Kwikbuis / Recoil Reducer

Post Reply
User avatar
Thomas
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Thu Aug 02, 2012 11:36 am

Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Thomas »

Wie iemand dalk akkuraat watter persentasie van 'n geweer se recoil verwyder word deur 'n kwikbuis?  Verskil dit van kaliber tot kaliber?
Tikka T3 Hunter 270 & 300 WM
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Chevvy SS »

Ek het gelees van ongeveer 20-25%.

Sit 'n knaldemper by, en jy moet inbetaal om hom te laat skop!  :laugh:
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Wouter Roets »

Thomas

Ek het kwikstawe in al my gewere van 7mm Rem Mag en op. Ek gebruik dit tesame met Pachmayer se Decelerator pads en as ek nou moet n syfer gee dan wissel dit seker van 35% af na 20% toe. Onthou dit is alby saam en as ek in ag neem wat beide produkte beweer dan moes ek amper by die 50% gedaal het wat bitter ver van die waarheid af sal wees.

Met die kleiner kalibers wat geskoei is op ligte gewere is die werking die beste, want beide die adisionele gewig sowel as die vertragings eienskap van die stelsel kom na vore. Op kalibers wat oordentlik skop en klaar op swaar stelsels gebou is is die eindresultaat kleiner. Ek vir een doen alles in my vermoe om gewere te kry om minder te skop. Dit is nou maar net eens dat jy beter skiet met n geweer wat minder skop.

Ek beveel sterk aan dat die kwikbuis tesame met n recoil pad soos Pachmayer se Decelarator gebruik word. Ek het wel silencers op meeste van my gewere tot en met die 338 WinMag maar in baie gevalle is dit meer vir ladingontwikkeling as jag. So die kwikstaaf en die pad moet hulle kante bring.

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
Thomas
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 92
Joined: Thu Aug 02, 2012 11:36 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Thomas »

Dankie vir julle terugvoer almal. Wouter, waar kan ek daai decelerator pads kry? Ek bly in Malmesbury so ?rens in die Kaap, anders kan mens dit seker deur die pos laat kom indien mens dit net in die noorde kry. Sal die goed bestel kan word spesifiek vir die Tikka Hunter of sal 'n geweersmid hom moet skuur?
Tikka T3 Hunter 270 & 300 WM
User avatar
Jacquesb
Hero Member
Hero Member
Posts: 1241
Joined: Sat Mar 17, 2012 11:24 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Jacquesb »

Wouter,
Ek het nog nooit 'n geweer hanteer met 'n kwikbuis in nie.
Iemand het my vertel dat hy gehoor kan word as jy bekruip, is dit waar, en wat is die gemiddelde prys op so installasie?
Groete
Jacques
30-06 Spr K98 Mauser, 6.5x57 M1904 Mauser, Krupp Essen .22 Hornet, 9mmP Heckler & Koch USP Compact, .177 Hatsan Torpedo 1250 f/s, .177 Gamo Whisper 1000 f/s.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by grumpy »

Ek het lank met my geweer smid dieselfde gesprek gehad. Ek het n Pachmyr geskenk gekry van die VSA en ek het dit op my 30-06 laat sit. Hy se die Bisley pad doen presies dieselfde as nie beter nie en is baie goedkoper.

>:(
User avatar
tripodmvr
Administrator
Administrator
Posts: 21608
Joined: Fri Mar 11, 2011 8:31 pm

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by tripodmvr »

grumpy wrote: Ek het lank met my geweer smid dieselfde gesprek gehad. Ek het n Pachmyr geskenk gekry van die VSA en ek het dit op my 30-06 laat sit. Hy se die Bisley pad doen presies dieselfde as nie beter nie en is baie goedkoper.

