Laagskiet met silencer

User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Laagskiet met silencer

Post by B C »

Ek sal graag 'n paar manne se komentaar wil hoor hoekom jy laer skiet met 'n silencer. Ek is 'n groot aanhanger van 'n silencer en dink daar is wanpersepsies rondom die invloed van 'n silencer op die trajek. Baie mense skiet nie met 'n silencer nie omdat hy glo dat hy laag skiet, maar ek het gevind daar is geen verskil in spoed of trajek nie, jy moet hom net of met of sonder die silencer zero. Moenie sonder die silencer zero en dan met hom wil skiet nie. Ek het my teorie daaroor maar wil eers hoor wat se die manne. ;)
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Francois Marais »

BC

Die extra gewig vooraan jou loop, buig die loop afwaarts, en dit is hoekom jy laer skiet, ek het n ou 303 met oorspronklike loop n KD opgesit, die gun het op 25m amper 30cm laer geskiet met die silencer op, my broer het weer n loop op sy 308 gesit wat geen profiel gesny is nie, n blank, dink ek is die engelse benaming, en die "loop" is meer as n duim dik op sy kroon, sy silencer het geen effek op sy POI nie. So, die gewig vooraan die loop buig die loop, en hoe swaarder die silencer/ dunner die loop, hoe groter die invloed op die POI.

Jou trajek daarteen, gaan GLAD nie beinvloed word deur die KD nie, externe ballistiek, gaan beslis dieselle bly.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by B C »

Dankie Francois, ek het dit ook so, maar ek het al met soveel ander mense gepraat wat klomp snaakse teoriee daaroor het. As jy vir hom se die gewig buig die loop af dan word jy skeef aangekyk. Ek hoop die onderwerp kan vir party mense bietjie lig op die onderwerp plaas.
User avatar
Tiny
Full Member
Full Member
Posts: 171
Joined: Wed Dec 23, 2009 10:37 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Tiny »

B C

My ervaring is presies dieselfde as joune..
Jy kan nie die geweer zero sonder 'n silencer en verwag hy gaan met die silencer op dieselfde plek skiet nie..

Tiny
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Ek moet ook s? als wat ek al oor die bedryfies gelees het dui op swaarder gewig voor, less/delayed lift met die recoil, laer poin of impact. Loop wat buig??? ek glo nie, want dan het jy nie meer 'n reguit konsentiese gang waardeer die koe?l beweeg nie, daai geweer sal erg bond skiet en die loop baie vinniger moeg wees met die buitenste kurwe van die buig weg gevreet.

wat wel die verskil op die 303 en 308 met die profiele wat verkil is, is die weigt to weight ratio van die silenser tot die loop.

bv die 303 se loop weeg 3 kg en die silenser 1kg nou maak dit die geweer met derde swaaerder die reoil opwaardse beweging moet nou baie meer gewig op druk. laer point of impact

die 308 loop 10kg silenser 1kg gewig verskil baie minder, baie minder verandrring waar hy tref.

Dieselfde beginsel met skiet van die bank af met altwee jou hande agter die aksie of een hand voor op die kolf, as jy skiet met een hand voor is die afwartse krag wat die opwaartse wip van die recoil teenwerk meer en dus skiet die roer laer.

Hoe meer recoil die roer hoe meer is die effect, tot op die punt waar die opwaardse recoil weer so sterk is dat die afwaartse gewig of krag nie meer 'n rol speel nie. Dit is hoekom jou 222 nie so erg beinvloed word nie, want die recoil is so min dat die swaartekrag dit meerendeels in elk geval oorkom
Last edited by Jagtersdok on Sat Jul 03, 2010 8:38 pm, edited 1 time in total.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by B C »

As die geweer se loop nie buig nie hoekom skiet die geweer dan hoer wanner jy met die kaal loop oor 'n rus skiet as wanner jy die geweer op sy hout sou rus. Die invloed op 'n dikker loop hier is ook minder as op 'n dun loop? En hoe beinvloed 'n drukplek tussen die hout en loop as die loop nie ten opsigte van die aksie gewring word nie?  ???
Last edited by B C on Sun Jul 04, 2010 12:34 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Izak H
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Sun Jun 14, 2009 9:38 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Izak H »

Dag manne,

Ek skiet met 308 met `n plank geweerloop, op 100m is daar `n 3 duim verskil

Izak
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Kom ons begin by jou laaste vraag.

