Page 1 of 2
Rudolph Scope
Posted: Tue Jan 22, 2013 3:06 pm
by Hilux01
Mnre
Ek wil bietjie julle gevoel toets oor die bogenoemde "brand"
Ek het nog net goeie goed van hulle gehoor maar wil ook hier met manne gesels wat weet
My pa jag 1 x per jaar saam ons en hy soek iets om op sy .308 te sit - Ek het self n Nikon Fieldmaster 3-9 x 40 op die .303 en is baie beindruk met die scope
Maar ek sien hulle is nou alweer R700 op by S&O na nou die dag se R1900 special - maar toe kom ek af op die Rudolph special by S&O vir R1900
Wat dink julle van die Rudolph scopes?
Henk
Re: Rudolph Scope
Posted: Tue Jan 22, 2013 3:50 pm
by grumpy
Wat het van Rudolph geword. Lanklaas van hom gesien of gehoor.

Re: Rudolph Scope
Posted: Tue Jan 22, 2013 3:52 pm
by DanieDegenaar
Ek het een vir my gekoop om te toets op my 3006. Op die stadium kan ek nog nie kla nie. Een ding wat my bietjie pla is dat die kruishaar baie dun is. Ek sukkel soms om mooi op hom te fokus as ek vinnig uit die vuis moet skiet. Verder het ek geen klagtes oor die scope nie (ek het self die 3-9x40 by S&O gekoop). Maar dis my personlike siening en elkeen kan maar verskil volgens smaak.
Groete
Degenad
Re: Rudolph Scope
Posted: Tue Jan 22, 2013 3:58 pm
by Stefan764
grumpy wrote:
Wat het van Rudolph geword. Lanklaas van hom gesien of gehoor.
Ek weet hulle was nou by die Shot Show in Las Vegas gewees.....
Groete
Re: Rudolph Scope
Posted: Tue Jan 22, 2013 4:43 pm
by grumpy
Dankie Stefan.
Ek sien jy kry gas omdat jy jou Howa 375 verkoop het!
Ek wag vir my lisensie vir myne.

Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 23, 2013 7:38 am
by Hilux01
Dankie manne
Ek sal die opsies met my pa bespreek
Henk
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 23, 2013 7:58 am
by Trevor
Stefan764 wrote:
Ek weet hulle was nou by die Shot Show in Las Vegas gewees.....
Groete
En hy sal die 30ste terug wees