>:(
Pachmayer maak 'n hele reeks. The decelerator is van die beter en duurder tipes en is baie beter as die gewone goedkoop skokkussings - pryse is so by R400 se kant en die kussing moet op jou geweer gepas word. Dit moet dus groter gekoop word en afgewerk word na jou kolfvorm. Daar is instruksies in die pakkie en let daarop dat die' tipe rubber met 'n nat proses afgewerk word. Dit is baie sag. Het sulke kussings op beide my 375 en haelgeweer (hierdie kussing is spesiaal vir haelgewere) en dit help baie met die terugskop.
.22 Krico, Howa 223 Varminter, 243 AI Musgrave RSA, Ruger RPR 243, P14 - 7 x 64, BSA 303 Sporter, 375 H&H Musgrave, 30-06 Ruger No. 1A, Khan O/U 12br, Norinco O/U 12br
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Wouter Roets »

Hallo Manne

Eerstens word n kwikstaaf teen n sekere grade in n kolf vasgesit met epoxy, hierdie is baie belangrik en moet reg gedoen word. Jy kan hom glad nie hoor of voel nie. Hulle is by die meeste geweersmede en selfs by groter geweerwinkels beskikbaar. Ek is nie seker oor die prys nie.

Pachmayer Decelerator pads kom wel klaar gesny vir spesifieke modelle so gaan kyk gerus op hulle webtuiste of daar een is vir jou geweer. Indien nie het Driepoot mooi verduidelik hoe te werk gegaan moet word. Ek waarsku net voornemende geweersmede om dit liewer maar deur iemand te doen wat dit al van te vore gedoen het! ;D Jy gaan nog een moet koop indien jy dit self wil probeer!

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Sun Jan 13, 2013 1:30 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by grumpy »

Of dalk n nuwe kolf as jy droog maak!! >:(
User avatar
Jassie
Hero Member
Hero Member
Posts: 549
Joined: Wed May 11, 2011 4:17 pm

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Jassie »

Wouter

Hoe werk die kwikbuis werklik om die terugskop te verminder. Ek verstaan nie die fisika van dit nie en dit maak ook nie vir my sin nie. (Foefie?)

Dit maak die geweer swaarder en daarom die vermindering van die eerste en baie geringe beweging van die geweer terwyl die koe?l nog in die loop is. Dit verstaan ek en dat dit in dieselde mate bydra tot die vermindering van die werlike groot terugskop as die gas die geweer se loop verlaat (i.e. die hele stelsel na agter forseer in reaksie op die ontvlugting van die gas na voor) verstaan ek ook.

Dus maak die massa van die buis + kwik beslis sin, die beweging slaan my egter dronk. Sal 'n Loodstaaf van dieselfde massa nie ook dieselfde job doen nie? Hoekom sou die beweging en soos jy s? veral die hoek daarvan, enigsins 'n verskil bo en behalwe die bydrae van die massa kon maak? (Weet nie of ek myself nou reg uitdruk nie?)

Miskien is my kop net te plat?........ maar sal nog steeds graag wil weet?

Groete
JAS
"Pas jou jakkalse mooi op om hulle later makliker van kant te kan maak" T. Mulder
JohanP
Full Member
Full Member
Posts: 121
Joined: Mon Jul 30, 2012 8:52 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by JohanP »

Ek het ? interressante gesprek met my plaaslikkegeweersmid gehad oor die kwik stawe.
Hy beweer dat daar twee tipes is, "gewoon", en Spring loaded

Die gewone staaf is vir gebruik met hael gewere, waar jy meestal in die lug gaan skiet.
Die kwik l? agter in diue staaf, nader aan jou skouer.
Met die terugskop, het die kwik innertia wat oorkom moet word, en van die terugskop energie absorbeer, en later weer vrystel. Energie kan nie vernietig word nie.
As die kwikstawe in gewone jag gewere gebruik word, waar mens gewoonlik reguit of dalk teen ? af hoek sou skiet, l? die kwik voor in die staaf (nader aan die loop) met die terugskop, word die kwik versnel na agter toe en dra by tot die terugskop, want daar is nou ekstra massa wat momentum het.

Die Spring gelaaide stawe, is ontwerp om die kwik altyd agter te hou (nader aan die skouer) wat die effek van die kwikstaaf uitlig.
Dit maak vir my sin, alhoewel ek nog nooit die efek van enige tiepe kwikstaaf gevoel het nie.

