Brood en Botter
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Brood en Botter
Middag manne
Sal graag wil weet hoeveel van julle manne jag vir n lewe. Die ouens wat regdeur die jaar jag(MEI JUNIE JULIE EN AUGUSTUS ingesluit. Die ouens wat partykeer n jakkie "inbid". Die ouens wat n wind uitwag, die manne wat nie smelt nie. Geen flentergatnaweekjagters nie asb.
Tomma

-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Brood en Botter
Hey Tomma,
Dis mos nie mooi om so van my te praat nie (flentergatnaweekjagter)...

SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
-
Dirk
Re: Brood en Botter
Ek is 'n veeboer, jag reg deur die jaar by my en van die bure, maar nie so baie soos die man wie se beroep dit is nie. Ons jag in 'n mate ook maar vir brood en botter (of sal ek s? vleis en wol), want as ons nie jag nie gaan ons later nie meer vleis en wol oor h? nie. So ek weet nie waar jy my gaan klas nie.
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Brood en Botter
Ditto met Dirk hierbo. Somtyds jag ek gladnie vir 'n maand nie en dan weer twee weke aanmekaar.
Winners never quit - Quitters never win.
- Caller
- Sr. Member

- Posts: 449
- Joined: Thu Jan 08, 2009 4:43 pm
Re: Brood en Botter
Tommie
Wat bedoel jy met vlentergat naweekjagter?
Ek jag onder proffesie in die week en privaat op naweke, maat is ook nie elke dag of week in die veld nie. Ek is beslis ook nie 'n vlentergat naweek jagter nie, en kan 'n paar jagters nog iets leer van jakkaljag (nie net roep nie).
Ek jag wanneer die toestande reg is om so koste doeltreffend moontlik te wees. Moennie neersien op ouens wat nie voltyds (sogenaamd proffesioneel) jag nie, as jy hulle nie ken nie. Ek haal my hoed af vir die VOLTYDSE probleemdier jagters want dit is nie 'n maklike jop nie. Daar is te min bevoegde jagters dat ons die naweekjagters moet afskiet, ons het hulle ook nodig.
Caller

Dit is nie wat jy doen nie, maar hoe jy dit doen.
- WillJak
- Hero Member

- Posts: 718
- Joined: Mon Jan 26, 2009 1:35 pm
Re: Brood en Botter
Tomma, ek jag vir brood en botter - of eintlik net brood op die stadium - ek werk nog aan die botter gedeelte
om nie van die jem te praat nie. Nee, op 'n meer ernstige noot, ek jag vir 'n lewe - nie altyd net jakkalse nie (alhoewel dit die oorgrote meerderheid uitmaak), maar trofee en soms selfs biltong jag ook. Ek stem met Caller saam, ons moet versigtig wees om die manne vlentergatte te noem - veral van die boere en van die ouens van natuurbewaring - daar is onder hulle manne wat regtig kan en by wie ek gereeld nog leer ? en soos hy s? daar is te min voltydse/professionele ouens so die ander manne moet help. Daar is ook die kansvatters, dit gee ek toe, maar dis gewoonlik die ou wat in die dorp bly, 'n dagwerkie het en net hier oor die kleintjie tyd die "maklike" geld sien - en ek dink die boere en ander ouens wat kan jag is net so gatvol vir hulle.
Ek stem ook met Caller saam - die ou wat dink dis maklik moet gerus kom probeer - en nie net vir 'n naweek nie, dag in en dag uit en in alle weersomstandighede. Ek is bitter dankbaar om twee van die top manne as mentors te gehad het - Hein en Tafjak - en ek moes nog steeds my skoolgeld betaal en klippe kou - daar is nou maar net geen plaasvervanger vir ondervinding en self sukkel nie. Maar ek is nog meer dankbaar om te kan s? na baie sukkel is ek nou darem so dat ek die meeste van die tyd so 2 uit die 3 jagaande darem iets skiet en dat ek dit nou redelik gereeld regkry om hulle te gaan "haal" - in die wind, reen, volmaan, in die slote en teen die rante. En ek dink dis die groot verskil - die naweek jagter is die ou wat die "sitters" skiet soos en wanneer hulle inkom - vir hom is dit 'n bonus en as hy nie skiet nie trek hy nog steeds sy salaris - en hy gee nie regtig om vir die boer se probleem nie. Die professionele ou is die een wat sy eie kanse maak - as die jakkalse daar is volg hy hulle doelgerig en meedo?nloos na tot hy iets skiet of hulle hom wragtig ore aansit, hy leer konstant, beraam planne, maak nuwe strategie? ens - wat natuurlik meer voordelig is vir die boer.

