Page 1 of 3
Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 12, 2010 8:29 am
by skyfire
Algemene navraag oor die boer se opinie oor die gebruik van n helikopter teen ongediertes.
Hou in gedagte dat die metode misbruik was en steeds is deur sekere operateurs daar buite wat die metode n baie slegte naam gegee het

.
Slegs n kort weergawe van die korrekte metode.
Die helikopter word in geroep na die boer. Daar word gespesifiseer hoeveel tyd die boer wil spandeer (insluitende die tyd wat dit neem om die helikopter by die boer te kry) op sy plaas met die helikopter en probleemareas word geidentifiseer. Die boer vlieg teen alle tye saam met die helikopter aangesien hy betaal en die plaas die beste ken nauurlik. Daar word nie n vooi gehef vir jakkalse wat geskiet is uit die helikopter nie maar wel n daaglikse fooi om die helikopter se grondspan te dek vir brandstof en vervoer.
Die helikopter word uit gehuur teen plus min R3800 per uur waar n gemiddeld 2500ha per uur gedek kan word.
Die grandspan se fooi is gewoonlik R1300 per dag.
Sodra die diens klar gelewer is sal die volgende boer gekontak word mits dar n belangstelling is na die helikopter.
Opinies welkom....
Skyfire!
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 12, 2010 8:39 am
by NICO
Skyfire
More en welkom op die Forum.
Ek het al baie stories gehoor van manne met helikopters wat so teen R3500 per uur vlieg en dan ook nog R500 per ongedierte vra. Daar is dan nie n grondspan nie.
Kyk dit is seker n metode wat werk maar dit is n baie duur metode.Jou ander wild op die plaas het mens ook maar redelik skade mee terwyl die helikopter daar is, hulle hardloop hulle vrek teen die drade en alles is verwilder op die grond.
Dit is maar wat ek dink
Nico
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 12, 2010 9:01 am
by tafjak
Skyfire
Welkom. Wat is jou bevindinge met heli? Hoeveel jakkalse per uur gemiddeld? Hoe gaan julle te werk? Hoe tel julle die dooie jakkalse? Hoe lank jag jy hule met heli? Wanneer is die jakkalse die maklikste(tyd van die jaar)? Wat is die sukses ratio in die vlaktes teenoor die berge?
Groete
Taffie
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 12, 2010 9:03 am
by skyfire
Ja nee kyk dit is duur MAAR....
Dit werk duur uit sodra daar nie jakkalse geskiet word nie. Vorige operateurs het gevlieg vir bv 3ure en geen jakkalse wordgeskiet nie. Hulle kan ook nie die boer saam vlieg nie aangesien dit moontlik met n 2 sitplek helikopter uitgevoer was. R3500 is baie goedkoop, maar daar word nou weer per jakkals ook geld gevra waar dit die motivering vir oneerlikheid uit lok!
Die grondspan moet daar wees om die avgas rond te ry aangesien dit nie die boer se verantwoordlikheid is nie...
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 12, 2010 9:13 am
by skyfire
Jis Taf, hoop dit gan goed en dat jy die jakkie klap daar bo!
Kyk die jakkies kom mos oral voor soos jy al weet maar dit is in die oggende en laat middag die beste tyd om te probeer met die helikopter.
Die berge en die "skelm" koppies is die beste plekke om in te gaan krap met die helikopter. Vlaktes is nie die beste plek nie aangesien die jakkals nie in die vlaktes nes maak nie, maar dit is so dat mens hom soms in die vlaktes raak vlieg en dan verander sy drafstap baie gou in n wedstryd vir oorlewing!
Die dooie jakkalse word nie opgetel nie aangesien dit duursame vliegtyd kos as ook die boer sien dat die jakkals geskiet is. (sien my vorige post) Die boer stuur gewoonlik die perd om die ondiet te gan optel. Om dit die meoie werd te maak moet mens met die helikopter so 3-4 jakkies per uur skiet. Dit gebeur dat mens soms 18 per uur skiet MAAr en hoor mooi MAAR, dit gebeur selde....
