Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Almal
Sien hier op die forum is deesdae baie manne uit die Noordkaap en suide van Namibie wat moontlik kan help met die probleem. Tot so jaar gelede het ons die bome (Prosopis) baie effektief doodgemaak met Tordon wat gemeng word met diesel. Die produk het hulle van die mark gehaal (ekologies onvriendelik). Die nuwe produkte wat tot onlangs gebruik is is kunsmis vir die boompies en hergroei moet 2 of 3 keer behandel word, seker maar meer tipe werkskeppings projekte . Weet iemand van onkruiddoders of korrels om die probleem op te los? Ons wil nie graag prosopis woude skep as wegkruip plekke vir jakkalse en katte nie.
Enige tipe raad word waardeur.
Groetnis
MEERKAT

-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Hallo Meerkat.
Ons sukkel ook maar met die pestelike goed, wat ons nou gebruik is Garlon, Confront 360, en Molopo korrels. Die korrels werk beter by sand grond en bome onder 3m, dit werk glo baie goed vir swarthaak en haak-en-steek. Die Garlon en Confront meng ons met water en spuit bome met rugsak spuit, daar waar jy blare mis spuit groei hy weer. Ek sou s? dat van die behandelde bome vrek 80%. Dit bly maar n beslommernis en as jou bure stroom op niks doen nie, kom jy net nooit voor nie. Sterkte
Tjops

- Frikkie Coetzee
- Hero Member

- Posts: 2151
- Joined: Thu May 26, 2011 10:30 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Ken die gevoel. My ma het in Britstown geboer op die Ongers rivier. Die bleddie goed is n pes.
Die Amerikaners noem hom "mesquite" en reken die hout maak mooi rewolver handvatsels
Frikkie

Cradock
-
HCVWYK
- Newbie

- Posts: 36
- Joined: Mon Sep 27, 2010 10:24 am
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Was nie tevrede met Garlon se sukses syfer nie. Oorgeslaan na sterk Roundup. Dept waterwese ook so wit poeier gegee wat met water aanmaak wat ook gewerk het.
Spuit met rugsak spuit die hele boom. Tot 3m bome dood. As hulle te dik staan, ploeg met omslag skaar ploeg.

bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Ons het groot promleme met die bome en voer nou al 15 jaar n stryd met hulle.
Ons mees suksesvole metode is om n man met die diggerloader aan te sit, hy skep net die boon so 300mm onder die grond uit met die minimum ander steurings aan die grond. Nuwe boompies wat uitkom loop n man met n tang en uittrek voor hulle te groot is.

JK
- Sr. Member

- Posts: 435
- Joined: Thu Nov 24, 2011 11:01 am
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Die toetse wat ons gedoen het resopise langs paaie uit te roei was ook nie baie ook sukses vol nie. Jong boompies vrek wel met tordon en die tipe gif maar as hy bietjie groter is maak daai goed hom niks nie. Diesel allleen werk net so goed, as jy afkap en met diesel smeer voor hy homself seel, maar dit moet amper soos in onmiddelik wees.
Die tipe gif wat jy op die grond gooi werk ook nie baie effektief vir hulle nie.

Johan Kriel
Okahandja
Okahandja
- NUNAB
- Newbie

- Posts: 39
- Joined: Wed May 09, 2012 1:55 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
middag manne.
Die hout van die boom maak fantastiese meubels en lekker braaihout, miskien kan jy n inkomste nog maak uit die onkruit.
My swaer verkoop net dit as braaihout by sy slaghuis in windhoek. sterkte.