If you don't have a sense of humor, you probably don't have any sense at all...
-
tafjak
Re: Brood en Botter
Tomma
Ek glo aan dat die eerste ou beskikbaar die mossie moet skiet, sorg net dat jy nie droogmaak nie en doen ook nadere ondersoek hoekom jy die eerste beskikbaar is. Miskien was Taffie die vorige week daar en het miskien so een of twee misgeskiet. Bel en maak seker jy dat jy nie miskien die tweede ou is wat jou naam gat gaan maak binne 10 dae nie. So die punt is dat nie net naweekjagters, maar ook brood-en-botterjagters flintergat kan wees. As jy jou werk eerbaar en reg doen kan jy maar ook die Skoolhoof vir daardie matter wees.
Op die oomblik is in my omgewing 'n stoeiery om eerste by die jagplekke uit te kom om sodoende die getalle(geld) te skiet. Ek het al so bietjie geleer om nie te jaag nie, jag net so bietjie wyer en skiet ook maar nog soveel. Wat die storie interesant maak is dat ek weet met die jaagtogte doen jy nie jou werk so deeglik nie en dat dit in die winter weer 'n paar extra jakkalse nader aan die huis bring. So jag party ouens hulself uit die mark en hou net 'n seisoen of twee.
So volgens my is daar twee soorte jakkalsjagters: flintergatte en nie-flintergatte.
Groetnis
Ook eens flintergat. Taffie

johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Brood en Botter
Dit maak van my en Dirk twee voorste fintergatte,so flintergat dan ons vanmiddag ons planne uitgewerk het dat hy sy kat met sy deerstaker in.50kal sal knyp en ek myne met my kentucky ook in .50kal,in die volmaan met oopvesiere.Ons sal saam jag om vir mekaar te "spot" langs die rook verby,die gewere maak n vreeslike bol wit rook
Wiljak ons verwag dat jy ook sal probeer
....maar met jou .50 flinter 
Enige man wat dit regkry sal dan outomaties by die flintergatte inval,nog kanidate is Freek en Michiel

"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
tafjak
Re: Brood en Botter
Johan
Ek is so flintergat dat jakkalse met teikens opgeplak na my toe aankom en dan nog die vermetelheid het om my drie kanse te gee en dan nader te staan vir die volgende 3kanse as die eerstes misluk.
Taffie

Dan sien ek nog 8 flintergatte as ek onder na die "users online" kennisgewing kyk. Ek vang julle lekker uit julle klomp flintergatte.
Ag ek dink ek oordryf so bietjie, ou Tomma het dit seker nie so bedoel nie.
Taffie
N.S. Spitskop moet regstaan, ek laai koele vir die ekspedisie. Sien jou oor 8 dae as als nog ok is. Soek jagplek man, hoor darem daar is nog so plekkie in Steynsburg en Jamestown.
Dan sien ek nog 8 flintergatte as ek onder na die "users online" kennisgewing kyk. Ek vang julle lekker uit julle klomp flintergatte.
Ag ek dink ek oordryf so bietjie, ou Tomma het dit seker nie so bedoel nie.
Taffie
N.S. Spitskop moet regstaan, ek laai koele vir die ekspedisie. Sien jou oor 8 dae as als nog ok is. Soek jagplek man, hoor darem daar is nog so plekkie in Steynsburg en Jamestown.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Brood en Botter
Laai jy Tomkat se koeels 
Jy en Wiljak moet eers agter die sneeuberge kom "holisties" voor julle weer uitwyk.
Het Lukie jou al betaal?
Mooi man nog agt dae
ek kan nie meer wag nie
Damara of Merino?
Jy en Wiljak moet eers agter die sneeuberge kom "holisties" voor julle weer uitwyk.
Het Lukie jou al betaal?
Mooi man nog agt dae
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
- Kruger
- Sr. Member