Re: Rudolph Scope
Posted: Thu Jan 24, 2013 8:21 pm
by vossie1
Ek het my twee nikon Monarchs verkoop en twee Rudolphs op my 300H&H en 243 win gesit op die 300 het ek n 4-16x50 ts gesit en op die 243 n 6-24x50 met die target dot ret die ts is fantasties maar ek moet se die target ret is bietjie fyn vir vinnig en nag skiet,maar die manne by rudolph het dit nou aangespreek met die nuwe reeks. Waarde vir geld is daar nie sy gelyke nie,optics hou kersvas by die grorer brands vir n fraksie van die prys,so ja ek dink dis n puik produk en dit word deur n eg suid afrikaner geback. Ek dink nie S&O sal iets bemark wat hulle reputasie skade kan berokken nie. Ek se koop dis n puik produk
Re: Rudolph Scope
Posted: Fri Jan 25, 2013 8:01 am
by Eugene
Ek weet Rudolph is hier op die forum en juis daarom wil ek graag sy terugvoer op die volgende hoor.
Ek het 'n ruk terug met 'n verkoopsman by 'n geweerwinkel gepraat en spesifiek navraag gedoen oor die Rudolph-teleskope, die verkoopsman se houding was dat hulle dit nie aanhou nie, want dis die breinkind van 'n enkele Suid-Afrikaner en word op sy aandrang en instruksies vervaardig en as hy oor 5 besluit hy is nie meer lus vir die teleskoopmark nie, is daar geen backing of naverkope diens vir die eienaars van Rudolph-teleskope nie. Ek sal graag wil hoor wat julle daarvan dink.
Groete
Re: Rudolph Scope
Posted: Fri Jan 25, 2013 10:44 pm
by vossie1
Eugene dit klink vir my ma na n tiepiese suid afrikaanse verkoopsman wat net wil verkoop wat op sy rak is,ek kan jou n brief gee as daar Rudolph scopes in sy winkel was sou hy dit bemark het. Maar kom ons hoor wat Rudolph te se het oor sy produk.
Re: Rudolph Scope
Posted: Sat Jan 26, 2013 7:54 am
by immelmanw
Selfde met alynx, die ou oom is klaar dood, nou is die seun nog daar. So ruk terug was lynx maar baie stil tot SA Jagters hul joint venture aangepak het met die varmint kruishaar. Wat as die seun ook doodgaan (hy is self glad glad glad nie n jagter nie) of besluit hy is ook nie meer lus vir die gesukkel nie. Ek ken vir Dolph, partner in S&O. Dit is hy, Suretha en Pieter Holtshauzen wat nou n rep is, ek dink nie daar is veel meer personeel in Lynx se kantoor nie.
Dolph sal ook nie nou antwoord nie want hy is by Shot Show (vegas) en dan na SCI vir Rudolph Optics en gaan ook na IWA in Nurenberg, vir Rudolph Optics.
Groete
Re: Rudolph Scope
Posted: Tue Jan 29, 2013 9:07 pm
by Piet Breedt
Ek het nou al n paar Rudolph scopes getoets. Party beter as ander. Ek toets tans die 6 - 24 x 50 op my .260 Rem, en elke keer as ek met hom skiet verbaas hy my net meer. Sy duidelikheid verstom my. Ek wil hom eersdaags toets in die nag op Jakkalse, net om te sien hoe goed sy "light gathering" is. As sy helderheid in die dag iets is om as maatstaf te gebruik, behoort hy goed te doen in die nag.
Ek stel hom letterlik meer as n volle draai en n half om die 850m gonge by te kom, en dan stel hy presies as ek hom weer afdraai na 100m
Die nuwe een se kruishare is bietjie dukker en sal my oë beter pas.
Vir iemand wat n goeie scope vir n bekostigbare prys wil koop, kan ek hierdie scope werklik aanbeveel.
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 7:27 am
by blaser
maklik om iets oor lynx te se maar hulle het puik diens en dink ek daar het al meer bokke in s a met lynx geskiet as enige ander scope
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 7:43 am
by Eugene
Rudolph, dankie vir jou terugvoer. Ek was nie bekommerd nie, maar wou graag dit wat ek gehoor het hier plaas sodat jy a) daarvan bewus is en b) jou reaksie daarop kan gee.
Sterkte en groete!
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 9:01 am
by mobo
Ek het self die Rudolph 4-16 x50 TS Scope op my 30-06 en is baie gelukkig. Ek het vinnig die dun haar gewoond geraak, het hom nog net nie in die nag getoets nie....
Maar hier is waar ek my m@er gestrip het by S&O....kom daaraan, ek soek n scope, ek wou die Leupold Boone&Crocket koop maar hou toe nie van die haar nie, daai salesman probeer enige scope aan my afsmeer maar wys my nie n Rudolph nie. Ek staan toe met n Zeiss Duralyt in die hand en debiet kaart in die anderhand ek gaan hom maar koop, toe onthou ek vd advertensie in die Hunter Jagter vd Rudoph scope (ek besluit toe as die scope nie is wat ek dink hy is nie sit ek hom maar op die .22) en se vir daai man gee bietjie aan...my genade dit lyk toe of daai man my n guns doen. Ek besliut toe ek vat hom en vra die salesman vir n sunshade....nee Mnr vlg week geen stock nie. ek koop die Rudolph. Kom 2 wke later daar die man is nie daar nie die ou by die mense se: Nee mnr daai scope kan nie n sunshade vat nie

