Dagse manne. Ek het vandag die voorreg gehad om by Hoopstad vir oulaas n vark of drie te kon gaan skiet. Een vark het toe voor sewe uur punte opgestuur met n pragtige skoot tussen die oe deur die eienaar van n nuwe geweer(Boer). Ons het baie varke gesien en toe vang my oog drie mooi springbokke en die boer se teo manne dis reg julle kan hulle maar afstof. Nodeloss om te se toe is die varkies vergete en ons is agter die springbokke aan. Daar was n jong swart rammetjie onder die drie en aangesien my baby girl noggi n velletjie het nie het ek hom bespreek. Na n gesukkel is on naby genoeg en die gewone bokke het toe geval met twee nekskote. Die swart ram het n skoot inni stap agter die blad gevat en inni bosse verdwyn.
Ek het my seun en sy nefie gevat en hulle vir die eerste keer op n bloedspoor gesit. Het die twee mannetjies dit nou geniet. Die bok is sowat drie honderd meter verder met n kopskoot gehelp. Dit was voorwaar n lekke meevallertjie en voorwaar n voorreg om so laat inni jaar dit te kon doen saam met familie en n goeie vriend. Sou graag fotos wou opsit maar ek te stupid en dit is op my foon.
LAASTE BOKKE VIR JAAR
-
shooter
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm
LAASTE BOKKE VIR JAAR
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
22250 Remington
308 Remington
- Marc
- Hero Member

- Posts: 5966
- Joined: Thu Jan 26, 2012 1:53 pm
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Klink na 'n lekker gelukkie, waar is die foto's 
" Taking the safety off increases velocity by 100%" - Rayn Cleckner
-
shooter
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Dit was nogal. Ons Blesbokjag het deur die mat geval en toe kom hierdie sommer so op kort kennisgewing deur. Hulle is op my foon en ek weet nie hoe om dit op te sit nie.
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
22250 Remington
308 Remington
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Was ook my laaste jag. Ek het Blesbokke geskiet in die Vrystaat.
-
shooter
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Lekker. Waar en hoeveel het julle geroer. As my dinge uitwerk gaan ek en sss308 nog paar blesse doodmaak
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
22250 Remington
308 Remington
- grumpy
- Hero Member

- Posts: 2772
- Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Buite Bloem. Ek het 2 geskiet en die ander man het een geskiet. Wind was sterk en het baie gewaai maar was baie lekker. Was saam met Jakkalsgat gewees.
-
shooter
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Dis te lekker. Ons het ook lekke wind gehad. Jy moet fotos opsit myne is oppad. As daar ander manne is wat so laaste jaggie deurgebewe het moet julle dit vir ons vertel. Sarel ek weet jy het gaan jag. Stuur bietjie fotos enj storie
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
22250 Remington
308 Remington
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Hier is die fotos.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
shooter
- Full Member

- Posts: 139
- Joined: Tue Jul 24, 2012 7:04 pm
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Baie dankie Oom Driepoot. Daar is die fotos vanni bokke en die twee spoorsnyers in wording.
.22Krico
22250 Remington
308 Remington
22250 Remington
308 Remington
-
bengogga
- Jr. Member

- Posts: 92
- Joined: Sat Nov 24, 2012 12:02 am
Re: LAASTE BOKKE VIR JAAR
Baie geluk shooter. Dis 'n paar mooi bokke daai!
Ek is nie bietjie jaloers nie.
Ek is nie bietjie jaloers nie.
CZ 9.3 x 62
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243
Brno 30-06
Ruger 270
Zastava 243