Middag almal
'n Vriend van my kyk na hierdie haelgeweer. Kan dit blykbaar kry vir R14,5k. Dit sal gebruik word vir kleiduif skiet en meskien dalk jag.
www.fabarm.com/en/products-elos-b.htm
Is daar dalk van julle wat die maak ken en kan adviseer oor kwaliteit ensovoorts.
Hoor graag van julle
Fabarm Elios B Field O/U shotgun
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
-
Schalk75
- Full Member

- Posts: 214
- Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
Re: Fabarm Elios B Field O/U shotgun
More Beer.
Die maak is baie meer bekend in Europa en Engeland, en het `n goeie reputasie daar. Daar is `n paar reviews beskikbaar as jy bietjie kan Google.
Die Elos reeks (A, B en C) lyk na goeie waarde vir geld gewere, wat redelike nuwe tegnologie gebruik (soos back-bored lope om terugskop te verminder en "patterning" te verbeter, interne wurgstukke ens.). Die B model het nie `n tas by nie.
Die afwerking op die geweer is een of ander titanium finish wat hulle self ontwikkel het, en wat blykbaar lank hou.
Die gewere word deur Nicolas Yale ingebring sover ek weet, en hulle kan onderdele ens. verskaf indien dit nodig sou word. Die Elos reeks is redelik nuut, en het nog nie sy eie reputasie opgebou nie, so jy werk maar op die vervaardiger se reputasie.
Nie `n sleg koop teen die prys nie. Almal wat kyk om in hierdie prysklas nuut te koop word altyd aangeraai om liewer na `n tweedehandse Beretta te kyk. Dit is seker nie slegte raad nie, maar sover ek kan vasstel is tweedehandse Beretta's net bietjie meer vollop as hoendertande.
Hoop dit help.
Groete
Schalk

Last edited by Schalk75 on Fri Jan 18, 2013 11:49 am, edited 1 time in total.
-
Beer (Christo)
- Hero Member

- Posts: 1150
- Joined: Wed Dec 28, 2011 1:41 pm
Re: Fabarm Elios B Field O/U shotgun
Hallo Schalk
Dankie vir die terugvoer. My vriend se het het goeie reviews raak gegoogle. Ek het nou net vir my 'n Beretta Silver Pigeon 1 gekoop op die spesiale aanbod by S&O.
Vir R4.5k meer kan hy die Beretta koop. Ongelukkig is dit bo sy begroting.Ek weet egter te min om te kan se of die Beretta beter gaan wees as die geweer.
Groete
Christo
Dankie vir die terugvoer. My vriend se het het goeie reviews raak gegoogle. Ek het nou net vir my 'n Beretta Silver Pigeon 1 gekoop op die spesiale aanbod by S&O.
Vir R4.5k meer kan hy die Beretta koop. Ongelukkig is dit bo sy begroting.Ek weet egter te min om te kan se of die Beretta beter gaan wees as die geweer.
Groete
Christo
-
Schalk75
- Full Member

- Posts: 214
- Joined: Fri Dec 14, 2012 8:14 am
Re: Fabarm Elios B Field O/U shotgun
Ek is in dieselfde situasie dat die Beretta bo my begroting is, so ek kyk ook in sy prysklas.
Die feit bly staan is dat die gewere in hierdie laer prysklas dalk nie so goed afgewerk is nie (hout tot metaal, grafeerwerk, blou en masjienmerke), maar hulle werk nogsteeds baie goed, en het in die laaste vyf jaar baie verbeter agv nuwe grafeertegnieke ens.
Die groot pyn gaan inkom as jy hom weer wil verkoop. Jy gaan goeie geld vir die Beretta kry tweedehands, terwyl op die Fabarms/Lanber/Huglu/Bettinsoli ens. gaan jy beslis geld verloor.
Dieselfde maar of jy `n Mercedes koop of `n GWM. Die een sal altyd sy waarde beter hou.
Groete.

obasch
- Hero Member

- Posts: 726
- Joined: Mon Feb 20, 2012 6:20 am
Re: Fabarm Elios B Field O/U shotgun
In 'n redelike onlangse uitgawe van SA Jagter verskyn 'n artikel waarin Prof. Brian Reilley 'n Fabarm getoets het en hy skryf hom goed aan, hy ken van haelgewere.
As 'n geweer ernstig vir kleie gebruik word is sy herverkoopwaarde in elk geval daarmee heen, of dit 'n Beretta of Perazzi of wat ookal is. Waar die verskil gaan inkom is dat die Beretta miskien 'n paar jaar langer gebruik gaan word.
As die verskil van ongeveer R4000 tussen 'n Fabarm en Beretta regtig 'n issue is, koop die Fabarm en geniet hom vir baie jare.