Drukpunt op loop deur kolf maak nie dat die geweer ho?r skiet nie, maar wel bont of string. Die loop word warm en sit uit na elke skoot. Dus na opeenvolgende skote al hoe warmer al hoe meer uitgeset al hoe meer druk op die loop. Dus word die frequensie van die golwe wat deur die loop gaan al hoe meer versteur. Omdat die druk van 1 spesifieke punt af versteur word naamlik onder word die frekwensie na bo geaksensieer en die terminale aksie is ho?r by die muzzle hoe ho?r die druk op die loop.

Raait die van as die loop op die rus l? en as die kolf op die rus l?. Hier is 2 faktore wat by dra. 1 soos ek hier bo verduidelik het daar is meer druk van onder af op die loop, om van die energie ontslae te raak aksentueer dit meer na die teenoor gestelde rigting. Die tweede is die pendullim aksie. Vat 'n graaf oor 'n baksteen met 'n gewig aan die voorkant, sit die steen nou by die handvatsel, middel en voorpunt van die graaf, waar tel die gewig die maklikste op as die aksis waarooor dit gelig word nader aan die gewig is. Indirek maak jy die gewig voor ligter en die opwaartse krag lig dit makliker en ho?r op.

Ek het niemand probeer aanvat toe ek ges? het die loop buig nie, onthou net met akuraadheid is die 2 belangrikste faktore opleining en konsentriesiteit, as die loop buig is die twee aspekte by die deur uit.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

As ek kon teken hier en met prentjies verduidelik sou dit vir my makliker gewees het maar al die goed gaan maar oor kragte en weerstand
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Piet Breedt »

Jagtersdok is heeltemal reg.

Die loop buig nie. Die swaarder gewig vooraan, verander sy weerstand teen opwip, aldaar die minder efek op die kleiner kalibers. Die loop se "Harmonics" word ook verander deur n knaldemper, en moet of met een op, of een af ingestel word. Dit help nie jy Zero hom sonder een, en skiet dan met een op nie.

Dieselfde beginsel van "free recoil" oor n bank skiet is hier van toepassing. As jy van n skiet bank afskiet, en nie die geweer vashou voor nie, en dan later vashou, sal daar n verskil in die "point of impact" wees om dieselfde rede. As jy so geweer dan later oor dieselfde afstand  skiet met n geweerband aan wat hom styf vashou en aftrek, kry jy dieselfde reaksie. Jou skote sal laer sit.
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by B C »

Baie dankie almal vir jul terugvoering! Dit is lekker om kennis so te kan uitruil. Die wetenskap bly interessant! Jagtersdok, ek het nie aangevat gevoel oor jou terugvoering nie, het maar net gewonder oor al die moontlikhede. Baie dankie!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Francois Marais »

Piet

Ek stem saam met jou dat die HARMONICS verander, en dat dit ook n invloed sal he op jou POI.

Ek wil net hierdie stelling maak.........

As jy n loop het wat free-floate en jy hang n een kg hewig aan sy punt op, BUIG hy, of dit mikroskopiese hoeveelhede is, maar buig buig hy.......

My 2c......

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Piet Breedt »

Ja Francois, ek kan seker nie daaroor stry nie. Dit is heel moontlik.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8010
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Arnold »

Ek moet dit weer bevestig, maar ek skiet 'n duim (op 100m) laer sonder die KD op my 223 en ho?r met die KD opgeskroef ....
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by JACQUES BOTHA »

FM
Ek moet verskil , die loop buig nie, as ek dan reg lees as jy n loop hte van 25 duim en een van 28 duim  buig jou loop ook want dis mos gewig wat jy bysit. en as die loop 32 duim is buig hy meer as hy free floating is dis mos meer gewig wat jy bysit ? dan is dit mos beter om n geweer te pak van punt tot punt voor tot agter...of om fullstock te gaan waar hy dan hout het van agter tot by die punt van die loop...
Nee Ek kiellie sommer jou harthare daai loop buig so dat ons dit nog as reguit kan sien...of hoe?
Groetnis
JB 
Shoot straight and tell the truth!
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Okay s? die loop buig met mikrons van 'n graaddan is daar 2 dinge wat uitstaan

1) daai buig kan nie vir jou 'n 10 duim, 3 duim of selfs 1 duim val gee op 100m nie, dit is is nie ek wat so s? nie dis die wiskundige manne, ek het 'n pel van my gevra om die presiese verandering met sy helse moeilike formules te gaan uitwerk.

