Remington VS Tikka VS Savage VS CZ 550 VS Ruger VS Howa

Post Reply
janoakley

Remington VS Tikka VS Savage VS CZ 550 VS Ruger VS Howa

Post by janoakley »

Manne
Ek moet vir my 'n nuwe 30-06 koop maar hoe gemaak met bogenoemde keuses? Al die bogenoemde wapens is in die omgewing van R10 -14K en elke agent reken sy model is meer akkuraat as die volgende een out of the box? Wil verkieslik vir S/S en sinteties/gelamineerd gaan want wil werksgeweer he. Enige iemand want onlanks deur die oefening was met redes vir finale besluit?
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Remington VS Tikka VS Savage VS CZ 550 VS Ruger VS Howa

Post by Christo »

janoakley wrote: Manne
Ek moet vir my 'n nuwe 30-06 koop maar hoe gemaak met bogenoemde keuses? Al die bogenoemde wapens is in die omgewing van R10 -14K en elke agent reken sy model is meer akkuraat as die volgende een out of the box? Wil verkieslik vir S/S en sinteties/gelamineerd gaan want wil werksgeweer he. Enige iemand want onlanks deur die oefening was met redes vir finale besluit?
hoekom bel jy nie vir Dirk by JJ Wapens en kry 'n quote vir 'n pasmaak geweer nie. Dit kos nie veel meer, as dit meer is, en jy het die beste van al jou vereistes en boonop is die 'n geweer wat vir jou gemaak is.

daar is gewere wat jy van die rak kan koop maar as jy een laat maak is dit jou geweer en nie 'n "winkelgeweer" nie

Jou besluit.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Remington VS Tikka VS Savage VS CZ 550 VS Ruger VS Howa

Post by Piet Breedt »

Ek kan maar net uit eie ondervinding praat, en sal die Tikka of Remington as my eerste keuse aanbeveel. Maar die nuwe Savage met die accutriger op is ook baie aanloklik. My eie Tikka .25 06 is n S/Steel Varminter met sintetiese kolf, en hy het n hond uit n bos geskiet standaard van die rak af. Kyk maar net hoeveel manne in die top 20 by SA Jaggeweer skiet met Tikka's

Ek stem saam met die Howa as n goedkoper opsie vir n werk geweer. Ek het nog nie van een gehoor wat nie mooi skiet, mits die hout inlaat werk so bietjie na gekyk word. My eie een is S/S Varminter, maar ek moes n ander kolf op sit aangesien die plastiese kolf waarmee hy kom vreeslik rondbeweeg het as hy in die son was.
JOHANNIC
Hero Member
Hero Member
Posts: 725
Joined: Tue Feb 16, 2010 6:25 pm

Re: Remington VS Tikka VS Savage VS CZ 550 VS Ruger VS Howa

Post by JOHANNIC »

Ja dis altyd n moeilike besluit my ondervinding met Ruger is baie bevredigend
My 243 varmin skiet ek redelik maklik 5skoot 10mm groepe 55gr noslers,ek is baie tevrede met die geweer
my 2c.........
Dis waar wat Piet se die Tikka`s doen goed in die kompitiesies
Last edited by JOHANNIC on Tue Jul 13, 2010 7:32 pm, edited 1 time in total.
Biebers
Need for speed >:D
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Remington VS Tikka VS Savage VS CZ 550 VS Ruger VS Howa

Post by Piet Breedt »

Ek dink ook nie dat enige van bogenoemde gewere jou in die steek sal laat nie. Hulle is almal baie akkuraat. My voorstel is. Gaan kyk na almal as jy kan, hanteer hulle en volg dan jou hart. Hulle is almal baie goeie en akkurate gewere.

Johann, daardie Ruger van jou is "special". Ek hou daarvan om te sien hoe jy die groeperings kompetisie daar by julle oorheers met hom. Mooi so !
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Remington VS Tikka VS Savage VS CZ 550 VS Ruger VS Howa

Post by Arnold »

Ja ek kan ook s? dat my cz550 baie mooi skiet vir 'n fabrieks geweer.
User avatar
Louis Kriel
Hero Member
Hero Member
Posts: 1980
Joined: Mon Mar 16, 2009 2:01 pm

Re: Remington VS Tikka VS Savage VS CZ 550 VS Ruger VS Howa

Post by Louis Kriel »

Arnold wrote: Ja ek kan ook s? dat my cz550 baie mooi skiet vir 'n fabrieks geweer.
Nou Praat jy. Ek het my CZ 550 (30-06) in 1999 gekoop en na 4500 skote skiet hy nog redelik maklik halfduim groeperings met die punte wat hy van hou. 
Peace - That brief glorious moment when everybody stands around reloading. Thomas Jefferson
Post Reply