LAASTE BOKKE VIR JAAR
Posted: Sat Nov 24, 2012 7:45 pm
Dagse manne. Ek het vandag die voorreg gehad om by Hoopstad vir oulaas n vark of drie te kon gaan skiet. Een vark het toe voor sewe uur punte opgestuur met n pragtige skoot tussen die oe deur die eienaar van n nuwe geweer(Boer). Ons het baie varke gesien en toe vang my oog drie mooi springbokke en die boer se teo manne dis reg julle kan hulle maar afstof. Nodeloss om te se toe is die varkies vergete en ons is agter die springbokke aan. Daar was n jong swart rammetjie onder die drie en aangesien my baby girl noggi n velletjie het nie het ek hom bespreek. Na n gesukkel is on naby genoeg en die gewone bokke het toe geval met twee nekskote. Die swart ram het n skoot inni stap agter die blad gevat en inni bosse verdwyn.
Ek het my seun en sy nefie gevat en hulle vir die eerste keer op n bloedspoor gesit. Het die twee mannetjies dit nou geniet. Die bok is sowat drie honderd meter verder met n kopskoot gehelp. Dit was voorwaar n lekke meevallertjie en voorwaar n voorreg om so laat inni jaar dit te kon doen saam met familie en n goeie vriend. Sou graag fotos wou opsit maar ek te stupid en dit is op my foon.