2) Sou die loop dan buig, beteken dit dat die stelling dat 'n silenser jou loop leefdheid nie verkord nie dan absoluut vals. Want omdat die projektiel nou meer gerem word deur die buitenste kurwe van die boog, is daar meer wrywing daar, meer wrywing veroorsaak meer slyasie en dus sal die loop in ovaal vorm uitskiet op diedraai van die kurwe, wat die stabiliteit van die projektiel gaan negatief beinvloed en dus die loop vinniger laat "uit" skiet.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Christo »

Met al die GURU's kan ek nie glo iemand kom by die regte rede uit nie.

DIE LOOP SE VIBRASIE/"WHIPLASH" VERANDER MET DIE AANSKROEF VAN 'N KNALDEMPER WAT DIE POI KAN VERSKUIF.

Die hoeveelheid impak daarvan sal mos verskil van geweer tot geweer.

Of praat ek tjol?

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Christo

Ek sien myself glad nie as GURU nie, meer iemand wat maar wel van die wetenskap hou. En soos my pa altyd ges? het die informasie is tot jou beskikking, wat jy daarmee maak hang maar van elke mens self af. Die Harmonics/vibrasie/wiplash word verseker versteur. Maar onthou die loop vibreer nie in 'n lini?re manier bv net op en af of net links en regs nie, maar meer in 'n spiraal/sirkel beweging. Dus hoekom jy die klawer patroon kry as jy skiet en die roer is reg
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Piet Breedt »

Christo, wat anders is "Barrel Vibrations / Wiplash" dan, as Harmonics?

Jagtersdok is ook heeltemal reg as hy s? dat die "Harmonics" nie Lini?r is nie, maar met n spiraal agtige beweging plaas vind. Kyk in Somchem se herlaaidata handboekop bladsy 20/figuur 8 vir prentjie daarvan. Dit is ook hoekom koe?ls van dieselfde gewig, maar verskillende fabrikaat, op verskillende plekke groepeer.
Last edited by Piet Breedt on Mon Jul 05, 2010 7:30 pm, edited 1 time in total.
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Christo »

Ek verskil nie daaroor nie. Dit kan wel gebeur dar die loop nou swaarder weeg aan die voorpunt wat die wipaksie verander tot so 'n mate dat die loop wel teen die kolf vas"slaan" met die afvuur van die wapen ( soos wat maklik gebeur het met die eerste tipes plastiese kolwe wat ons gekry het) en dan die POI verskuif. Ek is nie 'n kenner in die gebied daarom die gebabbel. Die tipe kolf wat jy op het en die hoogte van die kolf m.b.t. die loop veroorsaak mos minder en meer opwip wat behoort te verminder as jy gewig voor aan die loop vasskroef. Daarom die laer POI ? ? ? ? ? ? ? ? ?

My Z$ 2sent, seker net soveel werd ?

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Christo

Ja as jy 'n swak kolf het of die geweer is nie gebed nie kan dit veroorsaak dat die loop onder vasdruk, maar dan sal jou poi nie laer wees nie, maar wel ho?r want die wibrasie en wip aksentueer na bo.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: Laagskiet met silencer

Post by Monrique (SJ) »

Almal

Ek volg die topic van die begin en wil ook graag net iets se. As mens ook gaan kyk na die tipe materiaal en die specs daarvan wat gebruik word om n geweeer loop te maak sal dit ook definitief n verskil maak, so ook die dikte van die loop. Daar moet ook net in gedagte gehou word dat meeste lope nie vanaf die kamer gedeelte tot op die voorpunt(kroon) dieselfde dikte is nie, en so is die som om te maak nadat al die specs en tipe materiaal en die silencer se gewig wat voor bygevoeg nie so maklik om te maak nie. Die gedeelte van die loop wat inskroef in die aksie is weer dunner as n gedeelte van die loop en moet so ook in berekening gebring word, asook of die silencer bv. 10" lank is maar 5" oor die loop skroef en die ander 5 " voor oorsteek, of hy 6" lank is en al 6 voor is en so ook weer of die silencer van staal of aluminium gemaak is.

