Page 1 of 1

Waar is jou lisensie

Posted: Fri Jan 11, 2013 7:56 pm
by Cobus(Cobb)
Waar bêre jy jou liksens?Wat sê die wet?

Cheers

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Fri Jan 11, 2013 8:00 pm
by tripodmvr
Het afskrif gemaak van al my lisensies en hou dit in my voertuie waarmee ek die meeste ry. Het sommer ook elektroniese afskrifte (PDF) na my plaaslike geweerwinkels gestuur.

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Fri Jan 11, 2013 8:03 pm
by PJS
Wel ek maak maar so. Hy is in so klein plastiek houer in my ammo boks. Elkeen van die kalibers in hulle eie. EK kan mos nie gaan skiet sonder gelaaide rondtes nie so die ammo boks gaan waar die geweer gaan en die gaan waar ek gaan as ek skiet. Hulle slaap ook saam met die gewere in die kluis!
Weet nie dis maar wat ek doen.
Mooiloop
PJ

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Fri Jan 11, 2013 10:14 pm
by Carl
Kluis tot ek dit nodig kry, skiet of sjopping. O en 1 is by die CFR. ;D

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 8:30 am
by theedge
Hou maar altyd die nodige goed by my

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Sat Jan 12, 2013 8:56 am
by Reggie Gerber
Afskrifde in kluis. Oorspronklikes in beursie

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Mon Jan 14, 2013 6:19 pm
by Johan Reyneke
Afskrifde in kluis. Oorspronklikes in beursie

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Fri Mar 15, 2013 6:06 pm
by tau
Altyd een by my vir kruit en primer aankope. Ek bly ver van alles af en so nou en dan moet ek jaag vir werk dan stap ek vinnig by Safari in. Die ander in veilige plek weg van wapens.

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Sat Mar 16, 2013 7:14 am
by Killzone
Daar was onlangs 'n gesprek op 'n ander forum waar een van die lede se beursie gesteel is. Sy pistool lisensie was in sy beursie. Hy is nou bekommerd dat hy geteiken gaan word omdat die boosdoeners nou weet waar hy bly en dat hy vuurwapens het. Dit is vir my ook 'n bekommernis. Daar was goeie advies deur een van die ander lede gegee. Hy het een van hierdie plastiek lisensie houers gevat en 'n lanyard aan gesit. Hy sit sy pistool lisensie en bestuurlisensie daarin en hang dit om sy nek , onder sy hemp. Ek gaan ook iets soortgelyk doen vir my S13 lisensie. Vir my geweer/e gaan ek die selfde plastiekhouer neem en 'n caribeaner aan sit. Dit gaan dan aan die triggerguard van die betrokke geweer en in die kluis. Die twee is dan altyd saam. As ek die geweer uithaal, dan sit ek net die kaartjie houer aan my belt of karsleutels.

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Thu Mar 28, 2013 9:57 am
by Carl
'n Vriend se bakkie (Toyota) is die naweek by sy huis gesteel, beursie binne in. Lisensies saam met als weg!

KZ ek gaan ook so patent soek want my kaartjies beskadig in my sak.

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Thu Mar 28, 2013 10:06 am
by Riaan Beeslaar
More

Ek persoonlik bere hulle maar in die kluis, en sit hulle in geweer kas as ek met hulle moet rondloop.

Groete
Riaan

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Thu Mar 28, 2013 10:54 am
by JAGTERSREG-JRM
Al die lisensies is in die kluis.my handwapen wat ek daagliks dra se lisensie is in my beursie

Groete
Kobus

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Thu Mar 28, 2013 10:58 am
by FCLoretz
Killzone wrote:Daar was onlangs 'n gesprek op 'n ander forum waar een van die lede se beursie gesteel is. Sy pistool lisensie was in sy beursie. Hy is nou bekommerd dat hy geteiken gaan word omdat die boosdoeners nou weet waar hy bly en dat hy vuurwapens het.
Daar was 'n hele ruk terug 'n huis inbraak in die roodepoort area. Waar die man doodgeskiet is. Hulle het die beursie gevat en die lisensie gesien. Hulle het daarna 'n pistool teen die vrou se kop gedruk en aan gedring dat sy die kluis oopmaak saodat hulle die pistool in die hande kon kry. Laat mens wonder waar moet jy jou lisensie aanhou

Ek hou my lisensie in my kluis tot ek skietbaan toe gaan of gaan jag.

Re: Waar is jou lisensie

Posted: Fri Mar 29, 2013 6:14 am
by Henry 7
My geweersak het weerskante sakkies om iets in te sit en hulle bly daar-as ek 'n geweer vat en in die sak sit is hulle daar.Moet maar onthou om hulle saam te vat as ek stad toe gaan en iets wil koop.