toe is my m@er darem lekker suur. So stap ek uit en wragtig hier staan Mnr die scope salesman by n voertuig en die rep gee hom n "PERSENTJIE" toe smile ek en dink ja dus hoekom die man nie die Rudolph aan my wou verkoop het nie en so opdringerig was met die Zeiss..... dus my2c
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 10:58 am
by Nico Harris
Hi Rodulph. Net n vraag. Hoekom by jou posts omtrent jou teleskope op die Longrange forum maak jy dit nie bekend dat dit jou reeks teleskope is nie? Jy gaan tot sover om jou naam op die longrange forum Tasco te maak. Net gewonder hoekom?
groete
nico
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 1:21 pm
by Chris Swart
Rudolph Optics wrote:
Nico,
Toe ek onder die naam Rudolph Optics registreer en iets wil post, toe "ban" hulle my op die longrange forum...blykbaar moet ek as 'n sponsor aansluit en maandeliks betaal om enigsins iets te skryf oor jou eie produk.
Sal maar later weer probeer!
Groete
Rudolph
Dis nie ongewoon nie.
Ek is so "geban" van die Volkswagen forum ook omdat ek 'n Goldwagen parte winkel het.
Maar net nog 'n bewys dat HIERDIE forum great is...

Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 2:17 pm
by Nico Harris
Bliksim Rudolph! nou maak dit meer sin

jy al enige reaksie of belangstelling van hulle af gekry vir jou teleskope?
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 2:41 pm
by James Wilson
Rudolph, watter scope van jou reeks sal jy aanbeveel vir langafstand baanskiet en wat kan ek plus minus verwag om te betaal?
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 3:26 pm
by FCLoretz
Rudolph ek het so bietjie op jou webwerf gaan rondkrap en lees.
As ek die H1 3-9x40 koop saam met watter kruishaar kom hy uit en kan ek hom vernader?
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 3:38 pm
by Monrique (SJ)
Mobo
Dis jammer om te lees van jou voorval met jou teleskoop se aankoop.
Groetnis
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 5:40 pm
by tokjak
RUDOLPH, EK HET BY HUNTEX IN DIE KAAP MET JOU GEPRAAT , TOE SE JY JULLE KRY BIINE KORT DIE [EK DINK DIS DIE ]6 - 24 X50 MET DIE IR. IS HY AL HIER ? EN WAT IS SY PRYS ?
GROETE
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 7:22 pm
by immelmanw
remington wrote:
maklik om iets oor lynx te se maar hulle het puik diens en dink ek daar het al meer bokke in s a met lynx geskiet as enige ander scope
Korrek, en meer bokke met n 303 geskiet as met enige ander kaliber!
Re: Rudolph Scope
Posted: Wed Jan 30, 2013 8:15 pm
by koos
immelmanw wrote:
Korrek, en meer bokke met n 303 geskiet as met enige ander kaliber!
Dit kan dalk wees dat daar meer bokke met 'n 303 geskiet is, as met al die ander kalibers saam.
Re: Rudolph Scope
Posted: Thu Jan 31, 2013 7:57 am
by MEERKAT
Willem I
Kan jy die verskille uitwys tussen die volgende 2 reticles, afgesien van die dot by die Rudolph scope en die klein verskil op maksimum vergroting.
Rudolph 8-34x56 T3 en die Nightforce 8-32 x56 NP R2
Ons skiet met beide die scopes en probeer nog die verskille agterkom. Afgesien van persoonlike smaak, in die praktyk watter van die scopes sal jy eerste plaas indien dit by veldskiete kom.
Een duidelike verskil is die een sak is ligter as die ander sak wanneer dit by koop van die goete kom.
Ons is in die proses om nog 'n scope by jou te kom koop en wil graag let op die verskille wat jy gaan uitwys.
Groetnis
MEERKAT
NS Wonner altyd met watter scope en geweer is die meeste wild gekwes?