Stories van Jakkies en hulle triks.

Post Reply
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Stories van Jakkies en hulle triks.

Post by KSV »

Ek het vanoggend die storie gehoor.  Sal nog wil hoor van stories wat mense gesien het of gehoor het?

Die persoon het my gese hy het dit self gesien.

Hulle het glo gaan skape soek en teen die randjie afgekom toe hulle die jakkals sien.

Meneer het so op 'n miershoop gaan staan dat die skape hom sien, weer so entjie gedraf en op 'n ander miershoop gaan staan.  Dan het hy op sy rug loop le en rol soos 'n hond, bietjie in die son gebak.  Heeltyd het hy die skape dopgehou wat nou lekker onrustig was.

Dan staan hy op loop so paar tree nader rol weer bietjie, piepie op 'n bos rol hier op 'n bossie draai so bietjie om die miershope. Elke beweging wat hy maak is nader aan die skaap. As hy omrol is dit nader as hy 'n tree vorentoe gee is dit ook nader.

Die skape word later bietjie rustiger en hy kon dan nog bietjie nader kom.  Toe hy nou naby genoeg was vlie hy daar weg en vang vir hom 'n lam.

Ek sou wat wou gee om dit te kon sien of op 'n video te kon vasle.

Kalahari Groete
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
Post Reply