- Posts: 438
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:17 pm
Re: Brood en Botter
Nee manne man, julle is nou hopeloos te sensitief. Soos ek dit sien het Tomma verwys na vlentergat-naweekjagters en soos ek verder verstaan is julle of voltydse jagters of oraait naweekjagters (jammer vir die "oraait" langbroek), so hy het beslis van ander ouens gepraat.
Daai vlentergatte is die ouens wat met 'n kas bier en twee geleende CD's op 'n ander ou se bakkie klim om weer op 'n ander pel se neef se pa se plaas te gaan jakkalse slim maak tot frustrasie van die bure. Ek ken daai soort en dis verseker nie julle nie. Dis nou die verskil tussen bona-fide jagters, sport jagters en sports jagters.
Tomma, jy het mos nie bedoel alle naweek jagters is vlentergatte nie, of hoe?
Dinge het darm teen ons boere gedraai. Kan jy jou indink ons almal boer op grond met 'n markwaarde wat miljoene beloop, maar die meeste van ons is te "vlentergat" (in 'n mooi sin bedoel) om 'n nuwe bakkie kontant te kan koop. Waar is die dae (1979-1985) toe jy 50 angora ou ooie kon verkoop en 'n nuwe mercedes met die geld kon koop? Dinge sal weer draai in ons guns.

- raychell
- Sr. Member

- Posts: 414
- Joined: Thu Dec 04, 2008 7:56 pm
Re: Brood en Botter
Dirk daai foto op troefee kamer is nie mooi duidelik nie maak die kat se bene oop, ek is seker dis 'n mannetjie of dalk nog "Tomcat" siende dat hy nou DOOD stil is.

One of the greatest delusions in the world is the hope that the evils in this world are to be cured by legislation. ? Thomas Reed
-
tafjak
Re: Brood en Botter
Johan
Ek het nog nie maargoed in Annarita se potte gesien nie, so ek weet dat die vet weer teen die wange sal afloop!!. Moet net die 12de(donderdag) by die skou op Willowmore wees.

rednat
Re: Brood en Botter
Verwesenlik gisteraand 'n groot begeerte. Skiet op so 30 meter 'n jak met my 1871 Majuba martini ( Westley Richards ) 450/577 oopvisier met oorspronklike sagtedop patroon -- soos oupa grootjie dit gedoen het --- lekkerder as eerste koedoe.
Na daardie loodpil hom getref het was dit behoorlik 'n vlentergat jakkals --- nou kwalifiseer ek mos ook as vlentergat jagter.
Tommie , nee wat, ons is nie werklik so kleinserig nie --- net amper --- lyk maar net so uit ons reaksies. 'n Vlentergat is eintlik mos 'n armgat --- en die is meeste van ons vandat die jakkalse met ons besig is. Solank jy net nie ingat is nie kan jy maar weer skryf.
Na daardie loodpil hom getref het was dit behoorlik 'n vlentergat jakkals --- nou kwalifiseer ek mos ook as vlentergat jagter.
Tommie , nee wat, ons is nie werklik so kleinserig nie --- net amper --- lyk maar net so uit ons reaksies. 'n Vlentergat is eintlik mos 'n armgat --- en die is meeste van ons vandat die jakkalse met ons besig is. Solank jy net nie ingat is nie kan jy maar weer skryf.
-
johan
- Sr. Member

