Vertel my van Nightforce en ander teleskope.

Post Reply
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Vertel my van Nightforce en ander teleskope.

Post by Chevvy SS »

Ek wil graag by die manne hoor wat weet.

Ek het al op fotos gesien die Nightforce en ander teleskope het verstelknoppe wat nie beskerm is nie. Dit lyk asof 'n mens maklik die afstand met klieks kan opstel onder baanomstandighede, maar wat maak 'n mens in die jagveld? En verstel die dial nie as daar agterop 'n bakkie gery word en die geweer lê op sy sykant op die skietrak nie?

Ek het 'n paar jaar gelede 'n Redfield gehad met 'n compensator op wat heerlik gewerk het. Die oomblik as jy aanlê en skat dis 200 jaarts, draai jy een dial tot die 200 bo in die scope verskyn en daar gaan jy. 
Post Reply