Wildsfees H/skool Pta Noord

Enige kompetisie wat die forum mag aanbied/An competitions running at the moment
Post Reply
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

Dagse almal.

Ek en n klompie ander kliente en sakemanne het dit goed gedink om n Wildsfees te reel by H/skool Pretoria Noord op 16 en 17 Augustus'13.  Dit gaan uitsluitlik om fonse in te samel vir die skool.  Almal wat as borge optree, sal ook gratis bemarking by die Wildsfees kan doen, en sal dus nie vir n stalletjie hoef te betaal nie (natuurlik afhangende van die tipe borg en die stalletjie oppervlak benodig).  Vriende, soos almal weet, is die tye maar taai, en veral in die gevalle van Afrikaans medium skole, is die staats ondersteuning maar dun!!

Die fees gaan oor 2 dae strek, saterdag die hoofdag waar ons kunstenaars gaan he wat die aand optree, en waar besighede en groepe vriende n "lapa" kan koop, wat n ete en die vertoning insluit.  Ons is tans nog besig met onderhandelings en kan ek nog nie die kunstenaars bekend maak nie, maar is die beplanning n musiek vertoning van minstens 4 ure met van opkomende afrikaanse sangers, tot WEL bekendes!

U sal besef dat om so n fees te reel baie verg, en daarom dat ons hiermee ook wil uitvind of daar op die forum dalk enige belangstellende borge is, wat betrokke wil raak by die projek.  Hier praat ons van enige iets vanaf n naweek op u lodge as n prys, of n bok of 10 om mee etes voor te berei, of n kontant borg, enige iets is meer as welkom, tien R100'de maak n duisend!!

Verder is ons ook opsoek na uitstallers, of indien u u lodge of jagplaas wil kom bemark, of u het dalk n besigheid wat n stalletjie benodig vir bemarking van u produk of diens.  Ek wil geen projeksies waag nie, aangesien hierdie die eerste PNHS Wildfees gaan wees, maar kan ek u verseker van die beste bemarking in die komende 8 maande om hierdie fees op almal se kalenders en beplanning aan te bring, en hierdie naweek n Pretoria Noord naweek te maak!!

Alhoewel ek n redelike goeie agtergrond van die reeling van so n fees het, is geen mens ook ooit te oud of te slim om te leer nie, en sal ek ook enige insette en voorstelle wat u kan lewer, werklik hoog op prys stel.  n Helpende hand, sal nog meer waardeer word . . .  ;)

Ons idee is om hierdie fees werklik n "Wildsfees" te maak, daarom juis dat ons jagplase en lodge's daarby wil betrek.  Die besoekers gaan baie jagters wees, en is dit die ideale plek om u plaas te bemark, en selfs verskaffers van jagrame, vuurwapen benodighede, bande, jagvoertuie ens ens ens is welkom, maar sal mamma en die kinders natuurlik ook daar wees, so tot n naellak, spookasem, melkkos of aartappel op n stokkie gaan aftrek kry!!!

As daar enige lede van die forum is wat belang stel om n borg te word, of n stalletjie te kry, mail my asb direk op robbie@wildshoekievleismark.co.za of skakel gerus op 012-5466807, asook enige voorstelle ens is werklik baie welkom.

Baie dankie, ons hoop ons sien tot vir Wouter ook hier daardie naweek!!

Groetnis.

Robbie
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
User avatar
Lourens Potgieter
Hero Member
Hero Member
Posts: 883
Joined: Fri Jun 15, 2012 10:07 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by Lourens Potgieter »

Woohoo, my ou Skool!!EN ons kids gaan soontoe...volgende jaar weer een daar in gr8....nadat die oudste laasjaar matriek geskryf het....en my DIE jaar oupa gemaak het...... ;D ;D ;D ;D
Romeine 14:11 - "want daar staan geskrywe: "So seker as Ek lewe, sê die Here, voor my sal elke knie buig, en elke tong sal bely dat Ek God is."

Koedoe Hengelklub
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

Daashy, dan gaan jy seker vir my help ne!!  ;)

Die manne reply maar stadig, maar sal seker nog kom.

groetnis.
Last edited by ROBBIE1 on Sat Dec 15, 2012 9:27 am, edited 1 time in total.
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

Goeie dag almal.

Ek wil almal nooi om bietjie saam te praat hier op die onderwerp asb, voorstelle van dinge wat gedoen kan word, manne met plase in die  jagbedryf of n lodge wat n stalletjie wil vat of dalk iets wil borg, ;) dit gaan n goeie plek wees om u plaas te bemark.  Ek dink dit sal ook nogal baie interesant wees as ons een stalletjie kan he van n profesionele jakkals jagter, miskien met n rekenaar waar hy video's wys van hoe hy jakkals met die roep metode ens uitskiet, en ook rooikat beheer, dis iets wat baie wildsboere deesdae mee las het, maar almal is onder die indruk dat dit n arm en been kos, en kan dit dalk vir so n uitstaller baie besigheid in die sak bring as die boere dit eerstehands sien en hoor.

n Rooibok slag kompetisie is een van die aktiwiteite wat saderdag aangebied gaan word, en het ons reeds n skenking van 10 rooibokke daarvoor, maar sal ek baie graag 30 deelnemers wil kry, dus benodig ons nog 20 rooibokke daarvoor.  Die wenner gaan sy bok as prys kry, maar die res word op veiling verkoop ten bate van die skool.

n Windbuks skyfskiet kompetiesie gaan ook plaasvind, waar elke deelnemer met sy eie windbuks kan skiet, die prys sal later bekend gemaak word, maar gaan dit verseker die moeite werd wees........  :police:

Daar moet ook kos wees, so mense wat belangstel om n kos stalletjie te kry moet vinnag speel, ons gaan dit beperk tot 1 van n soort, sodat dit werklik die moeite werd is vir die persoon om te kom.

