Kan die LYNX LX2 2.5-10 x 56 IR eienaars verduidelik hoe hul teleskoop se IR kruishaar lyk asseblief.
IS die 4 fyn kruishare in die middel van die kruis ewe dik of nie??? Ek het sopas deur so 'n scope gekyk en sy 12 uur fynhaar is seker dubbel so dik soos die 3 en 9 uur fynhare -- terwyl die 6 uur fynhaar weer amper helfte dunner is as die van 3 en 9 uur
Ek kan nie glo dat dit so moet wees wees nie. Lyk vir my soos swak vakmanskap??

GREYHOUND
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
REDNAT
Ek het so scope op my 243 sal bietjie mooi kyk maar ek kan nie dink dat daar so n groot verskil is, as daar ooit een is, kom terug na jou.
Greyhound

Mac
- Hero Member

- Posts: 1172
- Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Rednat,
Dit moet wel so wees, al wat verlig is in die reticule is die middelpunt, net so klein puntjie (sp). Om dit reg te kry voer Lynx die krag met die boonste vertikale arm vd kruis na die punt wat verlig word. Die dikte is die minimum wat hulle die bedrading in kan pas.
As jy in een belang stel, koop maar, binne 'n paar nagte kom jy dit nie eers meer agtrer nie.
Mooi bly,
Mac.

Occasionally mistaken for a responsible adult
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
-
rednat
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Baie Dankie
Beoog om moontlik vir ekstra geweer een op te sit -- dan het ek Lynx8x56('n ou staatmaker), Leupold, Zeiss(vir die sienslag as die lig se battery pap is) en lynx LX2 en kan dan sien wat skiet die meeste jakkalse
. Wil eers toets en bekyk -- die kruishaar is nogal hinderlik -- lyk of dit foutiewelik omgedraai is.
Die ligpuntjie werk nie -- hoop maar dit is die battery wat pap is. Maar dit is dan nog nuut in die boks?? -- dus is daar nie eintlik quality check nie of daar word so min verkoop dat die batterye by die produsent op die rak l? en pap word?
Verder lyk dit na 'n bruikbare teleskoop.
Beoog om moontlik vir ekstra geweer een op te sit -- dan het ek Lynx8x56('n ou staatmaker), Leupold, Zeiss(vir die sienslag as die lig se battery pap is) en lynx LX2 en kan dan sien wat skiet die meeste jakkalse
Die ligpuntjie werk nie -- hoop maar dit is die battery wat pap is. Maar dit is dan nog nuut in die boks?? -- dus is daar nie eintlik quality check nie of daar word so min verkoop dat die batterye by die produsent op die rak l? en pap word?
Verder lyk dit na 'n bruikbare teleskoop.
Last edited by rednat on Sun Jul 25, 2010 12:39 pm, edited 1 time in total.
- Janjak
- Hero Member

- Posts: 529
- Joined: Tue Apr 07, 2009 2:51 pm
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Die groen LED is nie so helder as die rooi nie en word partykeer eers duidelik op 5 en meer. Groen is egter n beter opsie vir ons wat met n rooi lig jag.
-
rednat
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Die kruishaar moet volgens die fabrikant so lyk en mens raak glo gou daaraan gewoond.
Die liggie brand nou -- daar was gom op die kontak skroef.
Teleskoop lyk besonder helder en is baie gemaklik op die oog.
Dink ek sal hom koop en toets.

NICO
- Full Member

- Posts: 125
- Joined: Tue May 25, 2010 4:04 pm
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Rednat
Ek gebruik so scope al vir n geruime tyd. Ek dink nie jy sal spuit wees oor die scope as jy hom koop nie.
Nico

As long as there's lead in the air there are hope
-
Danie Lombard .243
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Jy kan gerus daai scope koop. My buurman het so 'n Lynx op sy 30-06 en hy het net plesier. Sien ook mooi in die nag.
-
Danie01
- Hero Member

- Posts: 1596
- Joined: Tue Jun 23, 2009 11:56 am
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Rednat
Ek het ook die teleskoop en gebruik dit in die dag en in die nag. Ek het geen fout met die teleskoop nie en verseker die beste een in ons kluis.
Al wat ek nie van die teleskoop hou nie is sy paralaks. Ek dink nie dit het regtig so verstelling nodig nie, alhoewel dit lekker werk as jy tyd het om hom te verstel op verskillende afstande. Ek stel of hou hom maar amper altyd op 100m in nag en 150m in die dag. Dit sleg as jy wil skiet op 200m en jy het paralaks nog op 20m, dan kan jy nie goed sien nie.
Die groen IR werk ook baie lekker in die aand en ek het nog nie eers so opgelet dat die kruishare se groottes verskil nie. As dit wel verskil sal jy gou daaraan gewoont raak!
Ek dink dit is een van jou beter kopies, goeie waarde vir geld!
Danie

Dankie
As hy beter waarde vir geld is as my ou 8x56 dan sal ek beslis nie spyt wees nie.
Ek besit heelwat van die kykgoed in verskeidenheid -- met sommige skiet ek op my werkgewere en met ander br?k ek op my wysgewere.

- Raven
- Hero Member

- Posts: 1910
- Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Rednat,
Ek het dieselfde LYNX op 'n 270 en later oorgeskuif na 300Winmag, en bly mooi by sy zero. Die grootkaliber gooi hom nie rond nie.
Ek weet presies waarvan jy praat maar dit pla regtig nie 'n man nie, inteendeel ek het in die dag eintlik daai knoppie geniet(waar die groen liggie skyn).
As jy eers gewoont is aan daai groen liggie, gaan jy hom geniet. Ek het 'n paar springbokke met die IR geskiet, maar nooit die jakkies nie. Was eintlik bietjie dom daarmee, gedink ek sal dit eers aansit as jakkie in kom, wel daar was nooit tyd om dit aan te sit.
Raven

Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
-
rednat
Re: LYNX LX2 2.5-10 X 56 IR KRUISHAAR
Raven
Ek het seker al 100 jakke geskiet met die gewone 8x56 en sonder die IR. -- Battery het 4 jaar gelede papgeraak en net vergeet om weer in te sit.
Die Lynxe is seker nie so helder in swak lig soos van my ander kykgoed nie? maar dat die Lynx se maklike, oop en skoon beeld selfs op redelike verskil in oogafstand gemaklik is op die oog is wel so.
Daar is sekerlik 'n keuse vir elkeen om te maak --- waarde vir geld OF geld vir waarde.