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 12, 2010 1:45 pm
by CHRIS
skyfire
Baie welkom hier by ons. (Hoop jy s? wie die jaracal sticker op jou primus geplak het.)
Jou metode kan werk maar ek dink so elke s? 3 jr net om die skelm jakkies te knou, maar dan moet jy met die betrokke plaas se jak jagter saamwerk dat jy bv gps lesings kan kry van waar jakkies ligsku of so iets is.
ek dink waar hellikopter handig sal wees en dit is iets wat ons kan bespreek is om op redelike hoogte,, bv oktober november ,,net neste tesoek wat baie vliegtyd sal spaar
Groete Chris
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 12, 2010 2:50 pm
by tafjak
Chris
Jy s? primus, lyk meer soos 'n draadkar vir my, ry net nie so lekker nie.
Heinrich het eendag ges? dat as hy heli moet kry om jakkalse te skiet, sal dit in die winter wees. Jakkalse is dan oor die algemeen duurder(pilot kan heater aansit, of fan afsit) en dan lyk die heli-jakkalse se pryse nie so sleg nie. Geneig om saam met hom te stem.
Ek dink heli-jakkalse het 2 pryse. Plek met kleinveeboere en waar daar beheer toegepas word het 'n prys en dan sommer daar waar baie jakkalse is(bees- en wildplase) die ander prys. Die 2 pryse verskil drasties sou ek reken.
Skyfire
Wanneer maak jy weer draai oor Karoo Safaris? Jy sal bietjie moet gaan platmaak daar, anders is ou Tafjak se vantjie weer vol hier teen Oktober.

Ja-nee, die helikopter is nodig om jakkalse se getalle laag te hou. Die kuns egter wil dit voorkom is wanneer om die heli te gebruik.
Mooiloop
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 12, 2010 6:24 pm
by MEERKAT
Skyfire
Boere in die Weskaap gaan gebuk onder die permit stelsel, reik Natuurbewaring 'n permit uit vir helikopter skiet?
MEERKAT
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Tue Jul 13, 2010 8:03 am
by skyfire
CHRIS
Ja nee die sticker was nog op die heli tot nou die dag, maar moes hom verwyder toe ek vir die parkeraad gaan vlieg het. Dink nie dit sal so goeie verhouding bou met hulle nie. Snaaks genoeg as ons die wildtellings doen en ek gewaar n jakkals is dit soos n natuurlike reaksie om op hom in te beweeg en hom plat te skiet, maar dan onthou ek saam met wie ek vlieg....dan se ek maar dit was n ligte windjie wat die ruk veroorsaak het!

Onthou asb om vir my die vergaderings se datums deur te stuur...
Tafjak
Jy se jou fantjie gaan hardloop daardie tyd? Saak is reg, wurg die jakkies! Jy moet asb vir jou my besonderhede stuur sodat ek jou kan kontak, dalk kan ons saam werk. Ek benodig n skut... Dit is belangrik om die tyd in ag te neem sodra mens wil skiet met die helikopter asook die temperatuur, MAAR gedurende die wildtellings het ek nou al probeer om temperatuur, lugdruk as ook tyd van die dag neer te skryf en te sien of daar nie n patroon is nie. Ek het self die maan in ag geneem, maar ek kon niks agter kom nie. Die jakkies hardloop eenvoudig oral rond. Wat ek wel gevind het is dat die jakkies meer op die koppies hardloop as ook die graskoppe, maar nooit in die vlaktes nie. Hulle staan stil of hardloop sodra hulle die helikopter gewaar so ek dink nie mes kan staat maak op n bewegende voorwerp as middel om hulle raak te sien nie en dit is hoekom jou pilot en skut goeie ondervinding moet he. Dit sal egter verskil op vee plase maar ek glo dat die prinsiep dieselfde bly. dit is baie diverse onderwerp, as mens in ag neem dat die jakkalse eerder op wildplase hul nest maak as op die boer se plaas waar daar druk is. Chris het n goeie idee om die neste te soek, mens moet net biki meer n teorie na vore bring en dan kyk of dit werk.
