N waterpas kruishaar!

Post Reply
IceRoss
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Tue Aug 14, 2012 2:07 pm

N waterpas kruishaar!

Post by IceRoss »

Nouja ek het ook darm al n paar teleskope op gesit en afgehaal en weer opgesit en moet bieg met my metode wat ek eerder geheim sal wil hou todat ek hoor hoe die ervare manne dit doen!  ;D ;D (onwillekeurig dink ek aan Koos Barnard wat gereeld teleskope op sy gewere pas wat hy uit toets)

Hoe doen julle manne dit of voel julle ook maar oor jul metodes soos ek? ;D

Miskien kan Koos ons vertel hoe hy dit doen!!!
Chaka
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Mon Oct 29, 2012 10:30 am

Re: N waterpas kruishaar!

Post by Chaka »

Nadat geweer mooi vas staan en die reguit le, gebruik ek nou weer 'n 'plumb line' so ek lyn die vertikale kruis haar met die lyn.
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: N waterpas kruishaar!

Post by LUAN »

As jy n waterpas het wat op die scope vassit hoe weet jy dat hy in die eerste plek waterpas is met jou boor as jy verstaan wat ek bedoel? Hierdie verduideliking lyk na die beste manier om dit te toets:
http://www.longrangehunting.com/article ... larity.php
IceRoss
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 59
Joined: Tue Aug 14, 2012 2:07 pm

Re: N waterpas kruishaar!

Post by IceRoss »

Chaka wrote: Nadat geweer mooi vas staan en die reguit le, gebruik ek nou weer 'n 'plumb line' so ek lyn die vertikale kruis haar met die lyn.
Hi Chaka, welkom, ek sien nou eers jy is net so "vars" soos ek!  ;D

Mmmmm die metodes wat ek tot dusver sien strook omtrent met wat ek doen maar ek is seker daar is ander ervare manne wat dalk makliker metodes het!
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: N waterpas kruishaar!

Post by LUAN »

Maar hoe weet jy of jou aksie waterpas le binne in die kolf????
User avatar
LUAN
Hero Member
Hero Member
Posts: 3127
Joined: Wed Dec 07, 2011 10:57 am

Re: N waterpas kruishaar!

Post by LUAN »

Maar dis tog baie mootlik Ludwig nie waar nie? al is dit net n klein bietjie. Waar kan mens een van hierdie ACD koop wat jy van praat en wat is gemalikste op die base(maar jou base kan ook nie heeltemal parralel vas wees op aksie) of op die ringe?(die ringe kan mos weer nie parralel wees met base of hoe?) Jy sien daar is soveel klein goedjies om jou kop op te breek ???
User avatar
Chevvy SS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3140
Joined: Thu Mar 01, 2012 11:55 am

Re: N waterpas kruishaar!

Post by Chevvy SS »

Wat is ACD?
Chaka
Newbie
Newbie
Posts: 26
Joined: Mon Oct 29, 2012 10:30 am

Re: N waterpas kruishaar!

Post by Chaka »

Dankie IceRoss

Ek sit level op die scope basis, maar dan ook enige ander plek wat beskikbaar is (afhangende van geweer) en veronderstel is om level te wees om bevestiging te kry.
Met my windbukse het meeste 'n geintegreerde rail, so ek het daar ook level gesit.
User avatar
FrancoisN
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 275
Joined: Wed Feb 02, 2011 6:51 am

Re: N waterpas kruishaar!

Post by FrancoisN »

Ek maak so. Klamp my geweer in n bankskroef vas met leer weerskante om nie die hout seer te maak nie. Haal die teleskoop af en sit n waterpas op die ringe wat dan nou net die onderste helfte is neer. Dan draai ek die geweer presies waterpas in die skroef sadat die ringe waterpas is. Ek vat dan n swaar voorwerp sommer n bobbejaan spanner en hang hom teen my stoor se dak op. Hy hang mos nou waterpas af na ondertoe. Dan kyk die geweer na die tou toe en ek sit die teleskoop weer terug en draai net die teleskoop so dat die vertikale kruishaar presies parallel of presies bo-op die tou is en maak die teleskoop se boonste helftes weer vas. 
Boer maak n plan.
“The only time to eat diet food is while you're waiting for the steak to cook.”
smitjs
Hero Member
Hero Member
Posts: 672
Joined: Sat Jun 02, 2012 8:24 am

Re: N waterpas kruishaar!

Post by smitjs »

Net om bietjie meer inligting te gee.
Vir 'n geweer wat 8" hoog mik op 200 tree, volgens Prof. Pejsa en 'n 5 grade draai, sal die geweer 0.7" horisontaal af wees en 0.03" vertikaal. Vyf grade is erg, baie opmerklik, en die afwyking is min. Vir die veld is regtig die moeite werd om daaroor bekommerd te wees?
Groete
Johan Smit
Post Reply