Die lewe is n lied!
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Baie dankie
Ons probeer als om die bome minder te maak en baie leersaam wat julle voorstel.Gaan verseker Roundup sterker meng en paar toetse doen. Koedoes het nou ook geleer om die peule te vreet en die erge verspreiding vind so plaas. Interesant genoeg in die jare 50's het departement landbou die bome aanbeveel as goeie veevoer, sade is ingebring vanaf Texas en boere kon bestel. Sade is per trein trok gelewer by jou naaste stasie en daar begin die probleme.Baie dae wonder mens hoeveel goed wat vandag gepropageer word gaan oor klompie jare nogsteeds so wonderlik wees.Luister graag na nog planne.

johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
ek soek paar van daai boompies meerkat,sal enige ding plant vir n bietjie skaduwee hier.waar bly jy?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Johans moet hom in in n area vat waar hy nie is, dit sal n groot flater wees. Die ding is n verpesting wat amper onmoontlik is om uit te roei as hy eers in n area in is. Hier het ons al dele aan hom afgestaan en hy het die rivier oewer al onherroeplik verander.
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Johans
Ons boer in Beaufort wes distr. Die bome vervuil 'n area redelik gou en soos die manne se jy roei hulle baie moeilik uit. Alvorens ek van die boompies vir jou sal stuur sal ek voorstel dat jy moontlik oorweeg om wilde olienhout boompies te plant vir skaduwee, baie gehard, immergroen relatief min water nodig, bome mors minimaal blare . Boompies in sakke +- 2-2.5m hoog, ideaal vir skaduwee by veesuiping en as koelte boom rondom woning. Kan foto's van sak bome en 5 en 45 jaar oue bome opsit indien daar belangstelling is.

- toy
- Jr. Member

- Posts: 82
- Joined: Sat Apr 14, 2012 4:19 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Ek sal ook nie aanbeveel om die boompies te plant nie. Ons het ook n permante oorlog gevoer hier teen die bergrivier met doringbome. As jou diere daai peule vreet het jy moeilikheid. Elke skaap raak n boom of twee. En as hy knie hoogte is trek jy hom nie uit nie.
Daai ding sit soos .... Ons het maar digger gebruik om hul uit te grou. En bospikke vir die kleintjies uitkap. Teen die rivier se walle waar die grond sag is loop die bome se wortels oor die 6m lank na die kante toe.
Maar ek kan een ding se en dis dat die peule n skaap so vet maak laat jy hom nie kan braai nie.
Groete

Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Ek sal ook nie die boompies aanmoedig om nog streke oor te vat nie.....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
kerels ek hoor wat julle se,maar hierdie boys van my roei enige ding uit.ek soek n tipe doringboom wat maklik groei en versprei
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
bex
- Full Member

- Posts: 184
- Joined: Tue Jun 26, 2012 12:27 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Die ding is n ekologiese ramp waar hy ookal inkom.
-
johans
- Hero Member

- Posts: 1446
- Joined: Fri Mar 30, 2012 6:52 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
kan iemand n foto van hom opsit?
.22 mauser,223,22-250,12 boor,12boor pomp,cz9mm,glock19,.22magnum
-
Vlakvark
- Hero Member

- Posts: 2325
- Joined: Sun Oct 18, 2009 6:30 am
- tripodmvr
- Administrator

- Posts: 21608
- Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Julle manne moet nie van Goegel vergeet nie. Het gaan loer vir mesquite en daar is sommer baie fotos ens.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
-
Lamtjop
- Hero Member

- Posts: 828
- Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Johans
Dis n blik wurms wat jy nie wil oopmaak nie, jou bure gaan jou ook nooit vergewe nie. Soek maar bietjie rond vir n alternatief. Dis so goed jy bring n paar rooijakkalse na n gebied waar hul nog nie is nie - jy sal nooit weer sonder hulle wees nie!!!

