Ad blocker detected: Our website is made possible by displaying online advertisements to our visitors. Please consider supporting us by disabling your ad blocker on our website.
Ek het so 'n maand terug vir my 'n Martin Cheetah boog gekoop. Na skouer uit lid uit oefen of sou ek se^ tennis elmboog of is dit nou boog skouer het ek so twee keer gaan walk en stalk. My derde poging het in sukses ge-eindig. My eerste "target was springbok maar is ek amper deur elande op 38 M gebust. Net 'n entjie verder word ek toe deur die kleinste bokkie (steenbok) gebust.
Na 1uur en 30min se stalk was ek maar bek-af. Met my terugstap sien ek 'n ander stel springbokke naby 'n sloot en besluit om weer van voor te begin. Met die stadige beweeg kry ek toe twee varke, beer en 'n sog besig om lekker te wei. Ek het tot so 34m bekruip maar het die beer met sy Texas heartshot kant na my gestaan. Ek het stadig na sy regterkant beweeg. Hy het sy kop opgetel en ek het gevries. Daar was te veel gras vir 'n skoot en kon ek net wag. Hy het met 'n grunt na links beweeg en ek het op my een knieg afgesak, die boog gespan en gewag. Hy het baie mooi skoon uitgekom en was onseker wat ek was. Hy het nog so 'n tree of twee na links beweeg en bietjie "ge-quater" gestaan. Met sy stop het ek die pyl laat loop. Hy was seker so verbaas dat hy vergeet het om te string-jump. Die pyl het sy merk getref en het ek die vark met 'n goeie longskoot so 296m verder opgetel.