vleisetende plante

Enige besprekings/vrae ivm boerdery bedrywighede.
Post Reply
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

vleisetende plante

Post by Frikkiedbr »

As ek mag vra wie het van die plante?

Ek het 'n venus fly trap en wil graag met die ander ook begin maar soek bietjie raad.

[img width=560 height=420]http://i1195.photobucket.com/albums/aa3 ... b77c3a.jpg[/img]
[img width=360 height=480]http://i1195.photobucket.com/albums/aa3 ... 852c6a.jpg[/img]
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: vleisetende plante

Post by wlm »

Frikkie
Die fotos is mooi. Vertel ons so bietjie van jou Venus. Waar gekry, versorging, ens.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: vleisetende plante

Post by Frikkiedbr »

Bietjie meer inligting oor die plant.

Waarom te kry
Mens kry hulle by die kwekery of sien party winkels verkoop hulle ook.
Nou koop mens hulle en wat maak jy met die plant??
Kry vir jou ‘n bakkie of ‘n houertjie wat jy onder kan sit.

Image
Image

Water

Mens moet gedisteleerde water vir hulle gee. Kraan water maak hulle dood.
Wat ek doen is ek tap water in ‘n koppie en laat dit staan vir so paar dae en gee dit vir my plante.
Mens Moenie plant van bo af water gee nie hy sal dood gaan. Gooi die water in die bakkie onder die plant. As jy sien die water is nie meer daar nie kan jy dit weer op vul. 
As julle wel bietjie meer ondersoek in stel oor die net sal julle sien mens moet hulle nat spuit of in ‘n taranium sit. Ek doen dit nie.
Image

Lig: Waar sit mens die plant?
My plante is in die kombuis venster bank. Daar is genoeg son en skaduwee. Hulle hou van die son en die lig. Hulle is nie soos jou kaktus wat heel dag son soek nie.

Voer van plant:
Hulle hou van eet, dit gee hulle voedingsware en die minerale kry hulle uit hulle kos.
Mens moenie die plante Fertiliser gee nie want hulle sal vrek. Soos gesê het kry hulle dit uit die goggas wat hulle eet. Hulle eet krieke, vliee brommers, spinnekoppe.
Image
Image

Ek voer my plant deur die brommers te van en dan in die blare te sit en daai sensor van hulle laat af gaan en dan maak hulle toe.
Daar is nie baie wat mens aan die plant hoef te doen nie, water op vul en so nou en dan vliee of brommers voer.
As die plant klaar lekker geeet het dan bly die gogga se karks agter, jy kan dit met 'n stokkie verwyder. Hy sal seker toe gaan maar dit sal weer oop
gaan want hy voel daar is niks binne in nie.

Daar gaan wel van die blare dood en dan sny mens dit maar net af. Soos met enige plant.
Image


As julle bietjie meer wil lees, hier is ‘n site wat meer vertel:
http://science.howstuffworks.com/life/b ... ytrap2.htm
http://mycarnivore.com/venus-fly-trap-care.php
Last edited by Frikkiedbr on Wed Jan 09, 2013 8:30 am, edited 1 time in total.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: vleisetende plante

Post by wlm »

Dankie Frikkie
Die biologiese vliegvanger lyk sommer mooi. Gaan kyk of enetjie van die Karoo hou. :D
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: vleisetende plante

Post by Frikkiedbr »

Wlm, ek dink hy sal van die Karoo hou lekker warm daar.  ;D ;D
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Gert Odendaal
Hero Member
Hero Member
Posts: 984
Joined: Sat Apr 21, 2012 9:53 pm

Re: vleisetende plante

Post by Gert Odendaal »

Frikkie ...met ons munisipaliteite wat nie die mas opkom nie en nie die riolering verwerkings  kapasiteit het nie sal jy `n groot mark een van die dae he as jy die plante op grootskaal kweek...ek weet net nie of hulle ons suid-afrikaanse brommers sal kan baasraak nie..hulle is groot ,sterk en taai geteel.. ;D ;D..
.458 Mannlicher Schoenauer
.404 Jeffery M98 aksie (.423) VZ34 aksie 80 jaar oud
.375 H&H Magnum Cogswell & Harrison VZ24 BRNO M98 -aksie
8x57 JS Mauser
7.62 Israeli Mauser (M98)
.22LR Semi-auto Gevarm E-1
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: vleisetende plante

Post by Frikkiedbr »

Ja nee Oom Gert dit is so waar en dalk moet ek daai Groot Venus Fly traps kweek wat hulle in die fliek gebruik. Little house of horros
Hulle sal van die lastige mense wat in ons erf op vreet  ;D ;D ;D