Johan04
- Sr. Member

- Posts: 364
- Joined: Fri Dec 19, 2008 12:12 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Ek het ook n hele peer honderd hektaar wat besmet is met die bome.Ek probeer hulle op die stadium net naby my waters beheer. Wat goed werk vir groter bome,bome wat se stam al skurf is,is om skoon parafien al in die ronte teen die stam te gooi,30cm van die grond af en maak seker die parafien loop af tot in die grond. Binne 7 to 14 dae sal jy sien die boom begin geel raak.Jong boompies met n glade stam vrek moeiliker.
Ek sien hulle gaan nou weer goggas invoer om die peule te vreet,maar dit is ook nie suksesvol nie.Kraai van Niekerk het dit al gedoen en die gogga vreet net n peer pitte in die peul ,die res los hulle vir nog kos in die toekoms.Die goed kan blykbaar tel.
Groete
Johan
Ek sien hulle gaan nou weer goggas invoer om die peule te vreet,maar dit is ook nie suksesvol nie.Kraai van Niekerk het dit al gedoen en die gogga vreet net n peer pitte in die peul ,die res los hulle vir nog kos in die toekoms.Die goed kan blykbaar tel.
Groete
Johan
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Ons gaan volgende week begin, met kom ons se proewe om te kyk tussen al die rate, wat moontlik die beste kan werk om die goete te beheer. Baie dankie vir al die inligting en sal julle op hoogte hou.
Groetnis
MEERKAT
Groetnis
MEERKAT
- afriventure
- Full Member

- Posts: 153
- Joined: Thu Jul 08, 2010 3:41 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
In die maand se Veeplaas bespreek hullle reeds die boom.
Giwwe wat hulle aangee:
Triklopir
Glifosaat (Touchdown Forte Hi-Tech en Touch down plus)
Tebuthiuron (Molopo 500 SC en Molopo 800 WG)
Klopiralied/triklopir (Confront 360 SL)

Kap hom Kwagga!!
.22lr, 22-250, 243 win., 270 win, 30-06 x3, 300 win mag, 338 win, 375 H&H,
458 win, 458 Lott, 12 Br Haelgew x 3, 410 Dubbel, 9 mm, .38 sp

Smirre
- Hero Member

- Posts: 985
- Joined: Fri Oct 09, 2009 9:41 am
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
More
Dept landou gee gif gratis vir boere om die prosopis en Satansbos te bestry ( en nog vele meer)
Ek het gister 30l tomahawk, 120l booster 120l benatter en 12l kleursel gratis gekry vir bestryding van satansbos.
Jy moet net 'n register hou en hulle mag kom kyk of ju wel die gif aanwend.
Kontak maar jou naaste dept....
Smirre
Dept landou gee gif gratis vir boere om die prosopis en Satansbos te bestry ( en nog vele meer)
Ek het gister 30l tomahawk, 120l booster 120l benatter en 12l kleursel gratis gekry vir bestryding van satansbos.
Jy moet net 'n register hou en hulle mag kom kyk of ju wel die gif aanwend.
Kontak maar jou naaste dept....
Smirre
-
Stefan764
- Hero Member

- Posts: 3616
- Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Wat baie mooi werk is diesel, maar met so plaag bome gaan dit fisies onmoontlik wees om by almal uit te kom en dit gaan vrek duur wees.
Petrol ketting saag (hoe kleiner hoe gemakliker en goedkoper) en diesel. Sny met die kettingsaag n 45grade gat na onder in die stam en stoot hom vol diesel. Boom like nie van diesel binnekant by die stam nie....
Petrol ketting saag (hoe kleiner hoe gemakliker en goedkoper) en diesel. Sny met die kettingsaag n 45grade gat na onder in die stam en stoot hom vol diesel. Boom like nie van diesel binnekant by die stam nie....
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
- MEERKAT
- Hero Member

- Posts: 737
- Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm
Re: Prosopis doringbome (suidwes doringboom)
Smirre
Ons is heentemal bewus van die gif wat die departement gratis gee vir die bome , die probleem is die bome vrek nie. Die departement het self ook 'n deel hier by my kom afsaag en behandel(+- 200 hektaar , kontrakteur se kwotasie vir werk +- R80 000) en die hergroei is 70%, waar voorheen 'n enkel stam boom gestaan het is nou 'n boom met 20+ stamme.Indien die regte gif gebruik was, was die probleem opgelos. Dit is waar ons soeke vandaan kom vir 'n gif wat die goete sal doodmaak.