So verskillende metale soos stainless steel en die ander tipes waarvaan lope gemaak word se hardheid verskil en die lengte van die geweer loop maak so ook weer n verskil, soos al gemeld is.

Is dit nie so dat n full stock geweer nie so akuraat is as bedded of free floated barrel nie? ??? ??? Ek weet dit hang van die skut af wat hom skiet en so ook van die een af wat die float of bed werk gedoen het. So moontlik gaan n vol gebedded loop tot voor ook nie so akuraat wees nie. Ek dink dat daar wel ietwat van n vibrasie moet wees al is dit ook hoe klein sodat n wapen akuraat kan skiet.


Groetnis

SJ
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Jagtersdok »

Sj
Jys heeltemal reg. Dit is hoekom mens eintlik net die aksie bed en so min as moontlik van die loop betrek so dat die harmonics van die loop so min as moontlik versteur word
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by Francois Marais »

Manne

Ek het nu n bietjie gaan oplees oor die ding, als en oorals wat ek kan, en gesien wavan julle redenasies kom, wat dan ook heel reg is, moet se ek het die ding nie baie navorsing gegee in die verlede nie en gesien dit verg eintlik baie meer sience as wat ek gedink het......

Wiskunde was lank terug my sterk punt, ek het n paar sommetjies gemaak, en gesien vir my 303 om op 25m 30cm laer te skiet, moet daai silencer die loop 7.2mm BUIG, wat nie maklik sal gebeur nie, maar vir daardie silencer se gewig om die loop "wip" met 7.2mm te beperk is heel moontlik.

So, julle het my oortuig, en is bly om te se, mens is nooit te oud om te leer nie, het ook hierdie interresante stukkie oor "recoil reducing" raakgeloop, maak ook heel sin as mens mooi daaraan dink.
Suppressors can increase the precision of a rifle, as they strip away hot gases from around the projectile in a uniform fashion. The suppressor can reduce the recoil significantly as it traps the escaping gas. This gas mass is a little less than one-half the projectile mass (approximately 1.6 grams vs 4 grams for 5.56x45mm NATO ammunition), with the gas exiting the muzzle at about twice the projectile's velocity, thus giving a reduction in the felt recoil of approximately 15%.[1]  The added weight of the suppressor ? normally 300 to 500 grams ? also contributes to the reduction of the recoil, though a significantly heavy suppressor would unbalance a weapon. Further, the pressure against the face of each baffle is higher than the pressure on its reverse side, making each baffle a miniature "pneumatic ram" which pulls the suppressor forward on the weapon, which can contribute an immense force to counter recoil.  From Wikipedia
Mooi loop
Francois

JB

Die loop wat net "extend", alhoewel dit gewig byvoeg, doen dit nie 500 gram aan die punt v/d loop nie, en gaan dit nie dieselle uitwerking he nie.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
B C
Newbie
Newbie
Posts: 33
Joined: Wed Jun 02, 2010 7:26 pm

Re: Laagskiet met silencer

Post by B C »

Ek moet ook se die ding van harmonics en vibrasie en loopwip maak sin. Ek het al gehoor dat ouens se 'n knaldemper beinvloed jou akuraatheid negatief, maar ek het dit andersom bevind. Ek het 'n voere 308 met 'n 15mm dik lopie en voor ek 'n knaldemper opgesit het het hy so bietjie kleiner as 'n duim geskiet op 100m en na ek die knaldemper opgesit het het ek dit reggekry om 3 snyers te skiet, natuurlik omdat loopwip en vibrasie minder is!  ::)
Post Reply