Image
Image
Last edited by Frikkiedbr on Thu Jan 10, 2013 9:46 am, edited 1 time in total.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
FHM
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Tue Mar 20, 2012 2:58 pm

Re: vleisetende plante

Post by FHM »

Frikkie gaan kyk bietjie hierso hoeveel van die vleisvretende plante daar is - mooi fotos ook ;)
http://www.google.fr/search?q=insect+ea ... 48&bih=567
Last edited by FHM on Fri Jan 11, 2013 10:11 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: vleisetende plante

Post by Frikkiedbr »

Nee FHM wat het jy nou gemaak  :o :o

Nou wil ek meer hê, aai  ;D ;D

Dankie en mooi dag verder.
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Pvdw
Hero Member
Hero Member
Posts: 5134
Joined: Sun Aug 16, 2009 7:24 pm

Re: vleisetende plante

Post by Pvdw »

Frikkie die plante is verstommend. Ek het jare terug van dit gehad. Die bekende Venus fly trap is baie intersant maar wat my meer aangetrek het is ons eie inheemse Sundew spesies. Hulle is hier reg onder ons neus in ons eie land. Soek en jy sal hulle vind.

Hier is 'n link na algemene sundew fotos op Google.

http://www.google.co.za/images?hl=af&q= ... sult_group

Inheens is altyd meer interesant vir my 8) 8)

Peet
Work to live, don"t live to work
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: vleisetende plante

Post by Frikkiedbr »

Hello Peet,

Ek het gesien hulle is hier saam ons en ons weet nie eers van dit nie.
Hulle is maar 'n taai storie  ;D ;D

Dis blykbaar nie 'n goeie ding om hulle hier te kry of uit te haal nie, hulle oorleef nie soos die wat mens koop nie.
Die wat mens koop het hulle so bietjie gemodify. Gekruis met ander en hulle is sterker plantjies. weet nie hoeveel van die is waar nie.
Maar sien die manne wat ken skryfg die oor hulle.

Ek stel in die Nepenthes nou beland en gaan so paar aanskaf en sien hoe hulle groei.
Hier is so paar foto's van hulle
Image
Image
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: vleisetende plante

Post by wlm »

Die outjie met die oranje T-hemp is beslis vleis-etend, wat eet die plant? ;D
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: vleisetende plante

Post by Frikkiedbr »

;D ;D ja nee kyk wlm.
Hulle vreet paddas, muise, vliee, enige iets wat daar in val gaan geeet word.
die wat wel kan uit kom is gelukkig  :-\
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Kruger
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 438
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm

Re: vleisetende plante

Post by Kruger »

Kry mens grotes ook? Bedoel soos in groot genoeg om skoonma baas te raak.
Winners never quit - Quitters never win.
User avatar
Frikkiedbr
Hero Member
Hero Member
Posts: 4254
Joined: Wed Jan 26, 2011 11:05 am

Re: vleisetende plante

Post by Frikkiedbr »

;D ;D seker  kruger, sal nie weet nie :laugh: :laugh:
"Yesterday is history. Tomorrow is a mystery. Today is a blessing".
Find us on Facebook
Let Us Join The Dots In Your Design
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: vleisetende plante

Post by Spanner »

Ja, hy sal jou skoonma baas kan raak - jy moet haar net eers in klein genoeg stukkies sny sodat dit in die bek van die plant kan inpas !  :)

My raad is , spoel maarin die toilet af - jy hoef haar dan nie so fyn te sny nie !  :-X
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
User avatar
PaulM
Hero Member
Hero Member
Posts: 881
Joined: Mon Jul 09, 2012 8:48 pm

Re: vleisetende plante

Post by PaulM »

Ek het ook 'n paar jaar gelede 'n Venus Flytrap gehad, maar dié is ongelukkig na 'n paar maande oorlede. Ek sal
graag weer wil probeer, dit lyk my ek sal meer raad tot my beskikking hê hierdie keer.
PaulM

Soos ons vadere vertrou het,
Leer ook ons vertrou, o Heer.
Met ons land en met ons nasie
Sal dit wel wees, God regeer.
wlm
Hero Member
Hero Member
Posts: 2454
Joined: Fri Aug 12, 2011 5:55 pm

Re: vleisetende plante

Post by wlm »

Spanner wrote: Ja, hy sal jou skoonma baas kan raak - jy moet haar net eers in klein genoeg stukkies sny sodat dit in die bek van die plant kan inpas !  :)

My raad is , spoel maarin die toilet af - jy hoef haar dan nie so fyn te sny nie !  :-X
Spanner
As jy 'n septiese tenk het moet jy nie snaakse goed in jou toilet afspoel nie. Dit maak die bakteriee wat die riool verteer dood. ;D ;D ;D
Post Reply