MEERKAT
Die boere reg oor SA moet permit aansoek doen om enige skietwerk van die helikopter toe doen. Die probleem hier agter is dt die permit "laat" uit gereik word. maw die permit aansoek word goed gekeur nadat die helikopter skiet verby is en omdat die helikopter skiet van dag tot dag en weergebonde is, maak dit dinge moeilik om n permit te kry voor die skiet. Ons doen aansoek maar nie vir al die plase nie.... Dis oom moeilik om te bewys dat daar jakkalse geskiet word

Sal graag met julle in die weskaap ook in kontak wil tree aangesien ek moontlik in die nabye toekoms in die Williston area sal wees.
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Tue Jul 13, 2010 9:55 am
by tafjak
Skyfire(klink amper soos Vuurvlieg)
Jong, jy sal 'n DIK

Heli moet h? vir my. Ek is bang ek laat die ou skeef hang. Sal lekker gesels as eers daar is, gaan een van die dae(rondom die 28ste Julie as sneeu eers so bietjie minder is) na Karel Gunther toe. Miskien is jy in die omgewing en kan ons 'n Coke by die Wimpy vat.
Mooivlieg
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Tue Jul 13, 2010 10:21 am
by skyfire
Nee kyk, die ou parrafien windpomp dra biki minder as n TOYOTA, maar ek glo hy sal ons boere in die lug kry!

Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Tue Jul 13, 2010 11:11 am
by Geno
Skyfire,
Kyk, daardie MD500 in jou avatar is 'n lieflike masjien, 'n pel van my se altyd as sy Hughes 300 eendag groot is, is hy 'n MD500!
Groete,
Eugene
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Tue Jul 13, 2010 1:22 pm
by KSV
Skyfire,
As jy eendag hier innie Kalahri rond kom vlie, laat my weet? Wou nog altyd bietjie uit die windpomp 'n probeer skiet.
Jy sal maar vir jou goeie shocks moet insit die plek is se paaie is nogal gaar.
Kalahari Groete
Hein
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Wed Jul 14, 2010 8:01 am
by skyfire
Eugene
Nee kyk dit is n mooi masjien, vlieg baie lekker en is agile soos min!
Hein
Saak is reg ou maat, se net waar en wanner dan maak ons n plan!
Julle moet asb my in kennis stel as enige boere belang stel in die metode van ongedierte beheer. Ek wil n databasis bymekaar kry sodat mens nie ferry tyd en onnodige uitgawes het nie. Ek gaan eerstens fokus op die oos kaap en dan hopelik van daar verder heen.
Groete an almal!
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Wed Jul 14, 2010 8:10 am
by Geno
Verseker, die wildvanger vir wie ek gewerk het Barney O'Hara se 500 gebruik op 'n vangs by Tswalu in die Kalahari, kwaai masjien!
groete,
Eugene
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Fri Jul 16, 2010 8:03 am
by skyfire
Glo die gemiddelde boer dat die metode van ongedierte beheer wel effektief is?
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Fri Jul 16, 2010 6:37 pm
by Jannie
Alle hulp is nodig en mens wil niks negatief opper nie my eie ondervinding is net die helikopter het op my grong gejag tot 2 nm. en niks gekry nie, ek wel ? stewige rekening, en na donker toe gaan ek uit en roep 3 Jakkalse waar hulle oor die eerste kamp gevlieg het, ek kry die impressie dat die helikopter is baie effektief op plekke waar Jakkalse min gepla word en die getalle plaag afmetings bereik het.