- Posts: 409
- Joined: Thu Dec 04, 2008 9:51 pm
Re: Brood en Botter
Rednat welkom by ons vlentergat club 
Jy moet darem nie weer n sagtedop skiet nie
.....dis ons erfgoed daai..onvervangbaar.
Kry eerder n 10 of so gedraaide doppe,en laai hulle tot 1000 keer elk en sonder n "die set",ek het n mold vir punte ook.
Jy moet darem nie weer n sagtedop skiet nie
Kry eerder n 10 of so gedraaide doppe,en laai hulle tot 1000 keer elk en sonder n "die set",ek het n mold vir punte ook.
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
Dirk
Re: Brood en Botter
Tomcat
Ek wil opkom vir jou. Ek het al die manne met die CD onder die bakkie se sitplek gesien. Elke aand as hulle vol B&C is dan word daar jakkals gejag. Hulle speakers is somme op die "Bullbar" gemonteer want hulle sit in die bakkie en drink B&C terwyl Hein se CD sy longe uit skree. Hulle neem ook sommer 'n voorman saam om agterop te sit en vir die baas te lig.
Ek se vir jou, hulle is meer as net vlentergatte, want hier by ons het hulle onmeetbare skade gedoen. Ons kry nie meer daardie jakkalse geskiet nie. En hulle, hulle boer nie eers nie. 'n Jakkals het nog nooit van sy lammers gevang nie want hy is te vlentergat om lammers te h

Dirk wat jy se is baie waar,ek hoop tog van harte Tomcat kan deur ons remoer en gespot sien en verstaan dat ons baie, maar baie goed besef waarna hy verwys as hy van flintergatte praat 
Die manne moet tog asb nie so fyngevoellig wees nie
....voorbeeld vat nou vir Oom Basjan....daars nou n "dikvel" hy het hom hom nooit vervies vir die "skelm boere" of die 25cjakkalse of vir 4jakcall nie,....hy vat dit als in sy "stride" ........mooi my Oom,jy is dit
dis die gees wat ons soek op die forum.
Of is ek verkeerd?...help my tog reg asb
Die manne moet tog asb nie so fyngevoellig wees nie
Of is ek verkeerd?...help my tog reg asb
"Craftsmanship is a combination of knowledge on how to use tools and of skill with the hands."
-
tafjak
Re: Brood en Botter
Johan
Ek dink ou Tomma is net so bietjie besig op die oomblik en sal sy aanslae moet afweer as die ou weer kans het om op die forum rond te kyk. Darie soort ouens laat hulle nie afsit deur ons ou gespartel nie.
By the way ek weet wie ou Tomma is, die skiet maar nie te waffers met darie roer van hom nie. Moet glo ook 'n keeloperasie ondergaan. Skiet glo by 'n pel van my drie vlak voor hom mis en dan wil die ou nog 'n jagfooi ook he.

As jy nou so 'n 100 plus van die sagtelywe het kan jy seker maar enetjie afstaan vir die doen soos dit gedoen was.
Is jy 'n versamelaar??
My volgende is met my PINFIRE 577 S/S kombinasie.
Rednat

baasjan
Re: Brood en Botter
Rednat
Jy gee my idees.
Lekker man mooi man.
Het jy 'n oorspronklike pinfire patroon vir jou Pinfire 577 ? Kan jou miskien help met enetjie.
Is dit 'n CAPE GUN, S/S kombinasie 577groefloopKoe?l/16B hael met hameraksie en wegswaai lewer? Miskien 'n SILIVER van om en by 1845?? Die oorgaan tussen die papier agterlaai patroongeweer en die slagdopsagtedoppatroon geweer.
Basjan
Jy gee my idees.
Lekker man mooi man.
Het jy 'n oorspronklike pinfire patroon vir jou Pinfire 577 ? Kan jou miskien help met enetjie.
Is dit 'n CAPE GUN, S/S kombinasie 577groefloopKoe?l/16B hael met hameraksie en wegswaai lewer? Miskien 'n SILIVER van om en by 1845?? Die oorgaan tussen die papier agterlaai patroongeweer en die slagdopsagtedoppatroon geweer.
Basjan
-
Freek
- Hero Member

