Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Een van my nuwejaars voorneme saam met die maer word en minder bierdrink is om 'n mooi trofee gewoone springbok teen my muur te he teen die einde van die jaar. Ek het al bitter baie springbokke in my lewe geskiet en selfs oeswerk gedoen vir 'n jaar of twee, maar gewoontlik (in die nag) skiet jy die bok se koppie bokveld toe!
Ek weet van Julian Theron in De Aar, maar is seker daar sal van julle manne wees wat ook weet van plekke waar daar nog 'Harley davidsons' rondloop
Ek en die meneer het mekaar hier by die Spitzkoppe (tussen SKP en Usakos) raakgeloop laasjaar toe ek besig was met konsessie skiet - dis die grootste s-bok horings wat ek al teegekom het. Dis Rowland Ward horings daai, maar ons kon dit nie registreer nie omdat dit konsessie bok was (volgens die PH wie se konsessie dit is)
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Carl wrote:
Hoe so Francois? Mens kan dan selfs horings optel en dit instuur?
Wat het hulle gemeet?
Carl ek het nog nooit en sal ook nie trofee jag nie - dis n persoonlike ding - dus weet ek van trofee goeters minder as my ouma van NASA. Die PH het my net gese ons kan dit ongelukkig nie as n trofee registreer nie omdat dit n konsessie jag was vir vleis vir die PB's. Nie dat dit my enigsins pla nie - ek het net gedink dis n vermorsing as sulke voortreflike horings nie geboek word nie - maar nou ja ek is n leek by daai goeters en berus by die PH se besluit. Die PH het darem die horings gevat hoor - dalk pop dit erens in n rekord boek erens onder sy naam - dit is immers sy konsessie
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
FHM
Daar's die vangplek - die PH het die horings gevat!!!!! Sommige van hulle is erger as sommige van die skelms in die boubedryf!!!!!!!!!!!!!!
Mooi loop
Jip iets soortgelyks. Jy is voorwaar 'n gelukkige man!
Die eerste prys wat ek sover kon kry vir 'n 16" ram is R8000! Effens te hoog vir my. ek wou eers vir die man se wat hy met daai bok kan doen, maar ek was bang daar sit klaar 'n R5000 se gemsbok wat hy vir biltongjag aanbied!
Ek sal maar bly soek! Lyk my Nam is maar die enigste plek om te gaan probeer. net jammer dit is so diep ver!
Koos ja jy is 10/1 reg, maar dis fine met my want ek is nie n trofee-man nie - as die knaap dan nou n bok wat ek geskiet het se horings op n rekord boek inkry onder sy naam is dit reg so - ek is glad nie verlee nie - ek het ten minste n paar fotos en dis genoeg vir my.
Last edited by FHM on Fri Jan 11, 2013 11:45 am, edited 1 time in total.
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Jip iets soortgelyks. Jy is voorwaar 'n gelukkige man!
Die eerste prys wat ek sover kon kry vir 'n 16" ram is R8000! Effens te hoog vir my. ek wou eers vir die man se wat hy met daai bok kan doen, maar ek was bang daar sit klaar 'n R5000 se gemsbok wat hy vir biltongjag aanbied!
Ek sal maar bly soek! Lyk my Nam is maar die enigste plek om te gaan probeer. net jammer dit is so diep ver!
Groetnis,
Frikkie
Frikkie pm my met jou e-pos adres dan stuur ek vir jou 1 of 2 pryslyste vir trofee springbok.
Vrek ek sien nou ek het die pryslyste waarop trofee-pryse was gedelete van my rekenaar af - skuus man.
Probeer gerus hierso as jy wel n trofee S/bok in Nam wil kom jag. Baie jag outfitters n in NAM adverteer hierso http://www.africahunting.com/hunting-di ... ng_namibia
EDEN Jag Safaries hier in Nam lewer ook goei trofees www.eden-wildlife.com/
Lyk my ek het reg gekom in die Aranos distrik. Smaak my daars 'n man wat 'n 17 duimer of 3 het wat ek kan gaan pluk, dis nou te se as ek nie so erg van die bok koors is dat ek die sopkoppie lang hom raak bewe nie!
Die bokkies is bespreek en reeds betaal, nou moet die ek, my roer en die hilux net ons kant bring. Ek sal die foto's post sodra ek hulle in besit geneem het!!!
Ek het gisteraand amper nie 'n oog toe gemaak nie! My vrou wil weet wat de hel met my aangaan, ek het mos al duisende springbokke geskiet, maar hulle sal ook nooit verstaan nie.
Ja nee ou Frikkie die skoner geslag sal maar net nie verstaan hoe n man se siel werk as dit by jagbeplannings en die opbou eb afwagting van die trip kom nie...ek het sover al 30 jaar probeer verduidelik - elke jaar is ek terug na bladsy 1 par 1
Francois
.22 Rem mod 597
6.5 Cr WBY VMC
.45 Beretta PX4 Storm SD
Waar het jy reggekom as ek mag vra? Ek is ook in die Aranos distrik, so 150km van Aranos self, maar nou kan jy mos enige rigting van Aranos af jag.
Vra maar net vir interessantheid. (of is ek nou nuuskierig)
Ek hoop jy kry daardie trofee.
Die jag is deur een van my universiteits vrinne gereel, dus het ek self nie met die man gepraat nie, ek sit self in afwagting vir die aanwysings na die plaas. Ek weet die eienaar is in die wild vang bedryf.
Nee man, ek weet regtig nie wie dit kan wees nie, want hier is maar redelik paar manne rondom Aranos wat roei met wild, so dit kan een van paar wees en hier by ons is 150 - 200km mos nie baie ver nie, maar dan kan dit maak dat jy nie eintlik die persoon so goed ken nie.
Jy sal seker darem later hoor waar jou bok loop