Jannie
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 19, 2010 8:29 pm
by CHRIS
SKYFIRE
DIE 10 aUG WEER BOEREVERENIGING.
Hoe lyk dit :okom laai my 28 Aug op dan vlieg ons Tarka toe vir kursus dan leer jy sommer die manne ken dan praat ons saam en mooi oor planne.
Sal help met bietjie parafien
Groete CHRIS
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 19, 2010 9:40 pm
by Robert
Tjopper het vandag by my kom skiet, of moet ek eerder se vlieg.
2,9 uur sonder om 1 jakkie te sien. die vliegkassie is bietjie knap vir die duidelike raamwerk van my toe stuur ek maar my dogter saam om die jakkies te tel wat geskiet raak . Sy was natuurlik heel uit haar vel oor die vliegery.Haar 1ste maal wat sy vlieg.
Sy het na die tyd gevra wat die trippie gekos het en toe ek vir haar die berekende bedrag gee se sy ewe droog ", dit was 'n duur flip"
Ek weet daar loop 'n paar jakkies rond en hulle moet nou maar weer op die ander metodes gejag raak.
Gelukkig spoel die jakkies nie uit nie en is blykbaar aan die min kant. Iewers doen ons iets reg.
My ondervinding van tjopper jag
Robert
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Tue Jul 20, 2010 8:20 am
by JACQUES BOTHA
MMMMMM.
Ek is n groot ondersteuner van gebruik alle maniere om jprobleemdier beheer te doen.
Die vliegmasjien is ook een van daai metodes. Nou laat ek maar my siening gee.
Die probleem is sommige chopper manne vertel die boere dis die alfa en omega van probleemdier beheer....en dis al telke male nie as feit bewys nie soos jyulle kan sien uit verskeie skrywes en waar eks elf presies die volgende dag na die chopper gejag het weer 2 jakkalse en n kat geskiet het waar die chopper net 1 op die plaas gekry het...ok dis nie dat ek se ek is goed nie, dis net ek probeer se elkeen het sy plek in die bedryf...maar moet nie die een bedryf afkraak om jou voet in die deur te kry nie....ok dis nou vir die vliegmasjien operateur...
Die ander een is die boer kom in aanraking met die chopper en se hy sal sy area se manne laat saamstaan...(maar hy wil sy grond omtrent gratis gedoen he) Dit werk ook. Hoekom kan die boer nie ook dieselfde doen vir die roep manne nie? So moet nie die vlieg ding laat doen om n bargain uit die operateur te kry nie.
En net soos roep en ysters en gif het die vliegyster sy plek, maar sso Taffie gese het kom ons praat nooit sleg van mekaar nie....Sien die man wat ons utgevra het na sy op of aanmerkings oor my in SuidWES en hier in bloem het verdwyn na konfrontasie .....(dis dalk omdat hy die waarheid gepraat het?????????????)
My raad aan jagters waar boere laat vlieg het, is hoor daarvan en geniet dit.....hou in jou agterkop wat het dit die boere per probleemdier gekos....en wees trots op jou werk...
Vra jou prys na gelang van jou ondervinding en jou prys op jou tyd....Jy hoef nie vir bykans niks te skiet nie...En jou bakkie mag maar teen AA tariewe ry...
Groete en sterkte aan die jagters wat die ys op die snor voel en die met hulle voete in die vrieskas sit.....en nie wwet waar is die punt van jou neus is nie.....en wat weet oe dit voel om 2 uur of 4 uur die oggend terug te ry huis toe....met sand in die oge.....
mooi bly
JB
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Tue Jul 20, 2010 12:22 pm
by skyfire
CHRIS
Saak is reg jong, ek sal jou kom optel en dan skiet ond deur tarka toe vir die vergadering...

. Sal biki met die boere wil praat jong...
Kom ons wees eerlik...