Ek glo ook aan " No Pain...No Pain"
Ek kyk tans daarna om ? knaldemper op my .375 Ruger te sit, sowel as kwikstaaf en pachmyer delerator.
As my .375 kan terugskop soos my .22 sal ek baie gelukkig wees  ;D
.22 Hornet
.308 Musgrave
.375 Ruger
User avatar
BLOK
Hero Member
Hero Member
Posts: 5982
Joined: Fri Oct 02, 2009 1:26 pm

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by BLOK »

Johan

Ek haal aan uit Wouter se stuk. Die buis word nie heeltemal horisontaal in die kolf gesit nie maar teen n afdraand hoek na agter in die kolf. Dit het die gevolg dat die kwik agter in die buis le en steeds werk in gewere.
Wouter Roets wrote: Hallo Manne

Eerstens word n kwikstaaf teen n sekere grade in n kolf vasgesit met epoxy, hierdie is baie belangrik en moet reg gedoen word. Jy kan hom glad nie hoor of voel nie.
Wouter
"n Jakkals verloor nie slaap nie, oor die opienie van n skaap nie"

204Ruger - Ticking off the Big 5, one at a time
"SPEED KILLS"
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by grumpy »

Om n kwikstaaf te laat doen kos ongeveer R 1000.
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Piet Breedt »

Die heel beste recoil reducer is, verkoop die demm skouer af skoppers, koop n klein kaliber en leer hom goed skiet en jy skiet alles wat die flinchers jou toelaat om te skiet....he...he...he
Danie Lombard .243

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Danie Lombard .243 »

Yolandi vrou se 9,3 het 'n spring loaded buis in die kolf, die 9,3 skop vir my nog net so lekker soos voorheen. Ek kan nie die verskil voel nie.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by grumpy »

Wouter, vertel bietjie meer van die kwikstaaf asb

Wat is die voor en nadele van die kwikstaaf? Sal die geweer nie swaar wees om te dra vir stap jag? Sal die kolf nie op n later stadium skade wys nie? Kom dit in verskillende gewigte voor of per kaliber?

Dankie
bokbal
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 55
Joined: Sun Dec 02, 2012 7:21 pm

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by bokbal »

Ek het n kwik buis in my .338WM laat instaleer wat n plesier om nou met die wapen te skirt met 250 grein amo is dieterug skop dieselfde as my .270 Voorheen het hy die enamel van van jou tande af geskop Laat doen dit by die regte ouens. Wat die gewig betref daar gaan omtrent 50ml kwik in en jy hoor niks al skud jy die wapen. Die instalasie het R800 gekos. Jagter Groete. Louw
.22 Brno
.22Hornet Brno
.223 Tikka
.270 Masgrave
.338 Winchester
12Br Baikal
9mm Vector SP1
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by grumpy »

Dankie vir die terugvoer.

Ek wardeer dit.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Wouter Roets »

Johan

Daar is nie verskillend grootes sover ek weet nie. Dit lyk baie soos die metaal houertjies waarin sigare kom. Soos Louw gese het is dit nie verskriklik swaar nie. Meskien sal iemand van jou postuur dit wel te veel vind. ;D Ek weet van gewere wat selfs vier in het maar sukkel om te verstaan hoe hulle dit reg gekry het.

Daar is nie veel nadele aan n kwikstaaf nie en kan nie sien hoe dit enigsins n visieule effek op jou kolf sal he nie. Dit word immers binne die kolf ingesit.

Vir die mense wat se dit werk nie, ja Old Man Emu skokbrekers werk ook nie as jy dit op die dak monteer nie!

Groetnis
Wouter
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
grumpy
Hero Member
Hero Member
Posts: 2772
Joined: Wed Sep 14, 2011 10:43 am

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by grumpy »

Wouter ek weet jy het kwikbuise in jou gewere daarom vra ek jou. Jy sal beter weet as ander want jy skiet gereeld met jou gewere en jy sal my eerlike opinie gee ook.

Bokbal het ook in sy geweer en het positiewe terugvoer gegee.

Ek wil dit doen op die 375 wat ek gekoop het wat ek oor gaan sit op n Boyds thumbstock kolf met n decelerator pad en n reflex KD. Dit behoort redelik van die terugskop weg te vat.

Grumpy
>:(
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Kwikbuis / Recoil Reducer

Post by Christo »

Ek hou ook dop met belangstelling.

Waar koop ek een van die rak af?





Grumpy,

Ek HOOR dat thumbkolwe nie aan te beveel is op groter gewere nie, jy kan jou duim nogals breek, so verstaan ek.
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply