Page 1 of 1

My eerste met die nuwe speelding

Posted: Sat Jul 03, 2010 8:46 pm
by jaracal
Ek het so 'n maand terug vir my 'n Martin Cheetah boog gekoop. Na skouer uit lid uit oefen of sou ek se^ tennis elmboog of is dit nou boog skouer het ek so twee keer gaan walk en stalk. My derde poging het in sukses ge-eindig. My eerste "target was springbok maar is ek amper deur elande op 38 M gebust. Net 'n entjie verder word ek toe deur die kleinste bokkie (steenbok) gebust.
Na 1uur en 30min se stalk was ek maar bek-af. Met my terugstap sien ek 'n ander stel springbokke naby 'n sloot en besluit om weer van voor te begin. Met die stadige beweeg kry ek toe twee varke, beer en 'n sog besig om lekker te wei. Ek het tot so 34m bekruip maar het die beer met sy Texas heartshot kant na my gestaan.  Ek het stadig na sy regterkant beweeg. Hy het sy kop opgetel en ek het gevries. Daar was te veel gras vir 'n skoot en kon ek net wag. Hy het met 'n grunt na links beweeg en ek het op my een knieg afgesak, die boog gespan en gewag. Hy het baie mooi skoon uitgekom en was onseker wat ek was. Hy het nog so 'n tree of twee na links beweeg en bietjie "ge-quater" gestaan. Met sy stop het ek die pyl laat loop. Hy was seker so verbaas dat hy vergeet het om te string-jump. Die pyl het sy merk getref en het ek die vark met 'n goeie longskoot so 296m verder opgetel.

Image
Image
Image
Arrow path
Groete
Heinrich

Re: My eerste met die nuwe speelding

Posted: Sun Jul 04, 2010 8:03 am
by Roelo
Goeie werk! nou vir die eerste jakkals met die boog ons wag in spanning

Re: My eerste met die nuwe speelding

Posted: Sun Jul 04, 2010 9:21 am
by jaracal
Sal laat weet as ek dit reggekry het, daardie mannetjie is bietjie fyner as 'n vark. ::)
Groete
Heinrich

Re: My eerste met die nuwe speelding

Posted: Sun Jul 04, 2010 10:32 am
by Theo E
Well done, its alwys fun and a challenge to stalk. 

Theo   

Re: My eerste met die nuwe speelding

Posted: Sun Jul 04, 2010 5:38 pm
by Francois Marais
Hein

Geluk maat, bly om te sien jy roer die boog ding, pasop, die ding raak so verslawend soos jakkalsroep.

Het ook gister gery en bietjie gaan voorsit, kon net n groot Kees kry.

Mooi loop
Francois

Re: My eerste met die nuwe speelding

Posted: Tue Jul 06, 2010 12:05 pm
by Gerhard
weer eens.

Baie geluk.

Dink daar gaan nog baie wees in die toekoms.

Laat weet as ek kan help...  ;D