Helikopter skiet is nie die goedkoopste manier om van probleem diere ontslae te raak nie. Indien daar n helikopter oor n boer se grond gevlieg word is dit relatief maklik om die jakkals te sien en dan te skiet. Indien daar geskiet word, word die prys per jakkals uit gewerk om dit teen die kostes van die helikopter te vergelyk. bv R3800 vir die 1 jakkals in een uur geskiet en as daar 2 geskiet is kos die jakkals R1900 ens ens... Ek glo nie dit is die regte manier om dit te vergelyk nie, soos reeds gese is is die helikopter niks meer as n middel om die probleem diere te onder beheer te hou nie. Sommige boere vind die metode baie doeltreffend waar ander dink dit is nie die moeite werd nie om gebruik te maak van die helikopter nie. Ek voel mens moet die som gaan maak en dit vergely met die moontlikheids risiko dat daar wel nie jakkalse op jou grond geskiet sal word nie en dan met n helikopter rekening sit vir geen dooie jakkals. Ek dink dit is eenvoudige argument van "is die boer bereid om die helikopter in te kry of nie" Is die lamverlies agv jakkalse so drukend dat dit die helikopter regverdig? Jakkalse is baie aanpasbaar en ek dink dat alle metodes aangewend moet word om die ongedierte te bestry. Ek het al ondervind dat indien daar jakkalse geskiet word uit die helikopter, die boer baie bly is en ook die teenoorgestelde. Ek wil graag n eerlike in opregte diens lewer en die boer inlig oor die besluit was hy neem om die helikopter in te roep. Dit is nie lekker om die boer n faktuur uit te skryf waarvoor hy niks verkry het nie.......
Ek het ook met taffie gepraat oor die helikopter skiet en sal julle op hoogte hou.....
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Tue Jul 20, 2010 4:26 pm
by tafjak
Skyfire
Ek hou van jou benadering. As jy in Tarkastad sal wees gaan dit nogal 'n goeie topic word.
Mooiloop
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Sat Jul 24, 2010 2:26 pm
by Foxhound
So lyk 1 van die 11 jakkies wat ons die week met die Microlight hier by ons geklop het, en sy gesigs uitdrukking se als vir jou.....
Ons boer sef en jag self die probleemdiere hier by ons en by die bure, ongelukkig het ons n groot millitere grond langsaan wat vir ons die probleme voed
D.w.s ons gebruik al die metodes tot ons beskikking om jkkies te klop, van nagroep, dagroep, windhonde en gatbrakke, pakke opgeleide jaghonde tot skiet uit micro-light
Die skiet uit die ?rrie uit het wel sy plek en is bai suksesvol in ons plat vlaktes, omrede ons dit vir die plsier begin vlieg het , het ons gou agterv gekom ons sal moet plan sien met die jakkies wat ons uit die lug kan sien en het begin skiet
Jy kry daai super jakkals wat vir nix wil inkom nie, die honde ontduik ens, maar agtermiddag as jy vlieg kry jy hom op sy pad en klop hom, ek glo egter nie dat die vlieg skiet die alfa en omega is nie maar dat mens eerder al die metodes tot jou beskikking moet gebruik en glo dat hul mekaar sal komplimenteer
Ek self roep en jag op baie maniere by ons maar ons vlieg ten minste 1x in 2 weke die plaas goed deur
Groete
Foxhound
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Mon Jul 26, 2010 1:13 pm
by skyfire
Nee kyk, dis skitterend! Skitterend skitterend!
Re: Jakkie vs Helikopter
Posted: Wed Aug 18, 2010 10:17 pm
by Vasvat
Dis vir my baie interesant wat elkeen se mening is rondom die skiet met die chopper, ek doen self jagwerk met chopper en het van die begin af ander uitkyk as meeste "ander" chopper-jagters. Aangesien ek jag vir 'n lewe is dit ontsettend belangrik dat my diens 110% is. Die volgende is gevolgtrekkings wat ek en noem dit maar die span wat saam met my skiet gemaak het oor so sal ons se heelwat, heelwat jakkalse:
1. Die area wat gejag word moet gesien word as geheel, bv. Willomore-distrik = 100 000ha, die totaal jakalse kom uit die hele area.