- Posts: 1941
- Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am
Re: Brood en Botter
Welgedaan Rednat, bly om te sien jy het respek vir die ouer garde en gee hulle ook 'n kans om te blaf... Ek het 'n oorspronklike 1860 .577 Snider ("snyter") wat darrem al 'n springhaas se kniee lam gemaak het. Wil hom ook eendag gebruik om iets groter as springaas te laat les op se, gedink bosvark of jakkals of so iets.
Is hier iemand anders wat kennis dra van hoe om hierdie tiepe roer te laai? Ek probeer eksperimenteer met Swart kruid en SANADEX, maar sukkel my dood om die ou "girl" te laat group, punte "key hole" nie maar aai die groepering pla... Swartkruid wat ek al mee gespeel het is gewone FFG en Sanadex is "rifle grade". Iemand het my raad gee om te probeer met FG of andersins "pistol grade" SANADEX. Miskien is hier iemand wat al deur hierdie groei pyne is wat kan raad gee, asb laat ons hoot.
Tomma, nee man moet nou nie soos 'n skilpad wees en kop intrek nie ons is almal groot dikvellige boerseuns hier. Jy kan maar reguit met ons gesels en nie skaam wees om jou opinie te lig nie... ek het maar net opgestaan vir my naam toe jy so direk na my verwys - hulle se nie verniet die waarheid maak seer nie...
Is hier iemand anders wat kennis dra van hoe om hierdie tiepe roer te laai? Ek probeer eksperimenteer met Swart kruid en SANADEX, maar sukkel my dood om die ou "girl" te laat group, punte "key hole" nie maar aai die groepering pla... Swartkruid wat ek al mee gespeel het is gewone FFG en Sanadex is "rifle grade". Iemand het my raad gee om te probeer met FG of andersins "pistol grade" SANADEX. Miskien is hier iemand wat al deur hierdie groei pyne is wat kan raad gee, asb laat ons hoot.
Tomma, nee man moet nou nie soos 'n skilpad wees en kop intrek nie ons is almal groot dikvellige boerseuns hier. Jy kan maar reguit met ons gesels en nie skaam wees om jou opinie te lig nie... ek het maar net opgestaan vir my naam toe jy so direk na my verwys - hulle se nie verniet die waarheid maak seer nie...
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
- Tomcat
- Sr. Member

- Posts: 266
- Joined: Fri Dec 19, 2008 11:48 am
Re: Brood en Botter
Dit lyk my party manne het nie skoene aan nie! Tone is deur getrap....

Taffie, ek weet nie watter Tomma jy van praat nie en wa jy jou inligting kry nie, want hierdie een skiet nie sommer mis nie. Dis geld daai onthou....
Dankie vir al die mooi reaksie
. Trek ma die skoen aan as hy jou pas.
Tomcat
Taffie, ek weet nie watter Tomma jy van praat nie en wa jy jou inligting kry nie, want hierdie een skiet nie sommer mis nie. Dis geld daai onthou....
Dankie vir al die mooi reaksie
Tomcat
-
rednat
Re: Brood en Botter
Freek
Gesels met Japie Louw ( Tok ) Oest, Williston, NoordKaap.
Hy skiet gereeld met herlaaide patrone en sal die beste kan help.
Gesels met Japie Louw ( Tok ) Oest, Williston, NoordKaap.
Hy skiet gereeld met herlaaide patrone en sal die beste kan help.
-
rednat
Re: Brood en Botter
Basjan
Is dit 'n CAPE GUN, S/S kombinasie 577groefloopKoe?l/16B hael met hameraksie en wegswaai lewer? Miskien 'n SILIVER van om en by 1845?? Die oorgaan tussen die papier agterlaai patroongeweer en die slagdopsagtedoppatroon geweer.
Ja dit is hy. Weet net hierdie pinfire dubbellope is wereldwyd uiters skaars en patrone onverkrygbaar. Sal dus graag een oorspronklike patroon wil besit in my versameling. Sal vorentoe kontak wil maak as jy my 'n kontaknommer kan gee.