Advertensie van die fees gaan werklik baie wyd gedoen word.

Dink gerus en praat saam, ons wil werklik die fees iets besonders maak, en daarvoor het ons alle hulp en insette nodig wat moontlik is.

As daar iemand is wat bereid is om betrokke te raak by die reelings, sal dit ook werklik baie waardeer word, ek is ook maar in my eie besigheid (en is dit juis in die wildseisoen wat ek maar baie besig is) en sal elke hand waardeer!!  ;D

Baie dankie vir die geleentheid om hier te kan hulp vra en ook die fees te adverteer, ons waardeer dit opreg.  ;)

Groetnis.
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
User avatar
egenis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by egenis »

Se gou - gaan ons dalk 'n stalletjie kan staanmaak vir die boog jag mense? Paar boe en lekker goeters uitstal?
PSE DNA 70# en skerp knipmes.
http://www.stealthadventures.co.za
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by Jacquesb »

Robbie
Ek dagboek die naweek.

Verder is ons maatskappy bereid om per ooreenkoms wagte te plaas om die voertuig park te patroleer, hekbeheer te doen ens, in ruil vir die geleentheid om bemarking van die maatskappy te doen.

Ons sal later vergader om te reel.

Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

Egenis, verseker ja. 

My mikpunt is om alles denkbaar veral in die wild en jagbedryf daar te kan kry, en boogjag is besig om groot te word!!

Laat weet gerus as jy belangstel, PM my sommer of stuur n mail, dan sit ek jou klaar op.

Groetnis
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

Jacqeus n baie goeie idee, BAIE dankie man, dis sommer klaar aanvaar hoor!!

Groetnis
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by Sarelss »

Robbie,

ek het dit ook deurgegee vir die Global motorgroep. Glo hulle sal kan baatvind daarby

Groetnis
Ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

Dankie SSS, waardeer hoor.  Ja, as iemand weet van besighede wat dalk sal belangstel, die word waardeer as u hulle laat weet, is dalk nie op die forum nie . . .  ;).

Wat van jouself SSS?
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
User avatar
egenis
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 260
Joined: Fri Nov 16, 2012 7:25 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by egenis »

Ek het jou ge-pm Robbie!

t least ek dink ek het - die is een van daai dae....  :-[
PSE DNA 70# en skerp knipmes.
http://www.stealthadventures.co.za
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

Hom gekry, sterkte Eugene, volgende week ga dit beter.  ;D
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
Sarelss
Full Member
Full Member
Posts: 223
Joined: Wed Jan 05, 2011 10:18 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by Sarelss »

Wat van jouself SSS?

Hi Robbie, kom ons kyk wat het ek om uit te stal:
Een sexy wille jong vrou (maar gevaarlik!! :-X
Drie mooi gesonde seuns (maar stout)
een duur bierpens (Eish)

Ek dink dit sal veiliger wees as ek net bywoon......
Het dit gedagboek om by te woon. Sal uitvind og Goodland dalk 'n naweek wil borg vir losies en bietjie adverteer. (www.Goodland.co.za)
Dit is 'n naby lekker wegkomplek en partymaal word daar ook 'n bok of twee afgehaal wat hom swak gedra of te veel word. Lekker natuur, visvang, spaanboue, (kan 200 mense akkomodeer)

Sal laat weet
ss
.22 Brno
.22 Krico
223 Howa
308 Sako
300 H&H Magnum FN
303 Lee Metford
7x64 Steyr
375 FN
12B Merkel
12B Baikal
9mm P CZ75
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

:o , ja nee, kom ons laat die uitstal dan maar daar . . .  ;D

Smaak my jy het paar goeie kontakte, dit sal baie gaaf wees as ons nog borge ook kry my vriend, baie dankie.

Groetnis.
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
User avatar
stephensonsknives
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 305
Joined: Tue Dec 08, 2009 3:50 pm

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by stephensonsknives »

robbie jy het my nr  ek het al so 3 feeste by loftus gedoen en so paar wildlife feeste. kom praat miskien sal ek weer daarvan hou om so iets te doen
stephen

oja vrou wil die pannekoek stal boek
Bewarings Beampte Baviaanspoort
www.stephensonsknives.com
ROBBIE1
Hero Member
Hero Member
Posts: 1937
Joined: Fri Apr 13, 2012 9:29 am

Re: Wildsfees H/skool Pta Noord

Post by ROBBIE1 »

Hi Stephen.  Saaks reg, boek vir jou pannekoek, en vat een vir die messe ook man, ma ek stuur vir jou n mail met meer besonderhede hoor.

Groete.
38 Rossi, Ruger 243 M77 Hawkeye, Mauser 7x64, Ruger 375 M77 Hawkeye, Kleilat 303 Mk4.
Post Reply