2. Tyd van dag is nie 'n bepalende faktor nie, my meeste jakalse (27) tussen 12 en 3 geskiet op baie warm ( 32grade) dag in grasvlakte plaas.Temperatuur as dit te koud is speel wel rol, koue fronte groot rol!!!
3. Die werk is slegs so goed soos wat boer sy plaas ken, jakkalse loop die hele terein maar waar bly hy? Hoe groot is jakkalse se gebied, 200ha, 1000ha ons weet nie regtig nie maar as jy 20 jakkalse in 1 uur skiet het jy 'n helse probleem!!

4. Ons vind dat daar natuurlike areas is waar meer jakkalse is en dan weer minder, noem dit maar bande oor 'n area, jy kry plase waar jy niks skiet en dan weer waar 'n boer se daar is 2 skiet jy sommer 13 (statistiek om te bewys)
5. Vlieg met 'n 4 sitplek sodat die eienaar/persoon wat weet kan saamvlieg, rede: onnodige vliegtyd uitskakel, kan sien ons probeer ons bes om sy probleem op te los. Daar is R22 wat ook die werk doen, vlieg goedkoop kom land by die boer en se daar le 5-7 jakalse daar en daar, boer is tevrede maar is die jakkalse regtig geskiet of verseker ons net nog werk.
6. Jakkalse moet opgetel word vir die redes: hoe oud is hy, jy skiet ongelooflik baie van die skelms wat se kleinkinders al 6 tot 7 jaar is. Oudste tot op hede 13-14 jaar deur mense wat weet gebek, tewe se dragtigheidstatus, gewig en kos in pens ens maak saak as ons vorentoe die regte persone aan ons kant wil he. Jy wil tog weet of dit die %^$$?%$ regte jakals is wat dood is.
7. Sekere areas se tewe is dragtig met gem 6, ander areas met 8 (Statistiek)
8. Chopperkoste: Ferry na 'n gebied word gedeel deur die hele area/gebied so hoe meer deelnemers hoe goedkoper om chopper daar te kry. Boer betaal sy aantal ure ( vlieg so 4000ha/ uur hang af van terrein) plus fooi vir jakkalse.
9. Die choppercrew ens voorsien afgas en grondspan. Ons verkies om op een punt van gebied te begin en stelselmatig deur te werk tot ander kant.
10. Chopper is weergebonde so dit vat soms lank om gebied deur te werk.
11. Kostes: Ons vra R3500/uur + R500/ondier + btw, baie mag se dis ongelooflik duur, ons resultate spreek egter vir hulself.
12. Natuurlik gaan jy weer jakalse kry waar jy gevlieg het,jakkalse is nuuskierig en wil kom kyk wat het aangegaan, gebruik dit en dood meer, hopelik het die chopper die ou skelms geskiet en baljaar jy tussen die dommes.
13. Hoe maak jy die som op wat 'n slim jakkals jou eintlik kos, kom ons se 'n reun van 6 jaar wat vang! Sy eerste jaar eet hy saam met ma, vanaf jaar 2 vang hy 1 lam/kos vir elke 2 weke, dws 5 x 25 x R500 = R62 500 konserwatief bereken, dan maak die chopper 'n verskil!!!Die is die skelms wat geen jagter meer doodkry nie, dink net wat kos daai reun van 13-14 nie.
14. Die sukses van enige operasie hang af van die voetewerk!!
15. Kry die regte mense/chopper in die lug by jou,doen jou huiswerk.
Daar is nog 'n klomp punte wat ek kan noem maar glo die is die belangrikste.
Ek leer ook nog elke dag en probeer maar help.