Page 1 of 1
vleisetende plante
Posted: Tue Jan 08, 2013 2:18 pm
by Frikkiedbr
As ek mag vra wie het van die plante?
Ek het 'n venus fly trap en wil graag met die ander ook begin maar soek bietjie raad.
[img width=560 height=420]
http://i1195.photobucket.com/albums/aa3 ... b77c3a.jpg[/img]
[img width=360 height=480]
http://i1195.photobucket.com/albums/aa3 ... 852c6a.jpg[/img]
Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 08, 2013 8:28 pm
by wlm
Frikkie
Die fotos is mooi. Vertel ons so bietjie van jou Venus. Waar gekry, versorging, ens.
Re: vleisetende plante
Posted: Wed Jan 09, 2013 8:28 am
by Frikkiedbr
Bietjie meer inligting oor die plant.
Waarom te kry
Mens kry hulle by die kwekery of sien party winkels verkoop hulle ook.
Nou koop mens hulle en wat maak jy met die plant??
Kry vir jou ‘n bakkie of ‘n houertjie wat jy onder kan sit.
Water
Mens moet gedisteleerde water vir hulle gee. Kraan water maak hulle dood.
Wat ek doen is ek tap water in ‘n koppie en laat dit staan vir so paar dae en gee dit vir my plante.
Mens Moenie plant van bo af water gee nie hy sal dood gaan. Gooi die water in die bakkie onder die plant. As jy sien die water is nie meer daar nie kan jy dit weer op vul.
As julle wel bietjie meer ondersoek in stel oor die net sal julle sien mens moet hulle nat spuit of in ‘n taranium sit. Ek doen dit nie.
Lig: Waar sit mens die plant?
My plante is in die kombuis venster bank. Daar is genoeg son en skaduwee. Hulle hou van die son en die lig. Hulle is nie soos jou kaktus wat heel dag son soek nie.
Voer van plant:
Hulle hou van eet, dit gee hulle voedingsware en die minerale kry hulle uit hulle kos.
Mens moenie die plante Fertiliser gee nie want hulle sal vrek. Soos gesê het kry hulle dit uit die goggas wat hulle eet. Hulle eet krieke, vliee brommers, spinnekoppe.
Ek voer my plant deur die brommers te van en dan in die blare te sit en daai sensor van hulle laat af gaan en dan maak hulle toe.
Daar is nie baie wat mens aan die plant hoef te doen nie, water op vul en so nou en dan vliee of brommers voer.
As die plant klaar lekker geeet het dan bly die gogga se karks agter, jy kan dit met 'n stokkie verwyder. Hy sal seker toe gaan maar dit sal weer oop
gaan want hy voel daar is niks binne in nie.
Daar gaan wel van die blare dood en dan sny mens dit maar net af. Soos met enige plant.
As julle bietjie meer wil lees, hier is ‘n site wat meer vertel:
http://science.howstuffworks.com/life/b ... ytrap2.htm
http://mycarnivore.com/venus-fly-trap-care.php
Re: vleisetende plante
Posted: Wed Jan 09, 2013 8:38 pm
by wlm
Dankie Frikkie
Die biologiese vliegvanger lyk sommer mooi. Gaan kyk of enetjie van die Karoo hou.

Re: vleisetende plante
Posted: Thu Jan 10, 2013 7:17 am
by Frikkiedbr
Wlm, ek dink hy sal van die Karoo hou lekker warm daar.

Re: vleisetende plante
Posted: Thu Jan 10, 2013 8:39 am
by Gert Odendaal
Frikkie ...met ons munisipaliteite wat nie die mas opkom nie en nie die riolering verwerkings kapasiteit het nie sal jy `n groot mark een van die dae he as jy die plante op grootskaal kweek...ek weet net nie of hulle ons suid-afrikaanse brommers sal kan baasraak nie..hulle is groot ,sterk en taai geteel..

..
Re: vleisetende plante
Posted: Thu Jan 10, 2013 8:50 am
by Frikkiedbr
Re: vleisetende plante
Posted: Thu Jan 10, 2013 2:28 pm
by FHM
Frikkie gaan kyk bietjie hierso hoeveel van die vleisvretende plante daar is - mooi fotos ook
http://www.google.fr/search?q=insect+ea ... 48&bih=567
Re: vleisetende plante
Posted: Fri Jan 11, 2013 7:19 am
by Frikkiedbr
Nee FHM wat het jy nou gemaak
Nou wil ek meer hê, aai
Dankie en mooi dag verder.
Re: vleisetende plante
Posted: Sun Jan 13, 2013 7:26 pm
by Pvdw
Frikkie die plante is verstommend. Ek het jare terug van dit gehad. Die bekende Venus fly trap is baie intersant maar wat my meer aangetrek het is ons eie inheemse Sundew spesies. Hulle is hier reg onder ons neus in ons eie land. Soek en jy sal hulle vind.
Hier is 'n link na algemene sundew fotos op Google.
http://www.google.co.za/images?hl=af&q= ... sult_group
Inheens is altyd meer interesant vir my
Peet
Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 15, 2013 8:59 am
by Frikkiedbr
Hello Peet,
Ek het gesien hulle is hier saam ons en ons weet nie eers van dit nie.
Hulle is maar 'n taai storie
Dis blykbaar nie 'n goeie ding om hulle hier te kry of uit te haal nie, hulle oorleef nie soos die wat mens koop nie.
Die wat mens koop het hulle so bietjie gemodify. Gekruis met ander en hulle is sterker plantjies. weet nie hoeveel van die is waar nie.
Maar sien die manne wat ken skryfg die oor hulle.
Ek stel in die Nepenthes nou beland en gaan so paar aanskaf en sien hoe hulle groei.
Hier is so paar foto's van hulle

Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 15, 2013 10:06 am
by wlm
Die outjie met die oranje T-hemp is beslis vleis-etend, wat eet die plant?

Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 15, 2013 11:42 am
by Frikkiedbr

ja nee kyk wlm.
Hulle vreet paddas, muise, vliee, enige iets wat daar in val gaan geeet word.
die wat wel kan uit kom is gelukkig

Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 15, 2013 12:10 pm
by Kruger
Kry mens grotes ook? Bedoel soos in groot genoeg om skoonma baas te raak.
Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 15, 2013 1:21 pm
by Frikkiedbr
Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 15, 2013 2:09 pm
by Spanner
Ja, hy sal jou skoonma baas kan raak - jy moet haar net eers in klein genoeg stukkies sny sodat dit in die bek van die plant kan inpas !
My raad is , spoel maarin die toilet af - jy hoef haar dan nie so fyn te sny nie !

Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 15, 2013 3:20 pm
by PaulM
Ek het ook 'n paar jaar gelede 'n Venus Flytrap gehad, maar dié is ongelukkig na 'n paar maande oorlede. Ek sal
graag weer wil probeer, dit lyk my ek sal meer raad tot my beskikking hê hierdie keer.
Re: vleisetende plante
Posted: Tue Jan 15, 2013 3:31 pm
by wlm
Spanner wrote:
Ja, hy sal jou skoonma baas kan raak - jy moet haar net eers in klein genoeg stukkies sny sodat dit in die bek van die plant kan inpas !
My raad is , spoel maarin die toilet af - jy hoef haar dan nie so fyn te sny nie !
Spanner
As jy 'n septiese tenk het moet jy nie snaakse goed in jou toilet afspoel nie. Dit maak die bakteriee wat die riool verteer dood.
